Skip to main content
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

By Gereformeerde kerk Bergbron

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.

Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Available on
Apple Podcasts Logo
Castbox Logo
Google Podcasts Logo
Overcast Logo
Pocket Casts Logo
RadioPublic Logo
Spotify Logo
Currently playing episode

Donderdag 9 Mei 2024 Wayne Hoedemaker

Bergbron Gereformeerde Kerk PrekeMay 10, 2024

00:00
42:06
Donderdag 9 Mei 2024 Wayne Hoedemaker

Donderdag 9 Mei 2024 Wayne Hoedemaker

Ascension Day Matters

Lees: Joh: 15:18 - Joh: 16:16

May 10, 202442:06
Sondag 5 Mei 2024 Stephan Briel

Sondag 5 Mei 2024 Stephan Briel

Lees: Mat 6: 19-34 en Ef 2: 8-10. 

Fokus: Ef 2: 10. 

God se voorsiening! 

  • Ons hantering van geld wys duidelik wat ons begrip van rentmeesterskap is.
  • Geld is nie boos nie, maar ‘n liefde vir geld (1Tim 6: 10). 
  • Tov die voorsiening in ons behoeftes, leer Jesus spesifiek teen die ideë van saai en maai (Mat 6: 26). 
  • Mossie-geloof: vertroue dat jou hemelse Vader in jou behoeftes sal voorsien eenvoudig uit genade en omdat Hy jou liefhet. 
  • God se voorsiening: Provisie = Pro (voorvoegsel) + visie (stam) = vir/gunstig wees vir die Visie
  • God het spesifieke goeie dade vir jou lewe beplan en voorberei op aarde waardeur Hy sy Koninkryk wil vestig (Ef 2: 10). 
  • God sal uit genade en liefde die nodige middele voorsien om sy visie vir jou lewe (“goeie dade waarvoor Hy jou bestem het”) te bereik. 
  • Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

    •  Hoe word die “saai en maai” beginsel misbruik in die kerk? 
    • Is ons hemelse Vader se voorsiening in ons behoeftes afhanklik van ons finansiële saad wat ons saai? 
    • Wat is die bepalende faktor vir God se voorsiening?(vgl Ef 2: 10) 
    • Hoekom bestaan jy? Wat is jou skeppingsdoel?
    May 05, 202435:39
    Sondag 28 April 2024 Stephan Briel

    Sondag 28 April 2024 Stephan Briel

    Lees: Ef 2:1-10. 

    Fokus: Ef 2:10. 

    Ons is God se kunswerk vir sy visie met ons. 

    • God beskou ons nou alreeds as sy meesterlike kunswerk in Jesus. Ons is sy kragtige en kreatiewe skeppingswerk. 
    • God het ‘n spesifieke visie (plan en doel) om deur elkeen van ons sy koninkryk te vestig op aarde. 
    • Dinge wat ons visie steel: Ontmoediging agv mislukkings; tyd; gees van Mammon en verwerping. 
    • As jy ‘n fout maak, God is nog nie klaar met jou nie. Hy is besig om jou te verander na ‘n nuwe vlak van heerlikheid (vgl 2 Kor 3:18). 

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Verduidelik verskillende maniere waarop skuldgevoelens ontstaan by gelowiges? 
  • Wie is ons in Christus Jesus volgens ons fokusvers? 
  • Waarvoor het God ons herskep in Christus Jesus? 
  • Verduidelik die algemene dinge wat ons visie steel?
  • Apr 28, 202436:07
    Sondag 24 April 2024 Stephan Briel

    Sondag 24 April 2024 Stephan Briel

    Lees: Jes 60:1-3 en 1 Joh 1:1 – 2:2. 

    Fokus: 1 Joh 1:6-7. 

    Die magtige teenwoordigheid van die Here het lig gebring(deel 2).

    • God is in die lig en al sy optrede teenoor ons spreek van liefde. 
    • God se liefde verander jou sodat jy nie meer sonde wil doen nie – want sonde is dade sonder liefde vir God. 
    • Ons verhouding of gemeenskap met God kan getoets word aan ons gemeenskap met mekaar.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoe is die profesie van Jes 60 op 3 vlakke vervul? 
    • Hoe is gemeenskap met God moontlik? 
    • Hoe weet ek dat ek werklik gemeenskap (verhouding) met God het? 
    Apr 21, 202439:39
    Sondag 31 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 31 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Joh 20:11-18. 

    Fokus: Joh 20:16,17. 

    Jesus bring ons tot opstandingsgeloof. 

     

    Mar 31, 202434:12
    Goeie Vrydag 29 maart 2024 Stephan Briel

    Goeie Vrydag 29 maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Joh 19: 17-37. 

    Fokus: Joh 19: 19-22. 

    Die kruis word ons Koning Jesus Christus se troon. 

     

    Mar 29, 202436:04
    Sondag 24 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 24 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Joh 12: 12-19. 

    Fokus: Joh 12: 13-15. 

    Kenmerke van ‘n ware geloof in Jesus as die Christus. 

