JanOosthuizen
By Jan Oosthuizen
JanOosthuizenDec 14, 2021
Die HEMEL is 'n werklikheid
’n Nuwe wetenskaplike studie van naby-dood ervarings BEWYS onteenseglik "daar is LEWE na die DOOD. (Evidence of the Afterlife | Largest NDE study reveals proof of life after death | The science of Near-Death Experiences | Jeffrey Long & Paul Perry). Van die 1300 mense wat aan die studie deelgeneem het is die volgende stories konsekwent waargeneem: 1. Buite-liggaamlike ervaring (BLE): Skeiding van bewussyn van die fisiese liggaam 2. Verhoogde sintuie 3. Intense en oor die algemeen positiewe emosies of gevoelens 4. Beweeg deur 'n tonnel 5. Ontmoet 'n mistieke of briljante lig 6. Ontmoet oorlede familielede of vriende (selfs diegene wat jy nie geweet het al dood is nie) 7. 'n Gevoel van verandering van tyd of ruimte 8. Lewensoorsig 9. Ontmoet onwêreldse (“hemelse”) wesens 10. Ontdek of leer spesiale kennis 11. Kom by 'n grenslyn of hindernis 12. 'n Terugkeer na die liggaam, óf vrywillig of onvrywillig Van hierdie persone was blind, ek kon tydens die ervaring hulle eie liggame en omgewing sien. Mense wat naby-dood-ervarings het, kom van regoor die wêreld, oor die spektrum van Oosterse of Westerse godsdienstige, en ook geen religieuse agtergrond, ryk en arm, geletterde en ongeletterd, en selfs kinders onder 10jr oud! Almal het baie werklike ervarings van 'n ANDER wêreld waar tyd nie bestaan nie. Leer meer hiervan in hierdie REEKS Preke - Jan Oosthuizen #NDE #NearDeathExperiences #AfterLife #Eternity #EternalLife #Spirituality
Gebede wat Beantwoord Word
Die laaste tyd voel ek in my gees, ’n groter dringenheid om te bid. Ons beleef natuurlik ook meer nood en drama, en gevolglik roep ons die Here aan in hierdie tye van nood. Maar hoe beweeg ons van versoeke bid tot die Here tot praklamasies en dade waar ons een is met die Here om Sy wil te doen? Gebede dus wat beantwoord word! Luister na hierdie boodskap as jy jou gebedslewe wil vernuwe!
Work Through Your Pain
Work Through Your Pain, or in other words, MATURE through your pain. Pain is not pleasant for anyone! No one human being is exempt from suffering the pain of all kinds of loss. Some numb the pain and ignore it, but then it only escalates and becomes bigger. "He sent a man before them— Joseph—who was sold as a slave. They hurt his feet with fetters, He was laid in irons. Until the time that his word came to pass, The word of the LORD tested him." Psalm 105:18 Joseph, as a type of Christ, shows us a path to not only work through our pain, but overcome it and use it to redeem others!
Redes hoekom ons altyd SELFVERTROUE in Christus kan hê.
What happened while Jesus was in the Grave for 3 days?
His EMPOWERING Grace
Many among us are wrestling with the Goliaths of economic hardship and health challenges, battles that test our faith, endurance, and existence. In most cases, these calamities were not our fault, and we have not brought these hardships upon ourselves! Sometimes, we are at fault and also need mercy and grace. Nevertheless, knowing what caused the hardship does not always get us out of trouble. Sometimes, bad habits must be acknowledged and replaced by healthy ones. But to get out of trouble, one needs a solution, a means of deliverance; we all need HIS ABILITY to empower us to change and move from victim to victor! How to receive His EMPOWERING Grace in times of loss of health or income. His grace empowers us to do what is right. hrco.co.za/sermons/his-empowering-grace/
Learn Critical Thinking Skills from the MASTER
In the unfolding journey of life, the way we harness our thoughts not only carves our path to success but also aligns us with the discerning gaze of the Lord, who examines the depths of our minds and hearts. Who better to guide us in mastering this art than the Master Himself—Jesus Christ? In the modern world and the current information revolution of increasing Social Media Echo Chambers, Misinformation and Fake News, Political Polarization and group identities, Consumer Choices and Environmental Impact, Health and Wellness Misconceptions, the shortcomings of Educational Systems, poor Financial Decisions and Investment Scams it has become of paramount importance that we learn to THINK!! #Think #Logic #Reason #MentalAttitude #Sober #RightMind
🧠 Maintaining the MIND of Christ in ALL circustances 🧠
Maintaining the MIND of Christ in ALL circumstances. Our biggest battle is in the Mind. We can’t always prevent what happens to us, but we can determine how we will think and respond to what has happened! “As a man thinks so if he” Believers have received the MIND of CHRIST as part of His righteousness as a gift. The battle is to keep this gift and remain in the Spirit of your mind in Christ! This sermon is a VITAL RESOURCE in your life survival kit! Learn how to cultivate CHRISTLIKE thinking in all circumstances!
