Skip to main content
AfriPod

AfriPod

By AfriForum Media

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na media@afriforum.co.za.
Available on
Apple Podcasts Logo
Castbox Logo
Google Podcasts Logo
Overcast Logo
Pocket Casts Logo
RadioPublic Logo
Spotify Logo
Currently playing episode

Episode 6: Strafregtelike klagtes teen Julius Malema

AfriPodNov 26, 2020

00:00
09:42
NUUSKOMMENTAAR: Migrasie-uitdagings en wysigings aan die Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewing

NUUSKOMMENTAAR: Migrasie-uitdagings en wysigings aan die Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewing

In aanloop tot die verkiesing is migrasie een van die kwessies wat heelwat aandag geniet. Van die kandidate maak uitlatings wat gevaarlik na aan xenofobie klink, terwyl ander Suid-Afrikaners frustrasies met die land se swak grensbeheer verwoord.


Apr 04, 202406:05
NUUSKOMMENTAAR: ANC, EFF, MK: Is ’n ‘oordeelsdag-koalisie’ op hande?

NUUSKOMMENTAAR: ANC, EFF, MK: Is ’n ‘oordeelsdag-koalisie’ op hande?

Die vraag ontstaan nou hoe ver die land se grootste partye sal gaan om mag te behou of te bekom? Sal daar wel ’n sogenaamde “oordeelsdag-koalisie” tussen die ANC, EFF en oudpres. Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe (MK)-party wees? Of erger, sal die DA ’n koalisie met die ANC aanknoop om die voorgenoemde koalisie te verhoed?

Mar 28, 202403:31
NUUSKOMMENTAAR: Graaff-Reinet of Sobukwe? Naamsverandering laat die tonge klap

NUUSKOMMENTAAR: Graaff-Reinet of Sobukwe? Naamsverandering laat die tonge klap

Wat is in ’n pleknaam? Dit hang af wie jy vra. Vir party is ’n pleknaam ook die geskiedenis van die betrokke plek. Dit is die mense wat was, is en nog gaan wees – hoe mooi of lelik dit ook al dalk mag wees. Vir ander is dit sinoniem met onderdrukking en uitsluiting. Hoe dit ook al sy, ’n pleknaam kan nie net lukraak verander word omdat party mense daardeur geaffronteer voel nie.

Mar 01, 202403:38
NUUSKOMMENTAAR: Werklike verandering en die uitsprake van politici

NUUSKOMMENTAAR: Werklike verandering en die uitsprake van politici

Politici in Suid-Afrika kan nie net doen wat hulle wil nie – nie hééltemal nie. Elke politikus, hoe magtig en korrup ook al, se dade word beperk deur gewone indiwidue en gemeenskappe se optrede.

Feb 23, 202403:34
NUUSKOMMENTAAR: Ramaphosa se mooipraatjies maar net verkiesingsbeloftes

NUUSKOMMENTAAR: Ramaphosa se mooipraatjies maar net verkiesingsbeloftes

Hierdie week se nuuskommentaar is saamgestel en voorgelees deur Carina Bester.


Feb 16, 202403:34
Onderwysekspo: Oplossings en geleenthede vir skole

Onderwysekspo: Oplossings en geleenthede vir skole

AfriForum bied op 25 Julie ’n onderwysekspo by die AfriForum Teater aan. Dit is 'n gratis geleentheid waartydens AfriForum ook twee gidse gaan bekendstel wat unieke oplossings bied vir die unieke uitdagings wat skole in die gesig staar.

Chanté Kelder het met Alana Bailey, Marnus Kamfer en Jacques Broodryk hieroor gesels.

Aanbieder: Chanté Kelder

Vervaardiger: Chanté Kelder

Jul 12, 202315:56
Hoe nou met raskwotas vir water?

Hoe nou met raskwotas vir water?

Die Departement van Water en Sanitasie het onlangs hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies in die Staatskoerant gepubliseer. Hierdie hersiene konsepregulasies vereis dat aansoeke om sekere watergebruike te lisensieer, voortaan slegs deur die Departement van Water en Sanitasie oorweeg sal word, mits die ondernemings wat daarvoor aansoek doen, vasgestelde raskwotas nakom. Ischke van Eeden het met Marais de Vaal, AfriForum se raadgewer vir Omgewingsake, oor hierdie konsepregulasies gesels.


