Skip to main content
Adri Visser Podcasts

Adri Visser Podcasts

By Adri Visser

Interviews and fun podcasts made by Adri Visser
Currently playing episode

Onderhoud met Delmarie: Vrystelling van haar nuwe liedjie 'Sprei Jou Vlerke'. 26 Feb 2024.

Adri Visser PodcastsFeb 27, 2024

00:00
28:28
Onderhoud met Delmarie: Vrystelling van haar nuwe liedjie 'Sprei Jou Vlerke'. 26 Feb 2024.
Feb 27, 202428:28
Onderhoud met Steve Hofmeyr: Liedjie vrystelling van Romy. 22 Feb '24.

Onderhoud met Steve Hofmeyr: Liedjie vrystelling van Romy. 22 Feb '24.

Vandag het ek (Adri Ilaine Visser) die voorreg om met Steve Hofmeyr op my Afternoon Drive te gesels Steve het laas week vrydag sy pragtige liedjie en musiek video van 'Romy' vrygestel, wat hy vir sy dogtertjie geskryf het Hierdie onderhoud is vir my 'n besonderse geleentheid wat ek vir seker sal koesterLuister na hierdie telefoniese onderhoud 5pm net hier op Vaal Stereo by www.vaalstereo.co.za of https://s2.radio.co/sb76bb91e2/listen
Bemarking deur: The Marketing Zoo
#adrivisser #vaalstereo #AfternoonDrive #stevehofmeyr #romy #absolutevoorreg 

www. adrivisser.co.za

Feb 22, 202426:02
Marietjie du Plessis: My Hart se Kompas - Drome van My Hart Album

Marietjie du Plessis: My Hart se Kompas - Drome van My Hart Album

Die liedjie 'My Hart se Kompas'.

Sep 27, 202303:31
Onderhoud met Rene: Die vrystelling van 'Vrede in die Chaos' Album. 14 September 2023.

Onderhoud met Rene: Die vrystelling van 'Vrede in die Chaos' Album. 14 September 2023.

Dit was vir my 'n absolute voorreg gewees om in die ateljee met Rene te gesels oor haar liedjie 'Afrika Vrou' en ook haar nuwe Album 'Vrede in die Chaos'. Hierdie nuwe album het sy bie die Pierneef Teater, Pretoria vrygestel en het ek die geleentheid self kon bywoon. Dit was regtig fantasties gewees!!!! Wat 'n besonderse dame met so baie passie en talent.

Dankie Lydia Winchesters, vir die besonderse geleentheid*

Sep 18, 202334:45
Interview with Nadine Watkins: Lord's Market at Lord's Signature Hotel on the 2nd of September. 29 Aug 2023.

Interview with Nadine Watkins: Lord's Market at Lord's Signature Hotel on the 2nd of September. 29 Aug 2023.

I had a great Interview with Nadine Watkins!!! Nadine told us all about the Lord's Market taking place at Lord's Signature Hotel- a day filled with local delights and entertainment! I think this will be a Market to remember!!!! See You There!!!

Lord's Market: Date: 2nd September Time: 08:00 - 15:00 Venue: Lord's Signature Hotel.

Stall bookings -083 590 1760/ 016 100 5298.

Get ready to groove to the tunes of Gerda Stander on saxophone, and enjoy live performances by Sean Miles and Victor Bravo. Explore an array of diverse stalls featuring unique products and flavors. From artisan crafts to delicious treats, there's something for everyone. Plus, this market is part of Lord's Signature Hotel's exciting rebranding journey! Stand a chance to win your share of incredible prizes worth nearly R30,000. Don't miss out on this wonderful day celebrating community, music, and delectable finds. See you there! #LordsSignatureHotel #LordsMarket #LocalDelights #LiveMusic #WinBig #vaalstereo #AfternoonDrive #interview

Aug 29, 202310:26
Onderhoud met Rick Blaze. Album Vrystelling 'Country Heart'. 11 Aug 2023.

Onderhoud met Rick Blaze. Album Vrystelling 'Country Heart'. 11 Aug 2023.