    • Ware geloof is Christus-gesentreerd en nie self-gesentreerd nie. 
  • Ware geloof kom deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. 
  • Ware geloof word nie gekeer deur jou persoonlike beproewinge en krisisse nie. 
  • Ware geloof is vertroue dat Jesus Christus die mag het om sy koninkryk selfs deur kruisdra te laat kom. 
  • Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoe het die skare se gesindheid teenoor Jesus verander vanaf sy intog in Jerusalem tot met sy verhoor? Wat was die rede hiervoor? 
    • Hoe het die dissipels se gesindheid verander met Jesus se verhoor en kruisiging? 
    • Die feit dat Jesus Jerusalem op ‘n donkievul binnegegaan het, en nie op ‘n oorlogsperd nie, is ‘n aanduiding van die nederigheid en sagmoedigheid (v 5) van Jesus se Messiasskap. Wat beteken dit en wat is ‘n noodwendige gevolg van Jesus se sagmoedigheid?
    Mar 24, 202432:36
    Sondag 17 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 17 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Gal 3:1-14 en Heid Kat Vr en Antw 38 en 39.

    Christus het borgtogtelik (in ons plek) gely om ons van die toorn, oordeel en vloek van God te verlos.

    • Christus het in ons plek die toorn van God gedra (vr 37).
    • Christus het in ons plek die oordeel van God gedra (vr 38).
    • Christus het in ons plek die vloek van God gedra (vr 39).

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Wat doen die wete van Christus se lyde aan jou?
    • Verduidelik die evangelie van Jesus Christus dmv die Drie Sirkels metode.
    Mar 17, 202426:24
    Sondag 3 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 3 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Ef 4:1-16 (AFR83).

    Fokus: Ef 4:11,12.

    Christus gee “gawes” om ons toe te rus vir ons dienswerk.

    God laat sy kerk groei as dit gesond is, soos met ons kinders. As ons kinders gesond is, groei hulle van nature soos God dit laat gebeur – dieselfde ook met die kerk as lewende liggaam van Christus. Maar as die kerk as die liggaam van Christus siek is, dan sal God dit nie laat groei nie en stadig aan sterf. Die taak van die leiers in die gemeente, die ouderlinge, is om die groei beperkende siektes in die gemeente te identifiseer en te verwyder sodat die natuurlike en normale groei van God kan plaasvind.

    Die vraag is: Wat dryf die gemeente?

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Wat is gelowiges se “groot dienswerk” vir die opbou van die liggaam van Christus?
    • Hoe wyk leiers (predikante en ouderlinge) af van hulle primêre roeping in die gemeente?
    • Wat dryf die gemeente?

    Mar 03, 202432:48
    Sondag 18 Februarie 2024 Stephan Briel

    Sondag 18 Februarie 2024 Stephan Briel

    Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83).

    Fokus: 1 Pet 2:4,5,9.

    Die lewende kerk (deel 2).

    Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend!
  • Gelowiges is nie alleen stene nie, maar ook priesters wat dankoffers oor hulle verlossing in Christus bring vir God.
  • As jy jou gawes gebruik in diens van God om Jesus aan die wêreld bekend te maak – dan bring jy ‘n dankoffer aan God.
  • Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoe word die kerk lewendig?
    • Wat veroorsaak doodsheid in die kerk?
    • Wat behels die “geestelike offers” wat ons bring as lewende kerk? (vgl 1 Pet 2: 9 en Rom 12: 1-8)
    • Wat maak ons dankoffers vir God welgevallig?
    Feb 18, 202435:09
    Sondag 11 Februarie 2024 Stephan Briel

    Sondag 11 Februarie 2024 Stephan Briel

    Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83).

    Fokus: 1 Pet 2:4,5.

    Die lewende kerk. 

    • “Lewe” in ons kernverse dui op kwaliteit lewe. 
    • Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend! 
    • Die diepste oorsaak van die doodsheid in die kerk is: Mense wil nie meer na Jesus toe kom om na sy Woord te luister nie, want dit vra dissipline en behels jou hele lewe.  

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Wie is die kerk?
    • Wat word bedoel met “lewe” in 1 Pet 2:4,5?
    • Hoe word die kerk lewendig?
    • Wat veroorsaak doodsheid in die kerk?
    Feb 11, 202443:21
    Sondag 9 Julie 2023 Christiaan Mulder

    Sondag 9 Julie 2023 Christiaan Mulder

    Lees: 1 PETRUS 2 vers 1 - 7
    Fokus: 1 Petrus 2: 7

    Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld, “Juis die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword, ”

    Die Here wil jou ook 'n hoeksteen maak!

    Jul 09, 202333:49
    Sondag 2 Julie 2023 Stephan Briel

    Sondag 2 Julie 2023 Stephan Briel

    Lees: 1 Sam 16:1-13.
    Fokus: 1 Sam 16:1.

    Wat sien die Here in my?

    Jul 02, 202337:27
    Sondag 25 Junie 2023 Stephan Briel

    Sondag 25 Junie 2023 Stephan Briel

    Lees: 1 Sam 3:1 – 4:1.
    Fokus: 1 Sam 3:15.

    God roep getroue dienaars uit hulle gemaksones tot geloofwaardige getuies.