Aanbieder: Ischke van Eeden

Vervaardiger: Chanté Kelder

Jun 26, 202316:57
Skoleplasings 2024 - Registreer so vroeg as moontlik

Skoleplasings 2024 - Registreer so vroeg as moontlik

Die aanlyn skoleregistrasieproses om gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2024-skooljaar te registreer, open op 15 Junie. Aansoeke sluit op 14 Julie in die skoolvakansie. Daarom word ouers aangemoedig om dit so gou as moontlik te doen en om ook gesertifiseerde afskrifte van die nodige dokumentasie by skool in te dien. Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, en Melanie Buys, hoof van ontwikkeling van die Skoleondersteuningsentrum, gesels in hierdie AfriPod-episode oor die registrasieproses. Besoek gerus www.skole.co.za vir wenke oor die registrasieproses of stuur ’n e-pos na onderwys@afriforum.co.za indien enige probleme ondervind word.


Aanbieder: Carina Bester

Vervaardiger: Chanté Kelder

Jun 13, 202316:57
Die Val - 'n Kortfilm met 'n kragtige boodskap

Die Val - 'n Kortfilm met 'n kragtige boodskap

Wanneer dit voel asof alles inmekaar begin tuimel, wil Melissa Strauss net haar oë toe maak, oorgee, val en vergeet. Vergeet van loopbaankeuses, eindeksamen, matriekafskeid, Wian se ondraaglike afknouery, haar kuberboelies en Stefan, haar beste vriend wat toegee aan groepsdruk.

Die Val, ’n kortfilm met die doel om hoop te skep by jongmense, is gratis op AfriForumTV beskikbaar.

Zel-Marí Gelderblom het met Leandie Bräsler gesels oor die storie agter die film en die belangrikheid van 'n film soos hierdie in die tyd waarin ons leef. 

Aanbieder: Zel-Marí Gelderblom

Vervaardiger: Chanté Kelder

Oct 10, 202211:29
ARGIEF: Boekgesprek: Dirk Hermann - Ons sal self
May 18, 202224:52
ARGIEF: Sal jy ’n belastingboikot ondersteun?

ARGIEF: Sal jy ’n belastingboikot ondersteun?

*Hierdie episode het op 19 Mei 2021 verskyn

Jacques Broodryk het in Mei 2021 met prof. Koos Malan en Johan Kruger gesels oor die wanbesteding van belastingbetalergeld en of die publiek se frustrasies met die regering oor hierdie wanbesteding kan lei tot ’n belastingopstand. Op 30 Augustus 2021 het AfriForum ’n belastingmanifes gepubliseer waarin die organisasie ’n dispuut met die regering verklaar het oor die vermorsing van belastingbetaler geld en het die organisasie ook gewaarsku dat ’n belastingopstand onafwendbaar is indien die voortdurende plundering van die staatskas en die stoomroller van destruktiewe beleidsidees nie summier gestaak word nie.

May 11, 202221:26
Episode 26: Die rimpeleffek van NGV

Episode 26: Die rimpeleffek van NGV

AfriForum het onlangs ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gedoen waarin verskeie redes aangevoer is waarom die voorgestelde Wetsontwerp vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gedoem is om te misluk.

Carina Bester gesels met Reiner Duvenage oor sy voorlegging en wat die implimentering van NGV vir Suid-Afrika sal beteken. 

Aanbieder: Carina Bester

Vervaardiger: Chanté Kelder

Feb 21, 202216:02
Boekgesprek: Spioenmeesters - Henning van Aswegen
Dec 13, 202136:21
Episode 25: Die verspreiding van foto’s en video’s op sosiale media

Episode 25: Die verspreiding van foto’s en video’s op sosiale media

Weet jy wanneer mag jy foto’s van vermeende misdadigers of ’n misdaad versprei? Weet jy wat die gevolge is wanneer jy foto’s of video’s van misdadigers of ’n misdaad versprei? In hierdie episode gesels ons met Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, oor die verspreiding van foto’s en video’s op sosiale media.


