Skip to main content
Wellington-Oos Gemeente Podcast

Wellington-Oos Gemeente Podcast

By Cornis Botha

Enige iets van Wellington-Oos is hier te kry: oordenkings, preke en ander gesprekke.
Currently playing episode

MIDWEEK BIDSTOP #31 - PSALM 43 (11 NOVEMBER 2020)

Wellington-Oos Gemeente PodcastNov 10, 2020

00:00
09:54
Pinkster 2022: #05 Die Heilige Gees en sy gawes (2 Junie 2022)

Pinkster 2022: #05 Die Heilige Gees en sy gawes (2 Junie 2022)

Luister na die opname van ons vyfde Pinkster tema van 2022.

Opgeneem tydens die diens op 2 Junie 2022.

Jun 03, 202247:42
Pinkster 2022: #04 Die persoon en werk van Jesus (1 Junie 2022)

Pinkster 2022: #04 Die persoon en werk van Jesus (1 Junie 2022)

Luister na die opname van ons vierde Pinkster tema van 2022.

Opgeneem tydens die diens op 1 Junie 2022.

Jun 01, 202229:12
Pinkster 2022: #03 Die Mens en Sonde (31 Mei 2022)

Pinkster 2022: #03 Die Mens en Sonde (31 Mei 2022)

Luister na die opname van ons derde Pinkster tema van 2022.

Opgeneem tydens die diens op 31 Mei 2022.

May 31, 202235:15
Pinkster 2022: #02 God Drie-enig (30 Mei 2022)

Pinkster 2022: #02 God Drie-enig (30 Mei 2022)

Luister na die opname van ons tweede Pinkster tema van 2022.

Opgeneem tydens die diens op 30 Mei 2022.

May 30, 202231:16
Pinkster 2022: #01 God Praat, die Woord (29 Mei 2022)

Pinkster 2022: #01 God Praat, die Woord (29 Mei 2022)

Luister na die opname van ons eerste Pinkster tema van 2022.


Opgeneem tydens die diens op 29 Mei 2022.



May 29, 202238:10
Midweek Bidstop #71 - Lukas 17:11-19 (22 September 2021)

Midweek Bidstop #71 - Lukas 17:11-19 (22 September 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons oordink vandag ons sesde tema in ons 40 Dae reeks – die geloofsgewoonte van dankbaarheid. Ons teks is Lukas 17:11-19, die verhaal van die tien melaatses

Neem nou hierdie tyd en raak vir ’n oomblik stil in die teenwoordigheid van die Here – wet dat hy jou nou ontvang in sy arms van liefde en genade.

Sep 21, 202108:50
Midweek Bidstop #70 - Genesis 28:11-22 (15 September 2021)

Midweek Bidstop #70 - Genesis 28:11-22 (15 September 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons oordink vandag ons vyfde tema in ons 40 Dae reeks – die geloofsgewoonte om God te ontmoet. Ons teks is Genesis 28:11-22 wat handel oor Jakob se droom by Bet-al

Soos altyd, word jy uitgenooi om vir God te ontmoet in hierdie oomblik. Raak vir ’n oomblik stil en weet dat God Drie-enig hier teenwoordig is en jou ontvang in sy liefde en genade.

Sep 14, 202110:34
Midweek Bidstop #69 - Johannes 6:1-15 (8 September 2021)
Sep 07, 202109:24
Midweek Bidstop #68 - Lukas 10:38-45 (1 September 2021)

Midweek Bidstop #68 - Lukas 10:38-45 (1 September 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons oordink vandag ons derde tema in ons 40 Dae reeks – ons vra God’s vrae. Ons teks is Lukas 10:38-45, die bekende verhaal van Maria en Marta.

Soos altyd, word jy uitgenooi om nou, daar waar jy is, stil te raak in die teenwoordigheid van jou Skepper. Weet dat God Drie-enig jou nou in sy liefde en genade ontvang as sy kind.


__________________________________

Musiek:

Track: I Need Thee Every Hour

Artist: Salt of the Sound

Album: Meditations, Volume 3

Released: 2018

Link to original: https://youtu.be/ikwPASAGrxw

Aug 31, 202109:09
Midweek Bidstop #66 - Josua 4:20-24 (18 Augustus 2021)
Aug 17, 202110:09
Midweek Bidstop #65 - Efesiërs 4:17-24 (11 Augustus 2021)

Midweek Bidstop #65 - Efesiërs 4:17-24 (11 Augustus 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons lees vandag uit Paulus se brief aan die gemeente van Efese, spesifiek dan hoofstuk 4.