Wat is die voordele om Jesus te volg?
Daar is geen groter voorreg en seën in hierdie lewe, as om ’n kind van God genoem te wees nie! Onder baie druk en spanning vergeet ons soms hierdie sentrale realiteit - ek is ’n kind van God! Luister vandag na Chantal Oosthuizen as sy jou inspireer en innerlik versterk om te sien wat God sien, en jouself te anker in Sy liefde! Ons verwelkom ook vandag 7 jongmense van Experience Mission VSA, wat vir ’n maand lank in ons gemeenskap gaan werk en bedien!! https://experiencemission.org / experiencemission Ons is ook dankbaar vir elkeen se getroue finansiële ondersteuning in ons gemeente en bediening. https://hrco.co.za/donasies/ https://pay.yoco.com/harvesterchurch Rekening naam: Harvester Gemeente Cederberg Rekening Nommer: 4107732514 Tak Kode: 632005 Bank: ABSA Clanwilliam (Havester is ’n geregistreerde NPC)
Beoefen Deernis deur die Gawes vd Heilige Gees
Ons lewe in ’n wêreld met so min deernis en empatie! Mense is hard, en genadeloos, sommige word op sosiale media openlik verkleineer, en ons skinder van mekaar sonder grense of feite. Die NT kerk is deur die Heilige Gees bemagtig om deur die bonatuurlike GAWES wat Hy in ons werk, vir mekaar om te gee!! Kom ondervind ’n samekoms waar gelowiges onder die Leiding van die Heilige Gees mekaar bemoedig, stig, en opbou! Die gesonde LIGGAAM van Christus is die genialiteit van God! #Empatie #Deernis #Omgee #Daarwees
Die Krag van EMPATIE in tye van verdeeldheid
"Verstaan die geestelike krag van empatie in tye van kulturele, etniese, godsdienstige, en ideologiese mededinging." https://hrco.co.za/sermons/the-power-... #empathy #breakthrough #superpower #spirituality
Chantal Oosthuizen bedien die Woord van die Here om ons te bemoedig in tye van swaarkry en nood! Jesus se aanraking was altyd sag en liefdevol,
Chantal Oosthuizen bedien vanoggend die Woord van die Here om ons te bemoedig in tye van swaarkry en nood! Jesus se aanraking was altyd sag en liefdevol, Hy sien dieper as die menslike oog. Hy sien jou!
Die Verlore Kuns van Ware Berou
Jy is welkom om hierdie AANLYN BELEWENIS saam met ons meetemaak! Die Verlore Kuns van ware Berou: 'Ek is Jammer, Vergewe My Asseblief' het ’n verlore frase in ons moderne samelewing geword. Niemand sê meer JAMMER nie! Ons regverdig ons verkeerd. Ons blameer iemand anders, en wys hulle foute uit. Ons is selfgeldend en voel geregtig om te doen nes ons wil, sonder om enige iemand anders in ag te neem. As ons op ons verkeerd gewys word is ons nie jammer nie, maar kwaad en agressief en val die slagoffer aan! Soms sê ons jammer, maar verander nie ons gedrag nie. Dit is TYD dat SA ons BEKEER! “As julle julle bekeer en rustig wag, sal julle gered word. As julle stil op My vertrou, sal julle krag hê.” Isa 30:15#bekeer #regmaak #restitusie #belydenis #erkenning #sondebesef #berou #gedragverander #bekering hrco.co.za/preke/die-verlore-kuns-van-berou/
Hoekom wil die mensdom GOEIE mense vernietig?