Aanbieder: Carina Bester

Vervaardiger: Carina Bester

Nov 15, 202120:45
Episode 24: Geskiedenisverslag ontbloot ANC se verdraaiing van die geskiedenis

Episode 24: Geskiedenisverslag ontbloot ANC se verdraaiing van die geskiedenis

AfriForum het vandeesweek 'n geskiedenisverslag in reaksie op die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag bekendgestel. Hierdie geskiedenisverslag is deur dr. Jackie Grobler en onder leiding van die Opinor-ideesentrum saamgestel.

Chanté Kelder het met Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum, gesels oor die geskiedenisverslag.

Aanbieder: Chanté Kelder

Vervaardiger: Chanté Kelder

Oct 07, 202118:25
Episode 23: Die boublokke van 'n sosialistiese staat

Episode 23: Die boublokke van 'n sosialistiese staat

Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte, gesels oor dié burgerregteorganisasie se nuwe doku-reeks, "Eight Levels of Control," waarin Broodryk dieper delf in die idees en boublokke agter sosialisme in Suid-Afrika. 

Aanbieder: Andrea van Wyk

Vervaardiger: Andrea van Wyk

Aug 12, 202108:57
Episode 22: AfriForum stig medaljefonds vir Suid-Afrika se Olimpiërs

Episode 22: AfriForum stig medaljefonds vir Suid-Afrika se Olimpiërs

Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, gesels in AfriPod se ateljee oor dié burgerregteorganisasie se medaljefonds wat onlangs gestig is om atlete wat presteer het by vanjaar se Olimpiese Spele te vergoed. 

Aanbieder: Chanté Kelder

Vervaardiger: Andrea van Wyk

Aug 11, 202105:12
Episode 21: Artikel 25, grondonteiening, grondeise en hoop

Episode 21: Artikel 25, grondonteiening, grondeise en hoop

Marnus Kamer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum kuier in die AfriPod ateljee om uit te brei oor die prosesse rondom onteiening sonder vergoeding, grondeise en jou regte as grondeienaar. 

Aanbieder: Chanté Kelder

Vervaardiger / regisseur: Chanté Kelder

Jun 11, 202115:54
Episode 20: Immuunversterking en COVID-19

Episode 20: Immuunversterking en COVID-19

Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum, praat oor die belangrikheid daarvan om 'n sterk immuunstelsel te hê tydens die COVID-19-pandemie. 

Aanbieder: Andrea van Wyk

Vervaardiger / regisseur: Andrea van Wyk

Jun 02, 202112:23
Episode 19: Sal jy 'n belastingboikot ondersteun?

Episode 19: Sal jy 'n belastingboikot ondersteun?

’n Woede is onder gewone mense aan die opbou oor hulle steeds belasting moet betaal, terwyl hul hardverdiende geld deur die ANC-regering gesteel en deur amptenare aangewend word om hulself te verryk.

May 19, 202121:26
Episode 18: Geldwassery, terrorisme en die Butterfly

Episode 18: Geldwassery, terrorisme en die Butterfly

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is onlangs aangestel om die sogenaamde “Butterfly” in Botswana te vervolg. Dis ’n saak wat ernstige misdrywe soos geldwassery en die finansiering van terrorisme insluit. Andrea van Wyk praat met Natasha Venter, adviseur vir dié eenheid, om te praat oor wat presies dié saak behels.

Aanbieder: Andrea van Wyk

Vervaardiger: Chanté Kelder

Apr 23, 202106:55
Episode 17: AfriForum Teater - Die nuwe tuiste vir die Afrikaanse kunste

Episode 17: AfriForum Teater - Die nuwe tuiste vir die Afrikaanse kunste

Die AfriForum Teater is die nuwe tuiste vir die Afrikaanste kunste. Dié teater, met plek vir meer as 380 teatergangers, is in die hartjie van Menlopark in Pretoria geleë. Kallie Kriel sê self die teater is vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap. 

Carien Bloem, teater bestuurder, kuier by Chanté Kelder in die AfriPod-ateljee om te gesels oor hierdie opwindende nuwe projek.


Apr 15, 202110:15
Episode 16: Vuurwapenamnestie - Wat jy moet weet.