Jesus sê dat wanneer ons tot Hom nader, dan nader Hy aan ons – weet dan met ’n vaste sekerheid dat Jesus naby is en dat Hy jou nou ontvang in sy arms van liefde en genade.

Aug 10, 202108:57
Midweek Bidstop #64 - Openbaring 3:14-22 (4 Augustus 2021)

Midweek Bidstop #64 - Openbaring 3:14-22 (4 Augustus 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die laaste gemeente van Laodisea.

Raak vir ’n oomblik stil en weet dat jy, daar waar jy is, soos wat jy is, met vrymoedigheid na Jesus toe kan kom.

Aug 03, 202110:18
Midweek Bidstop #63 - Openbaring 3:7-13 (28 Julie 2021)

Midweek Bidstop #63 - Openbaring 3:7-13 (28 Julie 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die gemeente van Filadelfia.

Soos altyd wil ek jou uitnooi om daar waar jy is, net soos jy is, stil te word in die liefdevolle teenwoordigheid van jou Skepper.

Jul 27, 202111:25
Midweek Bidstop #62 - Openbaring 3:1-6 (21 Julie 2021)

Midweek Bidstop #62 - Openbaring 3:1-6 (21 Julie 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die gemeente van Sardis. Wees stil en weet dat Jesus nou, in hierdie oomblik, teenwoordig is.

Jul 20, 202110:05
Midweek Bidstop #61 - Openbaring 2:18-29 (7 Julie 2021)

Midweek Bidstop #61 - Openbaring 2:18-29 (7 Julie 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die gemeente van Tiatira. God Drie-enig is nou, hier, by jou teenwoordig.

Jul 06, 202109:41
Midweek Bidstop #60 - Openbaring 2:12-17 (30 Junie 2021)

Midweek Bidstop #60 - Openbaring 2:12-17 (30 Junie 2021)

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die gemeente van Pergamum. Neem hierdie geleentheid om stil te word voor die Here – dit is HY wat jou nou nooi om in sy teenwoordigheid te sit en met Hom te gesels.

Jun 29, 202108:53
Midweek Bidstop #59 - Openbaring 2:8-11 (23 Junie 2021)

Midweek Bidstop #59 - Openbaring 2:8-11 (23 Junie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die gemeente van Smirna. Jy word weereens uitgenooi om in hierdie tyd stil te word voor die Here en weet dat jy hier en nou, soos jy na die Here toe kom en by Sy voete kan sit.


________________


Music:

Artist: Salt of the Sound

Track: Be Thou my vision

https://www.youtube.com/watch?v=ZelKoxGvAdU

Jun 22, 202109:35
Midweek Bidstop #58 - Openbaring 2:1-7 (16 Junie 2021)

Midweek Bidstop #58 - Openbaring 2:1-7 (16 Junie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die gemeente van Efese. Jy word weereens uitgenooi om in hierdie tyd stil te word voor die Here en weet dat jy hier en nou, soos jy na die Here toe kom, geliefd is en by Sy voete kan sit.

Jun 15, 202109:56
Midweek Bidstop #57 - Openbaring 1:12-20 (9 Junie 2021)

Midweek Bidstop #57 - Openbaring 1:12-20 (9 Junie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons reis die volgende paar weke deur die briewe aan die 7 gemeentes van Openbaring en vandag gaan ons onsself instel om hierdie boek, wat dikwels verkeerd verstaan word, te hoor en God se stem daarin te vind. Ek nooi jou daarom om nou om daar waar jy is, net soos jy is, God Drie-enig in sy liefde en genade te ontmoet.

Jun 08, 202109:36
Midweek Bidstop #56 - Galasiërs 5:22-25 (26 Mei 2021)

Midweek Bidstop #56 - Galasiërs 5:22-25 (26 Mei 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Die afgelope twee weke het ons in die pinksterdienste weer onthou wat die vrug van die Gees was en hoekom dit belangrik is om hierdie vrug te dra. Vandag gaan ons dit vir ’n laaste keer oordink wanneer ons Galasiërs 5 weer hoor en ek wil jou uitnooi om hierdie as ’n samevattingsgeleentheid te gebruik.

Soos altyd, nooi ek jou uit om in hierdie oomblik tot rus te kom: daar waar jy is, net soos jy is, ontmoet God Drie-enig in sy liefde en genade.