    Jun 25, 202337:12
    Sondag 18 Junie 2023 Stephan Briel

    Sondag 18 Junie 2023 Stephan Briel

    Sondag, 18 Junie, is deur die kerkverband aangedui as Dag van Verootmoediging en Voorbidding met die energiekrisis, verval van infrastruktuur en hoë werkloosheid en misdaadvakke as motivering.

    Lees: 1 Sam 1:9-19 en 1 Sam 2:1-12.
    Fokus: 1 Sam 2:1.

    Jubel in die Here wat dinge verander en uitkoms gee.

    Jun 18, 202355:53
    Sondag 11 Junie 2023 Stephan Briel

    Sondag 11 Junie 2023 Stephan Briel

    Lees: Eks 13: 17-22.
    Fokus: Eks 13: 21-22.

    God se plek van seëning!

    • God het die wolk- en vuurkolom gebruik om Israel te lei na sy voorbestemde destinasie van seëning.
    • Israel se eerste plek van seëning was by die Rietsee: Daar is die farao en sy hele leërmag finaal oorwin sonder dat die Israeliete enigsins hoef te geveg het.
    • Israel het begryp dat hulle seëning verband gehou het met die regte plek.
    • Ons het as gelowiges die Gees van die waarheid wat ons in God se hele waarheid lei vir ons lewens, ons ook lei na God se voorbestemde plek van seëning.
    • As jy die tekens miskyk, of dit ‘n wolk- of vuurkolom is, of selfs net ‘n ongemaklike gevoel binne-in jou, kan jy op ‘n slegte plek vasgevang word.
    • God se seën sal kom wanneer jy is waar jy veronderstel is om te wees: fisiek, emosioneel, verstandelik en geestelik.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoekom het God Israel op ‘n ompad deur die woestyn na die Rietsee gelei?
    • Speel die fisiese plek waar ek myself bevind ‘n rol om God se volle seëning te ontvang?
    • Gee ‘n paar riglyne hoe die Heilige Gees ons lei na God se voorbestemde plek van seëning.
    Jun 11, 202340:25
    Sondag 4 Junie 2023 Stephan Briel

    Sondag 4 Junie 2023 Stephan Briel

    Lees: Eks 15:1-19.
    Fokus: Eks 15:3 (AFR20).

    Loof die Here as krygsman wat red!

    • Lofprysing en aanbidding is ‘n wesenskenmerk van die Here se volk.
    • Lofprysing en aanbidding is ons reaksie op wie die Here is en wat Hy doen.
    • Die Here is die Verbondsgod wat getrou bly aan sy beloftes.

    • In elke situasie wat ons as kinders van God beleef, is Jesus ons Verlosser wat vir ons veg.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Waarop is lofprysing en aanbidding ‘n reaksie?
    • Waarvoor gaan ons oë gewoonlik oop in ‘n krisis?
    • Wat is die duidelikste bewys dat die Here vir ons veg?
    Jun 04, 202332:10
    Sondag 28 Mei 2023 Stephan Briel

    Sondag 28 Mei 2023 Stephan Briel

    Lees: Jes 6:1-13.
    Fokus: Jes 6:7.

    Die betekenis van die Here se aanraking.

    In ons Skrifgedeelte raak die Here Jesaja aan met ‘n gloeiende kool vanaf die altaar en sy sonde is weggeneem. Dit verwys alreeds na Jesus se versoeningsoffer aan die kruis. Daar is Hy as die Lam van God geoffer tot versoening van al ons sondes. En van die begin af het Jesus met sy wandel op aarde doelbewus onrein mense voortdurend aangeraak. Hy was die aanrakende Koning! Die “helde” in Jesus se wandel op aarde was tipies die tollenaars, onrein mense en die samelewing se uitgeworpenes en mislukkings. Hierdie persone het Jesus doelbewus aangeraak om sy solidariteit met hulle te bewys en om hulle lewens kragtig te verander.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Noem ‘n paar betekenisse van aanraking.

    • Noem ‘n paar voorbeelde van die gevolge van aanraking in die Ou Testament.

    • Waarom het Jesus mense doelbewus aangeraak?

    • Hoe raak God ons vandag aan as sy kinders op aarde?

    May 28, 202337:03
    Sondag 21 Mei 2023 Willem Semmelink, Feba Radio
    May 28, 202356:48
    Sondag 14 Mei 2023 Stephan Briel

    Sondag 14 Mei 2023 Stephan Briel

    Lees: Jes 6:1-13. 
    Fokus: Jes 6:1-8. 

    Die Here se heerlikheid en almag verander ons!

    God se almag en heerlikheid is so oorweldigend dat dit jou totaal verander dat jy Hom wil dien in nederige afhanklikheid. Omdat God so almagtig en glorieryk is, is daar niks beter as om Hom te aanbid en te dien nie. 

    Vra God om sy almag en heerlikheid in Christus aan jou te openbaar en verhoog Hom as die Here van jou lewe. 

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens

    • Hoekom is daar baie keer min of geen lewens wat verander in die kerk nie? 
    • Hoekom sien ons nie die heerlikheid en almag van God nie? 
    • Het jy al ‘n “power-encounter” (bonatuurlike ontmoeting) met God gehad?
    May 14, 202340:43
    Sondag 7 Mei 2023

    Sondag 7 Mei 2023

    Lees: Sag 3:1-10 (AFR53). 