Op vamiddag se Afternoon Drive (3-6pm) het ek uiteindelik 'n onderhoud met Rick Blaze!!! Rick se liedjie 'Dis net jy' was baie goed ontvang op ons stasie en het 'n geruime tydjie op ons Top 10 gekom en het ook die #1 posisie behaal!!! Ons sien al lank uit na hierdie telefoniese onderhoud -kom luister saam so 5pm net hier op Vaal Stereo by www.vaalstereo.co.za of https://s2.radio.co/sb76bb91e2/listen #AfternoonDrive #vaalstereo #adrivisser #rickblaze #afrikaansemusiek

Aug 11, 202320:46
Onderhoud met Hartklop. Vrystelling van Hul Liedjie 'Probeer'. 21 Julie 2023.

Onderhoud met Hartklop. Vrystelling van Hul Liedjie 'Probeer'. 21 Julie 2023.

Ek het so lekker gesels en gelag saam met Cornel Viljoen en Zanneli Casey oor hul liedjie 'Probeer'!!

Hierdie besonderse lied delf in die lewe van drie vriende en die moeilike tye wat hulle al moes oorkom.

 “Ons wil graag hê dat luisteraars hulle eie stories moet koppel aan die liedjie, ongeag van waar hulle hulself in die lewe bevind,” verduidelik hulle.

Die duo gaan nog vêr kom in die musiek bedryf!!!

Jul 21, 202321:23
Onderhoud met Twisted: Liedjie Vrystelling van 'Klaar'. 14 Julie 2023.

Onderhoud met Twisted: Liedjie Vrystelling van 'Klaar'. 14 Julie 2023.

Twisted het 9 Junie 2023 hul heel eerste oorspronklike liedjie 'Klaar' vrygestel en ek het dit so geniet om met Kyle Raziel en Jaco Dennis te gesels oor die liedjie!!! Ek sien uit na nog liedjies van hulle wat oppad is*

Jul 14, 202315:23
Onderhoud met Ryno Velvet: Vrystelling van Sy liedjie 'Volkswagen Bussie'. 10 Julie 2023.

Onderhoud met Ryno Velvet: Vrystelling van Sy liedjie 'Volkswagen Bussie'. 10 Julie 2023.

Ek het soos voorheen dit vreeslik baie geniet om met Ryno te gesels oor die dieper betekenis van sy liedjie Volkswagen Bussie. Ek sien uit na nog liedjies wat oppad is hierdie jaar.

Jul 10, 202318:26
Onderhoud met Tanya Jacobs (Golden Eagle). Debuut enkel snit vrystelling: Hy is daar. 16 Junie 2023.

Onderhoud met Tanya Jacobs (Golden Eagle). Debuut enkel snit vrystelling: Hy is daar. 16 Junie 2023.

Dit is 'n absolute voorreg om bietjie met Tanya te gesels oor haar pragtige liedie Hy is daar. Tanya gaan nog vêr kom in die musiek bedryf*

Jun 16, 202315:20
Onderhoud met Neil De Beer: Stigter van UIM (UNITED INDEPENDENT MOVEMENT). 29 Mei 2023.

Onderhoud met Neil De Beer: Stigter van UIM (UNITED INDEPENDENT MOVEMENT). 29 Mei 2023.

Vandag het ons 'n belangrike gesprek gehad met Neil oor sy party en dit waarvoor hulle staan... Ons kan 'n verskil in ons land maak as Ons saam staan!!!! As jy meer vra het vir Neil, kan jy hom e-pos by neil@uimsa.org

www.adrivisser.co.za

May 29, 202320:53
Onderhoud met Tiaan Massyn: Die Son Kom Op Liedjie vrystelling. 23 Mei 2023.

Onderhoud met Tiaan Massyn: Die Son Kom Op Liedjie vrystelling. 23 Mei 2023.

Ek het die geleentheid gehad om Tiaan te ontmoet, ons het lekker gekuier en gesels oor sy pragtige debuut enkel snit 'Die Son Kom Op'!!! Die liedjie is besonders mooi en weet ek die is net die begin van 'n groot avontuur!!! :)

May 23, 202319:20
Onderhoud met Henna Green: I need more of you liedjie. 22 Mei 2023.