May 25, 202108:42
Midweek Bidstop #55 - Johannes 14:1-6 (12 Mei 2021)

Midweek Bidstop #55 - Johannes 14:1-6 (12 Mei 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons staan hierdie week weer stil by ons Sondag teks en gaan God se woord hoor uit Johannes 14 uit.

May 11, 202108:53
Midweek Bidstop #54 - 1 Johannes 4:16-21 (5 Mei 2021)

Midweek Bidstop #54 - 1 Johannes 4:16-21 (5 Mei 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer.

Ons het die afgelope Sondag uit 1 Johannes 4 gelees en gaan vandag weer in hierdie gedeelte wandel.

Mag jy God Drie-enig in sy Woord ontmoet!

May 04, 202109:09
Midweek Bidstop #53 - 1 Johannes 2:28-3:7 (21 April 2021)

Midweek Bidstop #53 - 1 Johannes 2:28-3:7 (21 April 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer.

Ons herbesoek vandag 1 Johannes 2:28-3:7.

Mag jy in hierdie oomblik tot rus kom by God Drie-enig.

Apr 20, 202110:39
Midweek Bidstop #52 - Lukas 24:28-35 (14 April 2021)

Midweek Bidstop #52 - Lukas 24:28-35 (14 April 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer.

Ons lees vandag uit Lukas 24 - die bekende verhaal van die Emmausgangers.

Mag jy in hierdie oomblik tot rus kom by God Drie-enig.

Apr 13, 202109:18
Midweek Bidstop #51 - Johannes 20:19-23 (7 April 2021)

Midweek Bidstop #51 - Johannes 20:19-23 (7 April 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Die graf is leeg! Die dood is oorwin. Ons gaan die volgende paar geleenthede rus by hierdie realiteit van die opgestane Jesus - vandag, vanuit Johannes 20.

Mag jy in hierdie oomblik tot rus kom by Hom en sy vrede ervaar.

Apr 06, 202110:39
Midweek Bidstop #50 - Johannes 12:12-16 (31 Maart 2021, Lydenstyd 6)

Midweek Bidstop #50 - Johannes 12:12-16 (31 Maart 2021, Lydenstyd 6)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons het die afgelope Sondag, Palmsondag gevier, wat spesifiek terugkyk na Jesus se intog in Jerusalem en die kontras wat Hy daar ervaar teenoor die gebeure van die kruis. Ons gaan dit vandag uit Johannes 12 hoor.

Mar 30, 202108:48
Midweek Bidstop #49 - Johannes 3:14-21 (17 Maart 2021, Lydenstyd 4)

Midweek Bidstop #49 - Johannes 3:14-21 (17 Maart 2021, Lydenstyd 4)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Tydens lydenstyd, loop ons saam met Jesus na die kruis toe en ons lees vandag die bekende Johannes 3. Jesus daag ons vandag uit om diep na binne te reflekteer, veral wanneer ons bely dat ons in Hom glo.

Ek wil jou uitnooi om nou, daar waar jy is, tot rus te kom en stil te raak voor God Drie-enig met die wete dat Hy jou ontmoet, net soos jy is.

Mar 16, 202109:37
Midweek Bidstop #48 - Johannes 2:13-22 (10 Maart 2021, Lydenstyd 3)

Midweek Bidstop #48 - Johannes 2:13-22 (10 Maart 2021, Lydenstyd 3)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Die lydenspad wat Jesus stap is vol geleenthede waar Hy sy eie dood aankondig en terselfdertyd iets van God se wil openbaar. ’n Goeie voorbeeld hiervan is by die reiniging van die tempel. Ons gaan vandag daarvan lees uit Johannes 2.

Mar 09, 202110:15
Midweek Bidstop #47 - Markus 9:2-9 (3 Maart 2021, Lydenstyd 2)

Midweek Bidstop #47 - Markus 9:2-9 (3 Maart 2021, Lydenstyd 2)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Vir die volgende paar weke word ons herinner aan die lydingspad wat Jesus na die kruis stap. Vandag lees ons van die verheerliking op die berg uit Markus.

Ek wil jou uitnooi om nou, daar waar jy is, tot rus te kom en stil te raak voor God Drie-enig met die wete dat Hy jou ontmoet, net soos jy is.

Mar 02, 202110:35
Midweek Bidstop #46 - Johannes 13:31-35 (24 Februarie 2021, Lydenstyd 1)

Midweek Bidstop #46 - Johannes 13:31-35 (24 Februarie 2021, Lydenstyd 1)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Vir die volgende paar weke word ons herinner aan die lydingspad wat Jesus na die kruis stap. Vandag, by ons eerste geleentheid, gaan ons na Johannes 13 luister.