    Fokus: Sag 3:7. 

    God vra reaksie op sy vryspraak in Jesus Christus. 

    • God verklaar Josua regverdig en klee hom met geregtigheid want Josua se naam beteken: die Here (Jahweh) verlos. Met Jesus se offer aan die kruis het die Here verlossing gebring en is hierdie gesig van Sagaria vervul. 
    • Deur ons te roep om in sy weë te wandel en aan Hom gehoorsaam te wees, roep die Here ons eenvoudig om ons vryspraak en identiteit in Christus prakties uit te leef. 
    • Alles wat ons nou hier beleef op aarde wil God gebruik om ons voor te berei op die ewigheid saam met Hom. Maar dan moet ek reageer op die volkome vryspraak in Jesus en my siel (denke, emosies en begeertes) totaal oorgee aan Hom. 
    • Dit is uiters noodsaaklik dat ons sal onderskei tussen Satan se beskuldigings en die Heilige Gees se oortuiging van sonde.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

    • Hoekom bestraf die Here vir Satan oor sy aanklagte? 
    • Waarop is die Here se oproep in Sag 3:7 gemik? 
    • Wat is die verskil tussen die droefheid agv Satan se beskuldigings en die droefheid agv die Heilige Gees se oortuiging van sonde (vgl 2 Kor 7:9,10)? 
    •  
    May 07, 202337:54
    Sondag 30 April 2023 Stephan Briel

    Sondag 30 April 2023 Stephan Briel

    Lees: Sag 3:1-10.
    Fokus: Sag 3:1-4 (AFR53).

    Die Here sit Satan op sy plek en klee ons met feesklere.

    Apr 30, 202345:12
    Sondag 23 April 2023 Stephan Briel

    Sondag 23 April 2023 Stephan Briel

    Lees: Gen 2:25-3:21 en Eks 28:1-6.
    Fokus: Gen 2:25, 3:21.

    God bedek ons skaamte met ‘n koninklike priesterkleed.

    Die velle van diere het Adam en Eva se naaktheid bedek (Gen 3:21), maar het hulle nie gereinig nie en dit het ook nie skoonheid verskaf nie. Die priesters se klere het reiniging veronderstel en het die draers afgesonder en geheilig vir God (Eks 28:1-6).

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Wat beteken dit dat Adam en Eva se oë na die sondeval oopgegaan het?
    • Waaraan herinner velklere die draers aan?
    • Beskryf God se “makeover” van velklere na priesterlike kleed.
    • Wat is die relevansie van die priesterlike klere vir ons vandag?
    • Hoe vernietig Christus se koninklike priesterkleed skaamte in jou lewe?
    Apr 23, 202343:31
    Sondag 9 April 2023 Christiaan Mulder

    Sondag 9 April 2023 Christiaan Mulder

    Lees Lukas 24:1-12

    Die Graf is leeg!

    Apr 09, 202331:07
    Goeie Vrydag 7 April 2023 Stephan Briel

    Goeie Vrydag 7 April 2023 Stephan Briel

    Lees: Mark 15: 21-41.

    Fokus: Mark 15: 39.

    Jesus sterf as die Messias, die Seun van God.

    Apr 09, 202346:37
    Sondag 2 April 2023 Christiaan Mulder

    Sondag 2 April 2023 Christiaan Mulder

    Lees: 2 Konings 19
    Getrou bly, geduld... genade.

    Apr 02, 202342:15
    Sondag 26 Maart 2023 Nico van der Walt

    Sondag 26 Maart 2023 Nico van der Walt

    Lees: Openbaring 6: 12 - 17
    Die dag van die wederkoms.

    Mar 26, 202301:02:18
    Sondag 19 Maart 2023 Stephan Briel

    Sondag 19 Maart 2023 Stephan Briel

    Lees: Joh 4:1-26.
    Fokus: Joh 4:26.

    Voldoende geloof is om Jesus raak te sien vir wie Hy werklik is.

    Mar 19, 202352:31
    Sondag 12 Maart 2023 Stephan Briel

    Sondag 12 Maart 2023 Stephan Briel

    Lees: Joh 2:23 – Joh 3:21.
    Fokus: Joh 3:1-8.

    Jy is opnuut gebore om werklik in Jesus Christus te glo.

    Alhoewel Nikodemus tydens hierdie gesprek nog maar net ‘n wonderwerk geloof gehad het en daarom nie heeltemal verstaan het waarvan Jesus praat nie, kan ons tog die effek van die wedergeboorte later in sy lewe raaksien. Uit liefde vir God verander Nikodemus van ‘n bang nagdissipel in ‘n openlike navolger van Jesus Christus. So ‘n radikale verandering kan God alleen doen. Dit moet ‘n ingrype van bo wees wat jou lewe radikaal verander. Paasfees kom stel Christus sentraal in die weergebore mens se lewe.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Waarom praat Jesus met Nikodemus oor wedergeboorte?
    • Wat is die 2 voorwaardes om in God se koninkryk te kom en hoekom?
    • Wat is die effek van wedergeboorte op die gelowige se lewe?
    Mar 12, 202336:23
    Sondag 5 Maart 2023 Stephan Briel

    Sondag 5 Maart 2023 Stephan Briel

    Lees: Psalm 2.
    Fokus: Psalm 2:4.