Een van die raaisels van ons menslike bestaan, is dat almal se goed nie goed genoeg vir almal is nie. Almal sê hulle doen goed, maar bring skade soms sonder dat hulle dit weet. Ander doen werklik goed, maar sommige mense soek hierdie goeie persone se ondergang! Hoe is dit moontlik dat die mees goeie persoon wat ooit geleef het, wreed aan ’n kriminele kruis vasgenael is? Wat is God se standaard van Goed? So baie mense wat eens goed gedoen het, het moed verloor want die oormag van ondankbare, selfsugtige eiegewin het GOEDWEES in die openbaar verslaan. Ware goedgunstigheid vir ander is onder geweldige aanslag! KOM KRY WEER NUWE HOOP EN KRAG OM AAN TE HOU GOED DOEN!!! https://hrco.co.za/sermons/the-vilifi...#GoodUnderSeige #GoodorGod #MoralCompass #RealGoodness
Doen BESIGHEID in plaas van OORLOG
ry nuwe HOOP vir RSA deur God se teenmiddel van pragmatiese interpreneurskap in elke mens te ontgin - Ons is geskape om 'n SEËN vir die mensdom te wees. Die pendalum van humanistiese, liberale sekulêre humanisme het sy verste swaai geswaai. Ons gaan regoor die wêreld 'n terugswaai begin sien in denke vir 'n meer progressiewe behoudende waarde gedrewe samelewing. Van globalisering na lokalisering Van multikulturalisme na waarde gedrewe nasiebou. Van gelykheid na geregtigheid. Van menseregte tot menseverpligtinge. Van Individualiteit tot groter samewerking. Van irrasionaliteit tot gesonde verstand. Van oppervlakkige tot diep, betekenisvolle verhoudings. Van ongekontroleerde uitdrukking tot robuuste publieke feite-kontrolering en debat Van wetteloosheid na herstellende geregtigheid. Dit is nou die tyd vir GELOWIGES om hulleself te posisioneer vir etiese, koninkryk-gerigte-waarde-sisteme in sakeondernemings wat 'n positiewe verskil maak. (Redemptive Misional Business) Die kerk is die opleiding sentrum en ondersteuning netwerk wat sakelui help floreer. https://hrco.co.za/sermons/do-busines...
Behou jou BALANS
In ’n wêreld wat jou gereeld probeer omvergooi - BEHOU jou BALANS. Die lewe is nie maklik nie, baie kronkelpaaie met styl opdraandes, en gladde afdraandes. In hierdie boodskap ontdek ons Christus se geheim hoekom Hy te midde van al die aanslae, koersvas bly! #Balans #Fokus #Objektief #waarheid #Nugter
Die Bloudruk vir God se onwankelbare GUNS
Wat is die Bloudruk na God se onwankelbare GUNS is ’n eeue oue soeke en begeerte vir baie. Veral as dit mos sleg gaan, wonder ons oor God se GUNS. In hierdie boodskap gaan ons deur die skrif hierdie vraagstuk ondersoek, en sien hoekom Abel, Noag, Abram, Josef, Moses, Dawid, Solomo, Daniel, Nehemia Ester guns by God gekry het!! https://hrco.co.za/sermons/a-blueprin...#Favor #blessing #goodwill #Glory #Excellence
In afwagting vir die WEDERKOMS van die HERE!
Regoor die wêreld is daar ’n diepe verlange en afwagting vir die koms van die HERE, nie net omdat daar pandemies, OORLOË, en hongersnood of tekens van die tye tans ervaar word nie, maar omdat ons harte SUG en UITROEP vir verlossing!! KOM HERE JESUS KOM!! Dit is die tyd waarin die Here Sy verbond met Sy kinders, die regverdiges bekragtig! Hy is ’n waarmaker van Sy Woord, Hy sal Sy beloftes gestand doen, aan die wat Hom kies, en volgens Sy wee leef en handel! #Wederkoms #JESUS #CHRISTUS #Deurbraak #Belofte #Waarheid #IsJyGereed? #KomHereJesusKom #DitIsNouDieTyd
BO ALLES DIEN DIE HERE!