Neem nou hierdie oomblik en raak stil voor God Drie-enig met die wete dat Hy daar waar jy is, net soos jy is, teenwoordig is.


Feb 23, 202109:39
Midweek Bidstop #45 - Markus 1:9-13 (17 Februarie 2021, Aswoensdag)

Midweek Bidstop #45 - Markus 1:9-13 (17 Februarie 2021, Aswoensdag)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Vandag is As Woensdag – waar die kerk regoor die wêreld stil word en vir 40 dae tot Paasnaweek, haarself herinner aan die lydenspad wat Jesus gestap het tot by die kruis. Ons word vandag aan die begin van hierdie pad herinner, wanneer ons uit Markus 1 gaan lees.

Neem nou hierdie oomblik en raak stil voor God Drie-enig met die wete dat Hy daar waar jy is, net soos jy is, teenwoordig is.

Feb 16, 202110:31
Midweek Bidstop #44 - 1 Konings 19:9-13 (10 Februarie 2021)

Midweek Bidstop #44 - 1 Konings 19:9-13 (10 Februarie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Vandag se teks kom uit 1 Konings, die bekende verhaal van Elia wat die Baälpriesters uitdaag en die Here wat die vuurkolom uit die hemel stuur. Ons vind Elia waar hy wegvlug van die wraak van koningin Isebel en hoe hy by Horeb vir God ontmoet.

Neem nou hierdie oomblik en raak stil voor God Drie-enig met die wete dat Hy teenwoordig is.


Feb 09, 202109:34
Midweek Bidstop #43 - 1 Samuel 3:1-11 (3 Februarie 2021)

Midweek Bidstop #43 - 1 Samuel 3:1-11 (3 Februarie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons reis hierdie keer vêrder in die Woord en kom tot stilstand by 1 Samuel 3 waar ons die verhaal van ’n jong Samuel se roeping lees. Neem nou ’n oomblik en raak stil in die teenwoordigheid van die Here: Hy is, daar waar jy nou is, teenwoordig en jy kan net soos jy is, tot rus kom.

Feb 02, 202110:27
Midweek Bidstop #42 - Deuteronomim 6:4-9 (27 Januarie 2021)

Midweek Bidstop #42 - Deuteronomim 6:4-9 (27 Januarie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Vandag se teks kom vanuit Deuteronomium 6:4-9, waar God vir Israel herinner aan die verbond en die wet wat daardie verbond in standhou. Neem nou hierdie tyd en word sommer stil waar jy jouself nou bevind – weet dat God Drie-enig ons in Sy liefde en genade ontmoet.

Jan 26, 202109:55
Midweek Bidstop #41 - Eksodus 1:1-7, 2:23-25 (20 Januarie 2021)

Midweek Bidstop #41 - Eksodus 1:1-7, 2:23-25 (20 Januarie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons skuif hierdie week na Eksodus toe, waar ons lees oor Israel en Egipte, die uittog en die ontvang van die Wet nadat God weer SY verbond met hulle sluit.

Vandag lees ons twee gedeeltes uit Eksodus: hoofstuk 1:1-7 en hoofstuk 2:23-25.Jy kan daar waar jy is, stil word en fokus op God wat ons uitnooi om nou naby aan Hom te wees.


Jan 19, 202109:60
Midweek Bidstop #40 - Genesis 22:1-2, 6-14 (13 Januarie 2021)

Midweek Bidstop #40 - Genesis 22:1-2, 6-14 (13 Januarie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons gaan die volgende paar weke na verhale in die Bybel luister wat getuig oor die Hoop wat ons as gelowiges koester – veral in tye wat dit voel asof hoop totaal en al afwesig is.

Ons luister vêrder na verhale van hoop in Genesis 22, waar God byna die onmoontlike vir Abraham vra – dat hy sy enigste seun, Isak, offer. Ons ons word stil en ons fokus op God wat ons uitnooi om nou naby aan Hom te wees.

Jan 12, 202109:44
Midweek Bidstop #39 - Genesis 15:1-6, (6 Januarie 2021)

Midweek Bidstop #39 - Genesis 15:1-6, (6 Januarie 2021)

Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons gaan die volgende paar weke na verhale in die Bybel luister wat getuig oor die Hoop wat ons as gelowiges koester – veral in tye wat dit voel asof hoop totaal en al afwesig is.