Onderhoud met Henna Green: I need more of you liedjie. 22 Mei 2023.

Ek het Henna op 'n TikTok Live gesien sing en net daar het ek hom gevra vir 'n radio onderhoud op my program. Ek hou vreeslik baie van sy liedjie Ineed more of you en sien ek uit na sy volle album waaraan hy tans werk. Dit was 'n absolute voorreg!!

May 22, 202327:40
Onderhoud met Andrew Melville: Vrystelling van sy liedjie - Mostertshoek. 11 November 2022.

Onderhoud met Andrew Melville: Vrystelling van sy liedjie - Mostertshoek. 11 November 2022.

Ek het 'n baie goeie onderhoud gehad met Andrew wat ons bietjie vertel het van homself en sy unieke liedjie Mostertshoek, wat hy onlangs vrygestel het.

Nov 12, 202230:45
Onderhoud met Anton Goosen: Sy nuwe Vellie Skoen reeks. 7 November 2022.

Onderhoud met Anton Goosen: Sy nuwe Vellie Skoen reeks. 7 November 2022.

Ek het die voorreg gehad om met Anton Goosen Liedjieboer te gesels op my Afternoon Drive Anton het ons vertel van sy lewe as kunstenaar en Sy nuwe Vellie Skoen reeks saam met Vellie Boutique!!!!

Nov 08, 202236:02
Onderhoud met Mario Lategan: Nuwe liedjie vrystelling. Vir Ewig en Altyd. 31 Oktober 2022.

Onderhoud met Mario Lategan: Nuwe liedjie vrystelling. Vir Ewig en Altyd. 31 Oktober 2022.

Om saam met iemand oud en grys te word is nie vir almal beskore nie. As jy dus gelukkig genoeg is om die een te ontmoet saam met wie jy die wintermaande van jou lewe kan binnegaan, moet dit met ’n liedjie gevier word.

Ek het hierdie onderhoud met Mario so baie geniet*

Nov 01, 202235:23
Onderhoud met Dwayne Griffin: Enkelsnit vrystellin- Het jy geweet. 1 Julie 2022.

Onderhoud met Dwayne Griffin: Enkelsnit vrystellin- Het jy geweet. 1 Julie 2022.

Met die suksesvolle vrystelling van sy debuut-enkelsnit, Soos Die Seisoene, het Dwayne Griffin reeds diep in Afrikaanse musiekharte kom kruip.

Nóú is hierdie twintigjarige jong man van Krugersdorp gereed om gehore nog verder te beïndruk met die tweede enkelsnit uit sy eie pen, Het Jy Geweet. Ek het hierdie onderhoud regtig baie geniet*

Jul 01, 202219:22
Onderhoud met Ryno Velvet: Enkelsnit Vrystelling saam met Jan Blohm - Tussen die Lyne. 27 Junie 2022.

Onderhoud met Ryno Velvet: Enkelsnit Vrystelling saam met Jan Blohm - Tussen die Lyne. 27 Junie 2022.

Hierdie was 'n besonderse onderhoud met Ryno gewees.

Wanneer twee uiters begaafde musikante en liedjieskrywers kragte saamspan om ’n nuwe liedjie én musiekprojek van stapel te stuur, kan jy maar weet dat die eindresultaat ’n reusesukses gaan wees... en nog soveel te meer as dit Jan Blohm en Ryno Velvet is!

TUSSEN DIE LYNE, ’n eerste vir Velvetblohm en deel van hulle opkomende album, is ’n besonderse snit wat jou aandag hou totdat die laaste noot wegsterf.

Jun 27, 202235:25
Onderhoud met Jacques & Liezel. Vrystelling van hul enkelsnit -Move On. 24 Junie 2022.

Onderhoud met Jacques & Liezel. Vrystelling van hul enkelsnit -Move On. 24 Junie 2022.

Ek het te lekker saam met die paartjie gekuier in my studio, gesoute mensies met mooi harte. Hierdie liedjie Move On is net so mooi soos hul vorige liedjie Vashou.

Jun 24, 202227:59
Onderhoud met Danie vd Westhuizen: Enkelsnit Vrystelling -Wees Lief, Wees Vry, Wees Jy. 20 Junie 2022.