Hierdie laaste paar maande voel soos 'n wipwa rit van uitgelate vreugdevolle hoogtes, en dreigende onheilspellende laagtes! Na jare se pogings, begin dit voel of ons gemeenskap stadig maar seker nader aan mekaar beweeg, soos ook met die onlangse Ramskop Natuurtuin heropening en opgradering te danke aan DANKIE LOTTOLAND se belegging in ons dorp. Ons glo hulle het moontlik iets gesien wat ons lankal nie meer raakgesien het nie: hier woon wonderlike mense in Clanwilliam! #BloomingAmazingMense Ek dink aan die honderd en vyftien kindertjies wat vyf dae 'n week 'n voedsame ete kry as gevolg van 'n anonieme vermoënde man se maandelikse kontribusie, al voel dit soos 'n druppel in die emmer in die lig van die nuutste syfers wat ons met ons SAFERKIDS samesprekinge verkry het. Minstens 150 kinders onder 12jr oud in ons dorp, gaan nie meer skool nie, en dwaal honger in ons strate rond. Ek sit ek en kyk in die moedige oë van 'n kleuterskool onderwyseres Maryke Davids in ons Ubuntu ECD in Citrusdal, Riverview Plakkerskamp, en moet skaam verduidelik dat ons nie meer geld het om die deure oop te hou nie. Dit voel of vyftien jaar se onbaatsugtige wonderlike werk verdwyn soos water uit 'n stukkende glas in die droë grond. Ek het nie al die antwoorde nie! Op 'n ander dag sit 'n paar honderd mense dorstig en wag in die NGK saal vir Minister Mchunu dat ons versekering kan kry dat bouwerk aan die Clanwilliam Dam inderwaarheid nou begin het! Ons voel onseker maar opgewonde, dinge is besig om te draai! Ons is onseker, want volgens Dawie Roodt, die onlangse spreker by ons Sakekamer, is ons land nog nie deur die kantelpunt nie, hier wag nog 'n paar reuse uitdagings op ons, veral in die lig van volgende jaar se verkiesing! Dit alles terwyl ons daagliks die beelde oral op die media sien van die oorlog in Israel! Toe hierdie nuus op 7 Oktober breek, staan ek in Bloemfontein tussen 'n paar duisend gelowiges en roep die Here aan, dat HY ons nog 'n kans sal gee!! Daar op 'n heuwel buitekant die Rosestad, buig ons ons knie, en hou hande vas, Ons GEE weer ons land aan JESUS!! Saterdagaand 29 Oktober wen die bokke hulle 3rde wêreldbeker wedstryd, met net een naelskraap punt!! Die somtotaal van al die punte van hierdie 3 wedstryde is 111. Toeval? Nee, toe val die lig! Die Here geen ons nog 'n kans, maar dit is 'n dun garing draadjie van hoop!! Ons gaan nie op die arm van die vlees kan staatmaak nie, nee ons staan in nederige verootmoediging: "Here ons het U nou meer as ooit so baie nodig!" Godsdienstigheid gaan nie die merk haal nie! Die dae van toeskouer lidmaatskap is verby! Vir 23 jaar preek ek op elke denkbare platform en plek in hierdie streek!! Ek is betrokke en sigbaar op feitlik elke komitee en raad in die dorp!! Ons gemeente is Sout en Lig!! Hier en daar klop iemand my op die skouer! Dankie Pastoor! Twee keer hierdie week is ons kerk propvol mense, die een was vir Dawie Roodt se toespraak die ander was vir Eddie Casey se begrafnis.