Hierdie week begin ons in Genesis 15, die bekende verhaal van God wat hoop bring vir ’n kinderlose Abraham. Kom ons word stil en fokus op God wat ons uitnooi om nou naby aan Hom te wees.


Jan 05, 202109:27
Midweek Bidstop #38 - Filippense 2:5-11, (30 Desember 2020)

Midweek Bidstop #38 - Filippense 2:5-11, (30 Desember 2020)

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons uitgenooi word om vir ’n oomblik in stilte voor die Here te wees en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.

Dis kort na Kersfees en ons kan onsself opnuut herinner aan die verhaal van Jesus se geboorte. Die nag wat Hy gebore is, die krip waarin Hy neergelê is, die wyse manne en herders wat die Koning kom besoek het. Jesus het aarde toe gekom, omdat Hy jou onvoorwaardelik lief het. Neem ’n oomblik en herinner jouself aan die LIEFDE wat ons in Jesus koester.

Dec 29, 202010:09
Midweek Bidstop #37 - Matteus 22:34-40, (23 Desember 2020 - Liefde)

Midweek Bidstop #37 - Matteus 22:34-40, (23 Desember 2020 - Liefde)

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.

Ons is in die Advent seisoen, waar ons opnuut fokus op die twee komste van Jesus – sy eerste koms waar Hy as mens gebore is en ook Sy tweede koms wat ons nog verwag – wanneer Hy op die wolke weer kom om sy kinders te kom haal. Ons besin vandag oor die vierde fokuspunt in Advent – liefde. Jesus wys vir ons hoe liefde lyk. Hy self is die volmaakte liefde van God in die gestalte van ’n mens. Elkeen wat in Hom glo en in Hom lewe, leef in liefde. Liefde verander alle dinge en vergaan nooit nie.

Neem ’n oomblik en herinner jouself aan die LIEFDE wat ons in Jesus koester.

Dec 22, 202009:36
Midweek Bidstop #36 - Psalm 5:12-13, (16 Desember 2020 - Vreugde)

Midweek Bidstop #36 - Psalm 5:12-13, (16 Desember 2020 - Vreugde)

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.

Ons is in die Advent seisoen, waar ons opnuut fokus op die twee komste van Jesus – sy eerste koms waar Hy as mens gebore is en ook Sy tweede koms wat ons nog verwag – wanneer Hy op die wolke weer kom om sy kinders te kom haal. Ons besin vandag oor die derde fokuspunt in Advent – Vreugde. Ons word vandag herinner dat ons vreugde in God en sy Seun, Jesus Christus is. Soos vrede is vreugde ’n geskenk van God. Vreugde kom oor ons en vul ons wanneer ons onthou wat God gedoen het en wat Hy belowe het om nog te doen

Neem ’n oomblik en herinner jouself aan die VREUGDE wat ons in Jesus koester.

Dec 15, 202009:50
Midweek Bidstop #35 - Johannes 14:27, (9 Desember 2020 - Vrede)

Midweek Bidstop #35 - Johannes 14:27, (9 Desember 2020 - Vrede)

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.

Ons is in die Advent seisoen, waar ons opnuut fokus op die twee komste van Jesus – sy eerste koms waar Hy as mens gebore is en ook Sy tweede koms wat ons nog verwag – wanneer Hy op die wolke weer kom om sy kinders te kom haal. Ons besin vandag oor die tweede fokuspunt in Advent – Vrede. Ons word vandag herinner dat volmaakte vrede in God en in Jesus Christus gevind word en dat ons ook in die week wat voorlê, daaraan herinner sal word.

Neem ’n oomblik en herinner jouself aan die Vrede wat ons in Jesus koester.

Dec 08, 202009:17
Midweek Bidstop #34 - Klaagliedere 3:21-24, (2 Desember 2020 - Hoop)

Midweek Bidstop #34 - Klaagliedere 3:21-24, (2 Desember 2020 - Hoop)

Welkom by die Midweek Bidstop!

Ons is in die Advent seisoen, waar ons opnuut fokus op die twee komste van Jesus – sy eerste koms waar Hy as mens gebore is en ook Sy tweede koms wat ons nog verwag – wanneer Hy op die wolke weer kom om sy kinders te kom haal. Daarom kyk ons vandag na die eerste fokuspunt in Advent – HOOP. Ons hoop is in God en in sy Seun, Jesus Christus. Hy is deur God aangewys om te oordeel oor alle dinge en hy is die een deur wie God belowe het om sy volk te verlos.

Mag jy herinner word aan die HOOP wat ons in Jesus koester.