Onderhoud met Danie vd Westhuizen: Enkelsnit Vrystelling -Wees Lief, Wees Vry, Wees Jy. 20 Junie 2022.

Wees Lief, Wees Vry, Wees Jy is ’n Afrikaanse pop-liedjie uit Danie van der Westhuizen se eie pen en is ook een van die enkelsnitte vanaf sy nuwe album, ONS.

Jun 20, 202229:26
Onderhoud met Francisca Liebenberg: Vrystelling van haar enkelsnit -SAAM. 17 Junie 2022.

Onderhoud met Francisca Liebenberg: Vrystelling van haar enkelsnit -SAAM. 17 Junie 2022.

Fransisca Liebenberg het met haar vorige enkelsnit, Frommels, diep in musiekharte kom inkruip en nou is sy terug met haar liedjie SAAM. Hierdie is 'n lekker dans liedjie en ook 'n oulike onderhoud gewees*

Jun 17, 202224:19
Onderhoud met Dawe de Villiers: 500k PER DAY. 17 Junie 2022.

Onderhoud met Dawe de Villiers: 500k PER DAY. 17 Junie 2022.

Dawie de Villiers is die stigter en direkteur van Finovate Amplified, skepper van die 500KPerDay-inisiatief, en die uitvoerende bemarkingshoof van Earthly. Dit was 'n voorreg om met Dawie te gesels oor hierdie ongelooflike inisiatief.

Jun 17, 202229:26
Onderhoud met Delano Jooste: Laat Ons Juig Gospel Kompetisie Wenner 2022. 10 Junie 2022.

Onderhoud met Delano Jooste: Laat Ons Juig Gospel Kompetisie Wenner 2022. 10 Junie 2022.

Delano was briljant gewees by die Laat Ons Juig Gospel Kompetisie waar hy as Wenner aan gewys was. Die jong man is net 16 jaar oud en het klaar so 'n diepte in sy lirieke. Ek weet hy gaan nog vele meer hoogtes bereik in sy lewe.

Jun 10, 202216:49
Onderhoud met POSDUIF: Spinnekop Vrystelling. 6 Junie 2022.

Onderhoud met POSDUIF: Spinnekop Vrystelling. 6 Junie 2022.

Ek is nou al 'n groot Posduif ondersteuner en het hul LIVE kon ondersteun by Weiveld net na hul liedjie SPINNEKOP uit gekom het. Ek was so bly om 'n 2de onderhoud met hul te kan hê.

Jun 06, 202221:20
Onderhoud met Richelle Grant: Sonneblom. 3 Junie 2022.

Onderhoud met Richelle Grant: Sonneblom. 3 Junie 2022.

Richelle het die beste oorspronklike liedjie gewen by die Laat ons Juig sang kompetisie waar sy gestraal het met haar pragtige liedjie SONNEBLOM. Ek love hierdie liedjie en moes eenvoudig met haar 'n onderhoud kry.

Jun 03, 202217:58
Onderhoud met Wouter van de Venter: Enkelsnit MY BOK vrystelling. 30 Mei 2022.

Onderhoud met Wouter van de Venter: Enkelsnit MY BOK vrystelling. 30 Mei 2022.

WOUTER VAN DE VENTER VIER DIE LIEFDE VAN SY LEWE MET NUWE ENKELSNIT!

Verhoudings vat baie werk en uithouvermoë, veral met al die uitdagings wat die lewe na jou kant toe gooi. Wanneer jy dit regkry, is dit uit en uit die moeite werd omdat dit oneindige voordele inhou.

Dít is die boodskap agter die gesoute musikant, Wouter van de Venter, se nuutste enkelsnit wat geïnspireer is deur sy vrou en muse, Anita.

May 30, 202229:13
Onderhoud met Ruan Josh. 27 Mei 2022.

Onderhoud met Ruan Josh. 27 Mei 2022.