Episode 16: Vuurwapenamnestie - Wat jy moet weet.

Vuurwapenamnestie is 'n kwessie wat talle Suid-Afrikaners met hul hande in hul hare laat. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, oor wat presies die vuurwapenamnestie behels en hoe dit jou raak.


Apr 09, 202121:00
Episode 15: AfriForum wil Ramaphosa kruisondervra en drama met wysigingskommentaar

Episode 15: AfriForum wil Ramaphosa kruisondervra en drama met wysigingskommentaar

Chanté Kelder gesels met Ernst Roets oor AfriForum se versoek aan die Zondo-kommissie dat pres. Cyril Ramaphosa voor dié kommissie moet verskyn en ook oor die voorlegging wat Ernst vandeesweek oor die wysiging van artikel 25 gedoen het.


Mar 25, 202113:04
Episode 14: Waterdienste en hofoorwinnings

Episode 14: Waterdienste en hofoorwinnings

Carina Bester gesels met Lambert de Klerk oor gemeenskappe se reg tot water en tot watter mate gewone mense die munisipaliteite hiervoor verantwoordbaar kan hou.


AfriForum het ’n groot oorwinning vir inwoners van Naboomspruit behaal nadat dié organisasie die Limpopo Hooggeregshof in Pietersburg (Polokwane) dringend genader het om die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit te dwing om water volhoubaar aan Naboomspruit (Mookgophong).

Mar 19, 202109:02
Episode 13: Tinteltong Toekennings 2021

Episode 13: Tinteltong Toekennings 2021

Plaaslike entrepreneurs moes die afgelope jaar meer as ooit wys wat in hulle steek om kop bo water te hou te midde van die COVID-19-pandemie.

Só moes AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings - wat jaarliks entrepreneurs vereer wat Afrikaans as dienstaal gebruik en uitbou - óók aangepas word.

Sanderien van der Walt gesels met Chanté Kelder oor die uitdagings wat oorkom moes word en ook wie die wenners van vanjaar se Tinteltong Toekennings is.

Feb 24, 202108:59
Episode 12: Beveilig ’n Plaas-veldtog

Episode 12: Beveilig ’n Plaas-veldtog

Dit is in die belang van elke boer om ’n veiligheidsplan in plek te hê in die geval van ’n plaasaanval. AfriForum het onlangs sy Beveilig ’n Plaas-veldtog bekendgestel om boere hiermee te help. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer oor hierdie veldtog.

Feb 18, 202112:03
Episode 11: AfriForum stel jongste plaasmoordverslag bekend

Episode 11: AfriForum stel jongste plaasmoordverslag bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Februarie sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 ’n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika in dié jaar afgeneem het. Andrea Muller van die AfriForum Navorsingsinstituut gesels in die ateljee meer oor dié verslag.

Feb 17, 202107:47
Episode 10: Ivermektien vir die behandeling van COVID-19

Episode 10: Ivermektien vir die behandeling van COVID-19

Die gebruik van ivermektien om COVID-19 te behandel het behoorlik die land aan die gons.  AfriForum het onlangs ’n skikking met SAHPRA bereik dat dokters wel ivermektien vir menslike gebruik mag voorskryf. Barend Uys kuier in die ateljee om meer hieroor te gesels.

Feb 04, 202109:36
Episode 9: Verhoogde belasting vir entstof-program

Episode 9: Verhoogde belasting vir entstof-program

Daar is nog heelwat onsekerheid oor die finansieringsplan vir die entstof-program. Andrea van Wyk gesels met Jacques Broodryk oor die plan wat op die stadium lyk na die waarskynlikste opsie - verhoogde belasting.

Jan 28, 202107:38
Episode 8: Magsmisbruik: Formulemelk-pa

Episode 8: Magsmisbruik: Formulemelk-pa

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klagtes teen Naas le Roux in te stel. Le Roux is op 7 Januarie in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël omdat hy weens ’n noodgeval formulemelk vir sy pasgebore baba moes gaan koop.

Jan 19, 202117:02
Promo: Forum Sekuriteit

Promo: Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit staan reg om jou te help met enige opleiding en veiligheidsdienste binne die raamwerk van die sekuriteitsbedryf. Andrea gesels met Nic Arnold, uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit.

