Ek gesels inleidend oor ons energie behoeftes en hoe ons energie kan spaar en verder kan laat rek. In volgende episodes gaan ek na spesifieke energiesake kyk. Daar is baie potensiële maniere om energie meer doeltreffend te gebruik en permakultuurbeginsels help om die potensiaal te ontdek. Jy kan 'n afspraak maak om met my te gesels oor jou energie behoeftes en ander permakultuur vraagstukke deur vir my 'n koffie te koop.