Van dat ek gehoor het van Ruan Josh wou ek so graag met hom gesels en hom ontmoet. Sy liedjie PROVIDER is een van my en ook VAAL STEREO se gunsteling liedjies. Ek het Ruan ontmoet by die Laat Ons Juig sang kompetisie 2022 en 'n geselsie en fototjie kon kry en daarna het ek hierdie besonderse onderhoud met hom kon vas stel. Ek sal die een altyd koester*

May 27, 202232:03
Onderhoud met Erik Kruger: Tweede Boek Vrystelling-DANGEROUS. 23 Mei 2022.

Onderhoud met Erik Kruger: Tweede Boek Vrystelling-DANGEROUS. 23 Mei 2022.

Op 3 Mei 2022 was die suksesvolle stigter van Modern Breed, die internasionale spreker en skrywer Erik Kruger, se tweede boek – DANGEROUS – amptelik te koop in boek- en aanlyn-winkels regoor die land

May 23, 202216:59
Onderhoud met Retief Burger. 20 Mei 2022.

Onderhoud met Retief Burger. 20 Mei 2022.

Van dat ek kan onthou luister ek na Retief Burger. Sy liedjie Sekelmaan is my gunsteling liedjie wat na 20 jaar in 2022 'n simfonie weergawe gekry het wat "stunning" verby is. Ek het Retief persoonlik ontmoet by die Laat Ons Jeug sang kompetisie en moes ek hom kry vir 'n onderhoud. So ek is baie trots op hierdie een, en dankbaar vir so 'n spesiale geleentheid.

May 20, 202226:34
Onderhoud met Simone Roets. Vrystelling van haar liedjie -Om Elke Hoek en Draai. 16 Mei 2022.

Onderhoud met Simone Roets. Vrystelling van haar liedjie -Om Elke Hoek en Draai. 16 Mei 2022.

Ek het die geleentheid gehad om vir 'n tweede keer met Simone te gesels. Hierdie nuwe enkel snit is 'n "na aan die hart" liedjie waarmee so baie mense sal vereenselwig, dit is diep en besonders mooi. Ek sien uit na die volgende enkel snit / album.

May 16, 202215:33
Onderhoud met Magriet Groenewald: Bekroonde Suid-Afrikaanse Sosialemediakenner. 13 Mei 2022.

Onderhoud met Magriet Groenewald: Bekroonde Suid-Afrikaanse Sosialemediakenner. 13 Mei 2022.

“Leer jou kinders om slim te wees met hulle slimfone,” sê Magriet Groenewald

“Ouers, ons het nodig om ons kinders te leer om verantwoordelik te wees wanneer hulle hul slimfone gebruik. Die is volgens my 'n belangrike onderhoud waarna elke ouer en persoon wat met sosiale media werk moet na luister.

May 13, 202225:48
Onderhoud met Freddie Hawman: Vrystelling van sy liedjie- Centerfold. 9 Mei 2022.

Onderhoud met Freddie Hawman: Vrystelling van sy liedjie- Centerfold. 9 Mei 2022.

Freddie Hawman, is terug in die kollig met ’n splinternuwe liedjie wat hy saam met Riku Lätti geskryf- CENTERFOLD. Ek gesels met hierdie jong man oor die sukses van sy 2 liedjies en sy blink toekoms as kunstenaar.

May 10, 202223:38
Onderhoud met Gian Franco: Jy leef hier binne my. 6 Mei 2022.

Onderhoud met Gian Franco: Jy leef hier binne my. 6 Mei 2022.

Gian Franco het so pas n nuwe liedjie vrygestel genoem Jy leef hier binne my!!! Ek het heerlik met Franco gesels oor hierdie liedjie en sy musiek loopbaan*

May 07, 202220:12
Onderhoud met Lion Jay: Dance Forever en nuwe album vrystelling. 2 Mei 2022.

Onderhoud met Lion Jay: Dance Forever en nuwe album vrystelling. 2 Mei 2022.

Ons by Vaal Stereo is bevoorreg om hierdie nuwe liedjie Dance Forever deur Dennis East geskryf en gesing deur Lion te kan speel saam met sy hele plinternuwe en eerste album vrystelling. Hierdie onderhoud was vir my so spesiaal en beslis een van nog baie om te kom...

May 03, 202234:00
Onderhoud met Arnold de Wet: The Shelters- This is Who I am Without You. 25 April 2022.