Dec 01, 202009:50
MIDWEEK BIDSTOP #33 - PSALM 100 (25 NOVEMBER 2020)

MIDWEEK BIDSTOP #33 - PSALM 100 (25 NOVEMBER 2020)

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.

Hierdie jaar voel dalk vir jou soos die laaste gedeelte van ’n maraton: die wedloop is amper klaar, jy kan voel jy is moeg en die eindstreep is naby, maar daar moet nog gehardloop word. Wanneer ons moeg is en die eindstreep voel nog vêr, kan ons vir ’n oomblik kom stil word voor die Here. Neem hierdie tyd om asem te skep, bene te rek en te weet – God ontmoet jou daar waar jy is.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag uit Psalm 100

Nov 24, 202009:48
MIDWEEK BIDSTOP #32 - JOHANNES 1 (18 NOVEMBER 2020)

MIDWEEK BIDSTOP #32 - JOHANNES 1 (18 NOVEMBER 2020)

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.

Die jaar kom na sy einde toe en jy voel dalk moeg, uitgeput en leeg getap. Jesus nooi jou om weer te kom herlaai by sy voete – om bewus te word van sy hier wees. Nou, in hierdie oomblik, kan jy kom soos jy is en net wees.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag uit Johannes 1

Nov 17, 202011:45
MIDWEEK BIDSTOP #31 - PSALM 43 (11 NOVEMBER 2020)

MIDWEEK BIDSTOP #31 - PSALM 43 (11 NOVEMBER 2020)

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.

Ons lees vandag uit Psalm 43.

Mag jy God Drie-enig opnuut ervaar in hierdie oomblik.

Nov 10, 202009:54
MIDWEEK BIDSTOP #31 - 1 KORINTIËRS 1:18-25

MIDWEEK BIDSTOP #31 - 1 KORINTIËRS 1:18-25

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Neem hierdie geleentheid en raak stil: kom tot rus by Jesus se voete en weet dat jy in hierdie oomblik, welkom is

Hier en nou, kan jy kom soos jy is – God weet en Hy verstaan; by Hom kan jy net wees.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag 1 Korintiërs 1:18-25


Nov 03, 202010:47
Midweek Bidstop #30 - Psalm 1 (28 Oktober 2020)

Midweek Bidstop #30 - Psalm 1 (28 Oktober 2020)

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Jy word genooi om by God Drie-enig te kom sit, om by Hom tot rus te kom.

Waar jy ook al is – in jou binnekamer of in die kar op pad werk toe – is die Here ook. Neem hierdie tyd om stil te word en te weet – God Drie-enig ontvang jou, net soos jy is, in sy liefde en genade.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag Psalm 1

Mag jy God ontmoet, daar waar jy is.

Oct 27, 202010:34
MIDWEEK BIDSTOP #29, 21 OKTOBER 2020

MIDWEEK BIDSTOP #29, 21 OKTOBER 2020

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Jy word genooi om by God Drie-enig te kom sit, om by Hom tot rus te kom.

Hy ontvang jou in sy arms van liefde; Hy nooi jou om vir ’n oomblik te vergeet van die laste waaraan jy swaar dra; Sy las is lig en Sy juk is sag – in hierdie oomblik by die Here, kan jy sonder om voor te gee, net wees.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag Matteus 7:24-29

Oct 20, 202010:49
MIDWEEK BIDSTOP #28, 14 OKTOBER 2020

MIDWEEK BIDSTOP #28, 14 OKTOBER 2020

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. God Drie-enig nooi jou in hierdie oomblik om by Hom te kom sit, om by Hom tot rus te kom.

Neem hierdie oomblik en raak stil, plaas jou dag en week opsy en weet: God Drie-enig is nou hier, Hy ontvang jou as sy kind, hy ontmoet jou soos jy is en by Hom kan jy net wees.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag Matteus 7:21-25

Oct 13, 202009:04
MIDWEEK BIDSTOP #27, 7 OKTOBER 2020

MIDWEEK BIDSTOP #27, 7 OKTOBER 2020

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. God Drie-enig nooi jou in hierdie oomblik om by Hom te kom sit, om by Hom tot rus te kom.

Hy deurgrond ons harte en gedagtes, niks is vir Hom versteek nie. Hy weet alles van jou, jou diepste emosies en worstelinge, jou vreugde en geluk – en Hy nooi jou, net soos jy is, om in sy arms van liefde te kom sit en net te wees.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag Matteus 7:15-20

Oct 06, 202008:35