Dec 15, 202008:39
Episode 7: Onskuldigbevinding van Coligny-2

Episode 7: Onskuldigbevinding van Coligny-2

AfriForum verwelkom die feit dat Phillip Schutte en Pieter Doorewaard onskuldig bevind is op alle aanklagte teen hulle in die Appèlhof in Bloemfontein. Sedert die aankondinging was daar gemengde gevoelens op sosiale media en Andrea van Wyk gesels met Kallie Kriel oor die saak, die reaksie en wat gaan volgende gebeur.

Nov 30, 202011:14
Boekgesprek: Dirk Hermann - Ons sal self
Nov 27, 202024:52
Episode 6: Strafregtelike klagtes teen Julius Malema

Episode 6: Strafregtelike klagtes teen Julius Malema

AfriForum en die vakbond Solidariteit het vandeesweek strafregtelike klagte van laster, sameswering vir die aanhitsing tot geweld en aanranding deur middel van dreigemente by die Lyttelton-polisiekantoor ingedien teen Julius Malema, leier van die EFF.

Nov 26, 202009:42
Episode 5: Die standbeeldedebat

Episode 5: Die standbeeldedebat

Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor die standbeeldedebat wat steeds woed en hoe ons die geskiedenis en die bewaring daarvan behoort te benader.

Nov 24, 202010:28
Episode 4: Prioritisering van plaasmoorde

Episode 4: Prioritisering van plaasmoorde

Plaasmoorde is 'n voortslepende probleem in Suid-Afrika. Teen 16 November 2020 was daar reeds bykans 50 slagoffers van plaasmoorde en steeds word daar niks van die regering se kant af gedoen om hierdie misdaad te prioritiseer nie. Ernst Roets en Marnus Kamfer kuier vandag in die ateljee om te gesels oor watter strukture AfriForum in plek het om plaasmoorde die hok te slaan.

Nov 17, 202020:10
Episode 3: Politieke inmenging by KSA

Episode 3: Politieke inmenging by KSA

AfriForum het ’n verslag oor politieke inmenging in Suid-Afrikaanse krieket aan die Internasionale Krieketraad (IKR) voorgelê. Dié verslag is ook tydens ’n mediakonferensie bekend gemaak en toon politieke inmenging in krieket sedert 1998 aan. Die verslag bied ook statistiese bevindinge oor die impak van dié inmenging. Carina Bester het met Ronald Peters, bestuurder van sport by AfriForum gesels oor hierdie verslag en wat hulle daardeur wil bereik.

Vir meer inligting: https://afriforum.co.za/afriforum-stuur-verslag-oor-politieke-inmenging-aan-internasionale-krieketraad/ 

Nov 13, 202006:16
Promo: Dapper Media

Promo: Dapper Media

Dapper Media is passievol oor Afrikaanse musiek en die kunste. Salet Smith, operasionele bestuurder van Dapper Media het kom gesels oor projekte waarmee hulle besig is en waarna kan kykers uitsien in die toekoms.

Besoek Dapper Media hier en registreer GRATIS: https://www.dappermedia.co.za/

Nov 05, 202013:24
Episode 2: Magsmisbruik

Episode 2: Magsmisbruik

In ’n ideale wêreld sal jy jouself tot die owerhede kan wend om jou te beskerm en veilig te laat voel, ongelukkig in ’n land wat toenemend deur korrupsie oorheers word is dit nie die geval nie.  Owerhede misbruik hul mag om hulle eie agendas te bevorder en die resultaat is dat gewone burgers elke dag in vrees leef vir diegene wat veronderstel is om hulle bron van sekuriteit te wees. 

Onthou vra is vry en voorstelle is altyd welkom: media@afriforum.co.za

Oct 15, 202008:53
Episode 1: Grondgrype
Oct 08, 202016:02
AfriPod-voorafluister

AfriPod-voorafluister

Hier is ’n kort opsomming oor AfriPod en wat jy as luisteraar kan verwag wanneer jy inskakel. Onthou vrae is vry en voorstelle word aangemoedig so stuur gerus vir ons ’n e-pos na media@afriforum.co.za

Oct 08, 202000:40