Onderhoud met Arnold de Wet: The Shelters- This is Who I am Without You. 25 April 2022.

Ek gesels met Arnold oor hierdie lied en video saam met The Shelter wat besig is om mense oraloor te inspireer. Hierdie liedjie is 'n diep liedjie wat baie harte aan raak*

Apr 26, 202221:15
Omderhoud met Venetia Rose. Liedjie vrystelling- Skoenlapper. 22 April 2022.

Omderhoud met Venetia Rose. Liedjie vrystelling- Skoenlapper. 22 April 2022.

VENETIA ROSE BEWYS ALMAL VERKEERD EN REIK NUWE ENKELSNIT SKOENLAPPER UIT, TEN SPYTE VAN GEHOORPROBLEEM

’n Skoenlapper is ’n universele simbool van skoonheid, transformasie en genade. Alhoewel dié insekte broos voorkom, is hulle eintlik baie sterker as wat ’n mens dink. Dit is dan ook hierdie konsep wat aanleiding gegee het tot die sangeres en liedjieskrywer, Venetia Rose, se nuwe enkelsnit, SKOENLAPPER.

Venetia is 'n inspirasie vir so baie, wat haar drome ten volle najaag en haar vlerke vladder*

Apr 23, 202216:45
Onderhoud met Len Muller: Vrystelling van sy liedjie Huis toe. 15 April 2022.

Onderhoud met Len Muller: Vrystelling van sy liedjie Huis toe. 15 April 2022.

Dit was vir my 'n groot hoogtepunt om met Len te kon gesels na ek hom al van tevore ontmoet en sien optree het. Huis Toe is 'n besonderse mooi liedjie van Len Muller*

Apr 16, 202227:20
Onderhoud met Fransien Scott: Koningkryk van Beton. 13 Mei 2022.

Onderhoud met Fransien Scott: Koningkryk van Beton. 13 Mei 2022.

Hierdie was so 'n spesiale onderhoud gewees!!! Fransien was in Suid-Afrika gewees en so het ons heerlik saam gekuier in my studio. Fransien is nou nie net 'n kunstenaar wat ek leer ken het nie, sy is 'n pragtige harts vriendin*

Apr 14, 202234:04
Onderhoud met Este Gross: Vrystelling van haar liedjie Deur die storm. 8 April 2022

Onderhoud met Este Gross: Vrystelling van haar liedjie Deur die storm. 8 April 2022

ESTÉ GROSS, HEMELBESEM EN DIE UP YOUTH CHOIR STEL 'N NUWE LIEDJIE VRY NET VOOR PAASFEES- DEUR DIE STORM. WAT 'N VOORREG OM MET HAAR TE GESELS OOR HIERDIE BESONDERSE LIEDJIE

Apr 09, 202221:06
Onderhoud met Simone Roets: Vrystelling van Dans in die Donker. 1 April 2022
Apr 02, 202220:18
Interview with Barbara Mac Vay. Mrs. S.A Semi-Finalist 2022. 28 March 2022.

Interview with Barbara Mac Vay. Mrs. S.A Semi-Finalist 2022. 28 March 2022.

Bare Beauty Mrs. South Africa has announced their 2022 Semi-finalists, as the country emerges from the challenges of the last two years and into a season of hope. I had a great opportunity to chat with Barbara Mac Vay, an amazing lady that is currently a Mrs. S.A Semi-Finalist for 2022. 

Mar 29, 202217:37
Interview with Kat: International musician with a new single -Wolves. 28 Maart 2022.

Interview with Kat: International musician with a new single -Wolves. 28 Maart 2022.

Kat is a highly compelling South African singer, multi-instrumentalist, looper and international live musician.

In January she released the video for her new single Wolves which features Mark Haze.

Mar 29, 202220:22
Onderhoud met Christiaan Baartman: Vrystelling van sy nuwe liedjie Moet nie wag tot dit te laat is nie. 18 Maart 2022.

Onderhoud met Christiaan Baartman: Vrystelling van sy nuwe liedjie Moet nie wag tot dit te laat is nie. 18 Maart 2022.