    Die Here lag vir die wêreldmagte.

    Al raas die volkere ook hoe en al is hulle ook hoe opstandig, God se saak sal bly voortbestaan. Dit is die evangelie van Psalm 2 (vers 4): God lag! Hy sien die opstand van die volkere en hulle maghebbers. Dit is geen finale werklikheid nie. Die laaste werklikheid is die koninkryk van God. Lig verdryf altyd duisternis. Geen duisternis kan lig verdryf nie. Die koninkryk van God kom en niks kan dit stuit nie. Daarom lag God vir hulle manewales. Dit is die evangelie. Die evangelie is die van lag. God se lag!

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Beskryf die inhoud van die evangelie boodskap van Psalm 2 vers 4: God lag!
    • Wie is die eintlike gesalfde in wie die koninkryk van God finaal sou kom?
    • Wat beteken geloof in die konteks van Psalm 2?
    Mar 05, 202338:09
    Sondag 26 Februarie 2023 Stephan Briel

    Sondag 26 Februarie 2023 Stephan Briel

    Lees: Kol 2:6-15.
    Fokus: Kol 2:6 (1953 AV).

    Bergbron missie: Wandel in Christus (vlak 3 dissipelskap).
    (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding)
    Die derde vlak van dissipelskap gaan nie oor wat ek behoort te doen om te wandel in Christus nie, maar oor

    wat ek behoort te wees om te wandel in Christus. Dit behels die volgende:

    • Geestelik – dit is belangrik om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees as ons suksesvol wilwandel in Christus. Geestelike onderskeidingsvermoë is die eerste lyn van verdediging in geestelike oorlogvoering.
    • Verstandelik – ‘n volwasse dissipel van Jesus sal altyd erken – hoe meer hy God leer ken, hoe meer afhanklik raak hy van God. Hoe meer besef hy hoe nodig hy God het.
    • Emosioneel – ‘n volwasse gelowige leer om in alle omstandighede vergenoeg/tevrede te wees (Fil 4:11).Gelowiges op vlak 3 dissipelskap het daarom voortdurend ‘n behoefte aan bemoediging.
    • Wil – suksesvolle wandel in Christus hang nou af van die dissiplinering van jou wil. Die gedissiplineerdepersoon is ‘n Geesvervulde persoon wat daarna streef om al sy behoeftes in Christus te bevredig.
    • Verhoudings – ‘n volwasse gelowige lewe nie meer vir hom- of haarself nie, maar vir ander.
    • Traumatiese ervarings kan jou weer laat worstel met krisisse van vlak 1, 2 en 3 dissipelskap.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen?
    • Behels vlak 3 dissipelskap hoofsaaklik uiterlike dade?
    • Wat kan die effek van traumatiese ervarings wees op ‘n vlak 3 dissipel?
    • Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlakjyself is en ‘n persoon wat jy begelei?
    Feb 26, 202338:58
    Sondag 19 Februarie 2023 Stephan Briel

    Sondag 19 Februarie 2023 Stephan Briel

    Lees: Kol 2:6-15.
    Fokus: Kol 2:7 (1953 AV).

    Bergbron missie: Groei tot volwassenheid om meer soos Jesus te wees (vlak 2 dissipelskap).

    (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding)

    Die tweede doel van dissipelskap is om God se doel van heiligmaking te aanvaar en te groei om meer soos

    Christus te wees. Dit beteken:

    • Verstandelik – begelei Christene om hulle denke te dissiplineer om God se waarheid in Christus te glo.
    • Geestelik – help hulle om te leer hoe om te wandel volgens die Gees en deur geloof.
    • Emosioneel – help hulle om ontsla te raak van die emosionele wipplank deur hulle gedagtes te fokus opGod in plaas van op hulle omstandighede.
    • Wil – bemoedig ‘n vlak 2 dissipel om selfbeheersing aan te leer.
    • Verhoudings – daag hulle uit om persoonlike probleme op te los deur ander te vergewe en vergifnis te soek.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen?
    • Waar is die hoofslagveld waar die stryd gevoer word teen Satan en al sy magte?
    • Wat is die eerste stap om te kan beweeg tot ‘n vlak 2 dissipel wat groei tot volwassenheid in Christus?
    • Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlak jyself is en ‘n persoon wat jy begelei?
    Feb 19, 202338:19
    Sondag 12 Februarie 2023 Stephan Briel

    Sondag 12 Februarie 2023 Stephan Briel

    Lees: Jes 61:1-3 en Kol 2:6-15.
    Fokus: Kol 2:10 (1953 AV).

