Skip to main content
Diensplig

Diensplig

By Herklink

diensplig.org is 'n onpartydige, onafhanklike mondelingse geskiedenisprojek oor die Grensoorlog van 1966 - 1989. 'n Projek deur herklink.co.za
Available on
Google Podcasts Logo
Pocket Casts Logo
RadioPublic Logo
Spotify Logo
Currently playing episode

Gedigte in bloed geskryf

DienspligFeb 21, 2022

00:00
04:54
Die ouens noem my Roland

Die ouens noem my Roland


Genl.maj. Roland de Vries was altesame 37 jaar in diens van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en die nuwe Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Sy loopbaan strek van voor tot ná die 23 jaar lange Grensoorlog, en is nou verweef met die geskiedenis van die Ratel-gevegsvoertuig en sy geliefde regiment, die gevierde 61 Gemeganiseerde Bataljongroep. Hy word beskou as een van die mees invloedryke bevelvoerders en een wat die moeite gedoen het om werklik oor die teorie van oorlogvoering te besin en ’n eiesoortige Suid-Afrikaanse militêre doktrine sonder weerga te ontwikkel. Hier is 'n boodskap aan sy troepies.

Jul 20, 202302:34
Menskleur

Menskleur

“Ek was gelukkig dat ek nie in baie kontakte was nie. Die manne van 32 [Bataljon] en die Koevoet-manne, dáái ouens het dag in en dag uit kontakte gehad. Ek was gelukkig gewees. Ek het net drie keer kontak gehad in die twee jaar wat ek diensplig gedoen het. Uhm, en dan ’n operasie tydens my Burgermagkampe. Ja, ek het maar drie keer kontak gehad met die vyand.”

Arnold* vertel my nie van ’n kontak nie. By hom spook die aksie nie, maar dit wat ná ’n kontak kom. 

Volle onderhoud in die boek.

Jul 07, 202302:44
Gedigte in bloed geskryf

Gedigte in bloed geskryf

Gert vertel van 'n insident in Januarie 1983 tydens Operasie Askari waar hulle die dorpie Cuvelai moes gaan "skoonmaak". "Skoonmaak", vir diegene wat nie met die term bekend is nie, is om na afloop van 'n veldslag op te ruim: dit sluit weermagvoertuie en -toerusting, landmyne en lyke in. Toe hy op 'n FAPLA-soldaat se lyk afkom, vind hy tot sy skok 'n Bybel in sy sak. Op die vooraand van hul geveg het die SAW-kapelaan vir hulle 'n vers uit Psalm 55 gelees: "Mag die dood my vyande oorval." In die FAPLA-soldaat se Bybel is 'n boekmerkie by Fillipense 4:13: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." Hy sluit af met 'n gebed wat hy 30 jaar na die oorlog neergepen het:

Vader, bevry my van lankal se goed

Dit bly kleef aan my soos ou bloed

Gedagtes, flitse van onthou wat my verslind

Ek dra dit saam, ek was jonk, deur patriotisme verblind

U ken die groot plan, U ken my seer

Te veel het gesterf, nou ontneem van alle eer,

Help my God, om te vergeet, om te vergewe

Help my om aan te gaan, te lewe,

Here, ek weet U staan aan my sy,

Raak aan my, maak my vry

Vat weg hierdie bloed van lankal se goed

Sodat ek kan proe, die lewe, so soet


Feb 21, 202204:54
Weet jy wat's 'n terrie-oor?

Weet jy wat's 'n terrie-oor?

"Dis basis lykskending," verduidelik Danie.

Nov 21, 202101:00
Hoenders koop, op 'n Reënboognasie hoop

Hoenders koop, op 'n Reënboognasie hoop

Anelia gesels met Danie oor sy weermagloopbaan wat 'n "groot jôl" was, hoekom hy homself tans voorberei op 'n Suid-Afrikaanse burgeroorlog, en of daar enigsins hoop op versoening is. 

Nov 10, 202125:47
Ouens is ernstig oor hierdie sh*t

Ouens is ernstig oor hierdie sh*t

"Die medic probeer hierdie ou mond-tot-mond gegee, en dan val hierdie halfdooie mens se lippe af, op die medic se lippe," vertel Tobie oor 'n necklacing insident in die townships. Oor die Uniegebou Bom: "Jy kon nie mooi sien of dit 'n arm of 'n been is nie."
Sep 16, 202107:33
Watter een van my seuns?

Watter een van my seuns?

Almarie vertel van die dag toe sy van haar seun se dood op die Grens verneem.
Sep 16, 202100:41
Die NG Kerk het teen ons gedraai

Die NG Kerk het teen ons gedraai

Na 3 dekades van sy stryd teen alkoholisme sê Herman: "Daar was nie ondersteuning vir ons nie."

Jul 26, 202101:26
Twee uiteenlopende 2.4's

Twee uiteenlopende 2.4's

"Jy dra jou maatjies oor. Niemand bly agter nie." 

"Dis so draffetjie wat jy in basies moet doen. Hulle maak 'n moerse f*kken lawaai daaroor."

Jul 05, 202103:41
Hoe ondersteun 'n kerk daai goed?!

Hoe ondersteun 'n kerk daai goed?!

Elana, wat haarself voorstel as "die enigste les in die SAPS" gesels oor hoe dit vir haar was om in '83 lede van die ANC in die tronkselle op te pas.

Jun 25, 202102:45
As ek weer moet gaan veg, dan sal ek.

As ek weer moet gaan veg, dan sal ek.

Was dit die moeite werd? Is die ANC vandag nog ons vyand? Sarel dink so.

Jun 23, 202103:06
Pala-f*kken-borwa

Pala-f*kken-borwa

"Die snaakse goed het eintlik al met kadette begin," vertel Johan.

May 18, 202101:37
Crimplene was aan die orde van die dag

Crimplene was aan die orde van die dag

Anelia gesels met Arina Jooste - een van die eerste groep van 128 dames wat in 1971 by die Burgerlike Beskermingskollege aangesluit het.

May 12, 202101:42
Die absolute gelykmaker

Die absolute gelykmaker

"Die weermag het nie gediskrimineer nie, ten minste nie vir die eerste 2 jaar nie. Almal was maar ewe k*k as jy daar aankom."

May 06, 202101:24
Jy sien sy houding aan sy boshoed

Jy sien sy houding aan sy boshoed

"Dit was nie so erg nie. Meeste van ons het maar net army toe gegaan en dan hoop jy maar jy kom lewendig daaruit."

May 06, 202102:52
"Baie storie'tjies"

"Baie storie'tjies"

"Daar was baie meer storie'tjies as wat daar bloed was," sê Johan.

"My ma ken 'n paar oudsoldate. Dit kan 'n goeie projek wees... as jy dit reg aanpak," sê Chris.

May 03, 202104:04