Na twee swaar jare vir die musiekbedryf as gevolg van die pandemie, kan musikante uiteindelik ’n bietjie asemhaal en Christiaan Baartman vier dit met die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit - Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie. Dit was 'n goeie geselsie gewees*

Mar 24, 202235:35
Onderhoud met Ray Dylan. Vrystelling van sy liedjie Vir eens in my lewe. 11 Maart 2022.

Onderhoud met Ray Dylan. Vrystelling van sy liedjie Vir eens in my lewe. 11 Maart 2022.

Ek het 'n besonderse geleentheid gehad om met Ray te gesels oor die liedjie Vir eens in my lewe wat hy en Theuns Jordaan saam sou opneem. Hierdie was 'n opregte mooi onderhoud gewees.

Mar 10, 202212:30
Onderhoud met Mia: Vrystelling van die liedjie Waterval. 4 Maart 2022.

Onderhoud met Mia: Vrystelling van die liedjie Waterval. 4 Maart 2022.

Beeldskone Mia het ‘n splinternuwe enkelsnit, genoemd waterval, wat oud en jonk inspireer! Ons gesels al te lekker oor hierdie liedjie vrystelling

Mar 10, 202238:16
Thola Care Interview: Jan 2022.
Mar 10, 202221:37
Onderhoud met Ariose: Vrystelling van hul nuwe liedjie Saam Met Jou. 25 Feb 2021.

Onderhoud met Ariose: Vrystelling van hul nuwe liedjie Saam Met Jou. 25 Feb 2021.

Ariose, ’n passieprojek tussen drie musikante (Xander Filmalter, Renier Henning en Heidi Henning) wat in Oktober 2020 gestig is, het reeds twee baie suksesvolle treffers – Bly Jy Hier en Jy – opgelewer, en nou die kragballade Saam Met Jou.

Dié trio laat ook nie gras onder hulle voete groei nie en het besluit om die maand van liefde behoorlik te vier met nóg ’n oorspronklike vrystelling wat sommer diep in musiekharte gaan nesskop. 

Feb 24, 202231:29
Onderhoud met Janine Grobbelaar: Organiseerder van Laat Ons Juig Gospel Sangkompetiesie. 21 Feb 2021.

Onderhoud met Janine Grobbelaar: Organiseerder van Laat Ons Juig Gospel Sangkompetiesie. 21 Feb 2021.

Janinge vertel ons bietjie meer oor hierdie opkomende kompetisie en hoe dit werk* Laat Ons Juig is 'n splinternuwe gospel sangkompetisie.

KruiskykTV in samewerking met CrossplusTV, Juig!Tydskrif en Patmos-studios het besef dat daar nie baie geleenthede is vir nuwe gospeltalent om ontdek te word nie.  En dus het hulle hierdie opwindende platform gestig waar oud en jonk kan deelneem.  Nie net om hul sangtalent ten toon te stel nie, maar ook om nuwe musiek aan ons land bekend te stel. Inskywings sluit 28 Februarie!

Feb 24, 202222:01
Onderhoud met Sharine Barnard: Nuwe Geestesliedjie - Pray - Vrystelling. 18 Feb 2022.

Onderhoud met Sharine Barnard: Nuwe Geestesliedjie - Pray - Vrystelling. 18 Feb 2022.

In swaar tye, wanneer ons moeilike besluite moet maak en ons probleme oorweldigend voel, is dit maklik om te wonder oor God se plan vir ons. Maar ’n splinternuwe geestelike liedjie van Sharine is pas uitgereik om ons te herinner om aan te hou glo en vertrou. Ek love hierdie amazing vrou se uitkyk in die lewe, stunning mens!!! :) 

Feb 18, 202241:40
Onderhoud met Frans de Klerk: Finansiële Tegniese Ontleder. 14 Feb 2022.

Onderhoud met Frans de Klerk: Finansiële Tegniese Ontleder. 14 Feb 2022.

Ons hoor elke oggend vir Frans met sy Finansies deel na ons Vaal Stereo Nuus uitsending, en nou leer ken ons bietjie die persoon agter die stem. Hierdie was vir my 'n onderhoud baie na aan die hart!!!!

Feb 14, 202201:12:36