    Bergbron missie: Vestiging van volkome identiteit in Christus (vlak 1 dissipelskap).
    (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding)

    Die eerste doel van dissipelskap is om ‘n persoon se identiteit in Christus te vestig. Dit behels die volgende:

    • Geestelik: saligheid of sekerheid oor saligheid ontbreek – lei mense na Christus en begelei hulle deurrelevante Skrifgedeeltes tot sekerheid van hulle saligheid.
    • Verstandelik: denke is nog verduister – begelei mense tot ‘n ware kennis van God en wie hulle is in Christus. Leer hulle om God se weë te kan identifiseer.
    • Emosioneel: vrees gedrewe – verander vrees vir mense en die dood as mense se basiese dryfveer in hulle lewens na die vrees van God as dryfveer.
    • Wil: in rebellie teen God – help mense om die maniere te sien waarop hulle nog steeds God probeer speel en ook op watter maniere hulle in rebellie is teen God se outoriteit.
    • Verhoudings: worstel met verwerping – breek mense se verdedigingsmeganismes teen verwerping af deur hulle te aanvaar. Wys mense dat jy hulle aanvaar deur aan hulle te gee wat hulle nodig het en nie wat hulle verdien nie.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2: 6-10 en wat beteken elkeen?
    • Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlak jyself is en ‘n persoon wat jy begelei?
    • Hoe beïnvloed jou identiteit in Christus (kosbare kind van God) jou geestelike, verstandelike, emosionele, wils- en verhoudingsdimensie van lewe?
    Feb 12, 202343:50
    Sondag 5 Februarie 2023 Stephan Briel

    Sondag 5 Februarie 2023 Stephan Briel

    Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21.
    Fokus: Jes 61:1-3.

    Inhoud van Bergbron se “salwing”.

    (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding)

    • Jes 61 is gerig aan ontnugterde en moedelose ballinge wat voor die geweldige taak staan om alles weer teherbou in Jerusalem.
    • Soos met die meeste OT profesieë sien ons 3 vlakke van vervulling. Jes 61: 1-3 vind sy diepste vervulling in Jesus se eerste koms na die wêreld (Luk 4: 21). Op die derde vlak vind hierdie profesie sy vervulling met Pinkster toe Jesus sy Gees gestuur het na sy kerk op aarde.
    • Wanneer ‘n persoon gesalf word, kom die HG en gee aan die persoon Goddelike outoriteit en vermoë vir dietaak waartoe God hom of haar geroep het.
    • Die salwing met die HG stel ons instaat “om ‘n blye boodskap te bring...” (v 1). Dit is ‘n boodskap dat God sy vyande oorwin het en Hy kom nou om die gevangenes te bevry ogv sy oorwinning.
    • Die inhoud van Bergbron se salwing met die HG: om mense hulle identiteit in Christus te plaas waaruit kragtig vloei outoriteit in Christus!
    • Inderdaad het ons Opperbevelvoerder, Jesus Christus, die werke van die duiwel vernietig (1 Joh 3:8)!

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoe is hierdie profesie van Jes 61 vervul vir die terugkerende Jode uit ballingskap, vervul in Christus en vervul vir die NT kerk?
    • Wat beteken dit om met die Heilige Gees gesalf te word? 1
    • Is ons outoriteit en mag in Christus slegs ‘n toekomstige posisie wat geen effek op ons lewens vandag het nie?
    • Beskryf die inhoud van Bergbron se salwing met die Heilige Gees.
    Feb 05, 202345:28
    Sondag 29 Januarie 2023 Nico van der Walt

    Sondag 29 Januarie 2023 Nico van der Walt

    Lees Openbaring 22:17

    Jan 29, 202349:02
    Sondag 22 Januarie 2023 Christiaan Mulder

    Sondag 22 Januarie 2023 Christiaan Mulder

    Lees: Jeremia 26: 1 - 15

    Waag om anders te wees!

    Jan 22, 202329:60
    Sondag 11 Desember 2022 Stephan Briel

    Sondag 11 Desember 2022 Stephan Briel

    Lees: Mat 2:1-12.

    Fokus: Mat 2:2,3.

    Wat is jou beeld van Jesus?

    Dec 11, 202236:02
    Sondag 4 Desember 2022 Stephan Briel

    Sondag 4 Desember 2022 Stephan Briel

    Lees: Gen 2:25 – 3:10.
    Fokus: Gen 3:7.

    Skaamte dryf ons om sondes vir God te probeer wegsteek.

    1. Oorsprong van skaamte.

    • Voor sondeval was daar geen skaamte (Gen 2:25). Na die sondeval was die eerste reaksie by die mens skaamte en vrees (Gen 3:10).
    • Adam en Eva se gewetensoë het oop gegaan nadat hulle gesondig het en skuldig gestaan het.
    • Sonde is die oorsprong van skaamte – sonde wat jyself doen asook sondige dade wat ander teenoor jou doen.

    2. Gevolge van skaamte.

    • Adam en Eva het hulle skaamte probeer bedek deur klere van vyeblare te maak en vir God te probeer wegkruip.
    • Alle maniere wat ons gebruik om ons skaamte mee te bedek is tevergeefs en nietig soos klere van vyeblare.
    • As jy vanweë sonde soos ‘n hopelose mislukking voel, bely dit eerlik voor die Here en aanvaar die vergifnis in Christus(1 Joh 1:9).
    • Bid dat die Heilige Gees deur die Woord jou geloofsoë sal oopmaak sodat jy jouself sal sien soos God na jou kyk in Christus.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Wat is die verskil tussen skuldgevoelens en skaamte?
    • Wat beteken dit dat Adam en Eva se oë na die sondeval oopgegaan het?
    • Noem maniere waardeur skaamte op mense geplaas word?
    • Wat is gewoonlik die reaksie as mense skaamte ervaar?
    • Watter maniere gebruik ons vandag om ons skaamte mee te bedek?
    • Hoe maak Christus ons vry van skaamte?
    Dec 04, 202248:43
    Sondag 20 November 2022 Stephan Briel

    Sondag 20 November 2022 Stephan Briel

    Lees: Kol 2:6-15.
    Fokus: Kol 2:13.

    Die lewe vanuit Christus se vergifnis!

    • In ‘n geestelike dooie en verrottende toestand het God ons liefgehad en aanvaar.
    • Christus het aan die kruis alles vernietig en vir goed weggeneem wat nog tussen ons en God gestaan het, sodat ons nou geestelik kan lewe in ‘n intiem persoonlike verhouding met God.
    • Die alles van God verskil van jou alles en my alles.
    • Omdat God in die perfekte hede bestaan, ken Hy al jou sondes nog voordat jy dit gepleeg het inhierdie dimensie van tyd en ruimte.
    • My kindskap hang nie van my optrede af nie, maar is ge-anker in die volmaakte bloed vanChristus.
    • Ek kan myself en ander nou ook aanvaar deur die bloed van Jesus! Alles is gegrond op die bloedvan Jesus!

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoekom aanvaar en het God ons lief?
    • Wat is die verskil tussen God se alles en ons alles?
    • Wat beteken dit dat God in die perfekte hede bestaan en nie gebonde is aan tyd en ruimte nie?
    • Wat beteken dit as ek altyd probleme het met die mense rondom my?
    Nov 20, 202234:15
    Sondag 13 November 2022 Stephan Briel

    Sondag 13 November 2022 Stephan Briel

    Lees: Kol 2:6-15.
    Fokus: Kol 2:14.

    Christus het die skuldbewys teen ons tot niet gemaak.

    • Ware skuld het niks te doen met skuldige gevoelens nie.
    • Elke persoon na die sondeval word gebore met ‘n “skuldbewys met sy eise.”
    • Menslike strategieë wat nie werk om van ons skuld ontslae te raak nie: Regverdigmaking deurgoeie werke; of godsdienstige agtergrond; of vergelyking.
    • God se oplossing vir ons skuld: Christus skryf met sy bloed “Ten volle betaal”, oor elkeen van onswat in Hom glo se “skuldbewys met sy eise.”

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Lewe jy uit God se genade of word jou lewe gedryf deur skuldgevoelens?
    • Was jy al skuldig sonder om skuldig te voel? (Gee voorbeelde)
    • Verduidelik die enigste oplossing hoe om van skuld voor God ontslae te raak.
    Nov 13, 202238:58
    Sondag 6 November 2022 Stephan Briel

    Sondag 6 November 2022 Stephan Briel

    Lees: Luk 15: 1-3, 11-32.
    Fokus: Luk 15: 28-30.

    God se liefde en aanvaarding is alleen uit genade in Christus.

    • Die oudste seun het ‘n wettiese verhouding met sy pa.
    • Die oudste seun koester wrokke teenoor sy jonger broer.
    • Die oudste seun was heeltemal onbewus van wie hy was en wat hy alles besit as kind van sy pa.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Het God se liefde en aanvaarding iets te doen met ons werke? Dit is alleen uit _____ in Christus.
    • Wat is baie keer die rede vir ‘n gebrek aan besorgdheid oor mense en ‘n traak-my-nie-agtigheid?
    • Wat verhinder jou dalk om uit te reik na sondaars en sosiaal verstotenes?
    Nov 06, 202239:32
    Sondag 30 Oktober 2022 Stephan Briel

    Sondag 30 Oktober 2022 Stephan Briel

    Lees: Luk 15:1-3,11-32.
    Fokus: Luk 15:23-24.

    Feesvierende God!

    • Alreeds in die OT het God Homself geopenbaar as ‘n God wat hou van feesvier en gedien word deur feeste.
    • Jesus se eerste wonderwerk was ook by ‘n bruilofsfees.
    • God is ‘n feesvierende God vir al die regte redes.
    • Keer terug met jou sondige lewe na God die Vader en word so ‘n genooide gas van die bruilofsmaal van dieLam.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoekom vertel Jesus hierdie gelykenis?
    • Watter leuen probeer Satan versprei aangaande God se karakter?
    • Wat verskaf uitbundige vreugde aan God die Vader?
    Oct 30, 202234:02
    Sondag 23 Oktober 2022 Stephan Briel

    Sondag 23 Oktober 2022 Stephan Briel

    Lees: Luk 15:1-3,11-32.
    Fokus: Luk 15:20-22.

    God se liefde in Christus vir sondaars en verstotenes.

    • God gee ons die vryheid om soms te misluk.
    • God is voortdurend op die uitkyk wanneer keer ons terug na Hom.
    • God verwyt nie maar is vol vreugde wanneer ons terugkeer na Hom.
    • Kindskap word dadelik herstel as ons terugkeer na God.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoekom vertel Jesus hierdie gelykenis?
    • Beskryf God die Vader se hart teenoor sondaars en verstotenes.
    • Op watter wyse word die jonger seun se posisie herstel in sy vader se huis?
    Oct 23, 202239:44
    Sondag 22 Oktober 2022 Christiaan Mulder

    Sondag 22 Oktober 2022 Christiaan Mulder

    Lees: Matteus 10: 34 - 39

    Keuses: Wat beteken dit om Jesus te kies?

    Oct 16, 202236:45
    Sondag 9 Oktober 2022 Stephan Briel

    Sondag 9 Oktober 2022 Stephan Briel

    Lees: Joh 1:1-18.
    Fokus: Joh 1:14.

    Jesus Christus is die openbaring van God se heerlikheid.

    Oct 09, 202243:04
    Sondag 2 Oktober 2022 Stepan Briel

    Sondag 2 Oktober 2022 Stepan Briel

    Lees: 2 Kor 3:12 – 4:15.
    Fokus: 2 Kor 4:4- 6.

    Christus is die openbaring van God se heerlikheid in ons.

    • Ons is draers van God se heerlikheid (vers 6).
    • Bedekking van God se heerlikheid in ons (vers 5).

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Hoe word ons draers van God se heerlikheid?
  • Hoe word God se heerlikheid in ons bedek?
  • Ons vra om verskoning vir die kwaliteit, daar was onbeplande kragonderbrekings

    Oct 02, 202239:05
    Sondag 25 September 2022

    Sondag 25 September 2022

    Lees: Jesaja 50: 4 – 7

    Die weg van die Kruis

    Sep 25, 202238:56
    Sondag 18 September 2022 Stephan Briel

    Sondag 18 September 2022 Stephan Briel

    Lees: Joh 8:1-11.
    Fokus: Joh 8:10-11.

    Pasop om ‘n Fariseër te wees!

    • Reëls word belangriker as mense.
    • Jou siening word God se siening.
    • Jou sondes probeer bedek met uiterlike wetsonderhouding.
    • Jesus keur nie die sonde goed nie, maar behou die sondaar (vers 11).

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Waarom kan ons vandag ook maklik soos Fariseërs word?
    • Verduidelik die kenmerke van ‘n Fariseër.
    • < li>Hoe hanteer Jesus sondaars?
    Sep 20, 202238:26
    Sondag 11 September 2022 Stephan Briel

    Sondag 11 September 2022 Stephan Briel

    Lees: 2 Kor 3:4-11 en 2 Kor 4:1-7 (OAV).
    Fokus: 2 Kor 4:2.

    Verwerp die verborge dinge van skaamte deur die waarheid in Christus.

    • God wil ons verander van heerlikheid tot heerlikheid (2 Kor 3:18) maar skaamte staan in die pad.
    • Beskaming sê vir jou jy is foutief in jou wese, jou bestaan is ‘n fout, jy het dit maar net nie wat nodig is in jou omstandighede nie.
    • Skaamte word op jou geplaas deur onverwagse woede uitbarstings van mense in gesagsposisies oor jou.
    • Skaamte laat jou op jouself, die erdekruik (verse 5,7), fokus.
    • Paulus noem 2 maniere waardeur ons ons skaamte probeer verberg: geslepe kundigheid en vervalsing van die Woord van God.
    • Hierdie maniere waarmee ons ons skaamte probeer verberg, moet ons verwerp deur “die waarheid aan die lig te bring…”
    • Die Heilige Gees laat ons in elke omstandighede fokus op die waarheid in Christus en bring so vir ons bevryding van skaamte.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoe blokkeer skaamte God se heerlikheid in jou lewe?
    • Op watter gebied van jou lewe voel jy waardeloos en hopeloos?
    • Op watter maniere probeer jy skaamte in jou lewe verberg? Wat doen jy om goed te lyk en te voel voor mense?
    • Wat is vir jou waar in Christus ivm ‘n spesifieke skaamte in jou lewe?
    Sep 11, 202242:49
    Sondag 4 September 2022 Stephan Briel

    Sondag 4 September 2022 Stephan Briel

    Lees: Rom 9:30 – 10:4.
    Fokus: Rom 9:32, 33 (1953 AV).

    Glo in Jesus Christus teen beskaamdheid.

    • God se manier van regverdiging in Christus het die Jode beskaamd gelaat omdat hulle staat gemaak het op hulle eie wettiese prestasies.
    • Verskil tussen skuld en beskaamdheid: skuld dui op foutiewe dade en beskaamdheid dui op foutief wees in jou wese.
    • Satan gebruik veral die volgende leuen om beskaamdheid op ons te plaas: Jou dade bepaal jou identiteit.
    • Die waarheid in God se koninkryk: Jy + Christus = ‘n heel mens met ‘n gelukkige en sinvolle lewe.
    • Christus het al ons beskaamdheid op Hom geneem en daarvoor versoening gedoen aan die kruis.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Verduidelik die verskil tussen beskaamdheid en skuld.
    • Word jou identiteit (wie jy is) bepaal deur wat jy doen, of word wat jy doen bepaal deur wie jy is?
    • Hoe bevry Christus ons van beskaamdheid?
    Sep 04, 202237:49