Bedrieglike Spieëls
Ons is geskape om dit wat ons om ons waarneem te spieëlbeeld. Ons taal, kultuur, geloofopvattings, en waardes word oor jare gevorm deur die mense en situasies waarin ons onsself bevind. Hoe tragies moet dit wees, as jy jou lewe lank jou selfbeeld geformuleer het deur in ’n verwronge spieël te kyk. Ons is geskape na God se beeld, en is die mooiste mense wanneer ons Hom reflekteer. Tog verloor ons soms so maklik fokus, en word betower deur ’n false beeld, van wie ons werklik is… wat lei tot ’n misrekende identiteit en bewussyn. Kom kyk in die refleksie van God se Woord en sien jouself soos HY jou sien! #waarheid #bewussyn #identiteit #reaksie #misleiding #valshede #JesusChristus #refleksie #beelddraers
Die 1ste ding wat jy altyd eerste moet doen!
The acronym VUCA, which stands for Volatility, Uncertainty, Complexity, and Ambiguity, can be translated to Afrikaans as: Volatiliteit (V) Onsekerheid (U) Kompleksiteit (C) Ambiguïteit (A) Dit is hoe mens elke dag VOEL - ONSEKER en MAGTELOOS Jesus verkondig ’n nuwe leefstyl! ’n Gans anderse perspektief en blik op die wêreld! “Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Mat 6:33 Kom LEER en ondek JESUS se geheim vir ’n vervulde LEWE! 🎁 die GESKENK van SY Geregtigheid 🎁 #KerkisLekker #JesusisLewe #Eerste #Exchange #NewOperatingSystem
OORLOPENSTOEVOL VAN DIE HEILIGE GEES
ense probeer allerhande dinge om innerlik tevrede en vervuld tewees… stokpertjies, beroepsukses, rykdom, status, vakansiewegbreek… OM EINTLIK NOG STEEDS LEEG EN ALLEEN TE WEES!!! Dalk is dit nou tyd om terug te keer na die HERE toe, en VOL te word van die HEILIGE GEES!!! Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul!! (Efe 5:18) Preeknotas: https://hrco.co.za/sermons/overflow-b...#Herlewing #DraaiTerug #HeiligeGees #Volheid #Volkome
Hoe om in TYE van STORMS te FLOREER
Ons almal beleef tans die storms van die lewe. Ons kom nie uit met ons geld nie, mense om ons roep uit vir hulp, want daar is nie werk nie. Reuse vloede en verwoesting! Politieke onsekerheid! Misdaad en Korrupsie! Sosiale verval! Net waar jy kyk is daar storms, mens voel oorweldig!!
Dit is hoe n samelewing lyk wat kies om SONDER GOD n bestaan te probeer maak!!
Vir die gelowige is dit egter nie die einde nie!! Vir meer as 5000 jaar, van Noag en Abraham tot Paulus en Johannes, vertel die Bybel verhale van gelowiges wat in tye van storms FLOREER!
#Hoop #Glo #StaanVas #Toewyding #Fokus #Lighuis #storms #omgee
Bou Jy of BREEK jy.
Nehemia se storie inspireer vandag nog! Jerusalem se vervalle mure wat in puin le vir 70 jr, word in 52 dae herbou! Vandag dank ek die HERE vir BOUERS in ons gemeenskap. Kinders van die Here wat by Sy naam geroep is, elkeen in sy of haar spesifieke plek en rol, bnesig om te bou. Ons lewe in CHRISTUS skep n positiewe atmosfeer van OPBOUING, bemoediging, en bevestiging. Selfs ons swaarkry, is om ander te bemoedig en te versterk...#Skepmoed #Bou #Bemoediging #Versterking #Opheffing #Opbouing #Hoop #Geloof #Liefde
Die samekoms van Gelowiges vanuit n REGERING perspektief
Terwyl Daniel voor die magtige maar ook wrede Koning Nebukadneser verskyn verklaar hy:"Sy koninkryk is n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!" (Dan 4:3) God se Koninkryk is n onverganklike ewige (Ps 145:13) onwankelbare (Heb 12:28) en REGERING. Die regerings van die mens is tydelik en wispelturig, gebaseer op die arm van die vlees...#Regering #Onwankelbaar #Versterking #Barmhartiging #Mandaat #Vrede #Reformasie #Hemels #Koninkryk
Die Kerk as SOUT en LIG in 'n toksiese wêreld
Die wêreld wat ons bewoon is belaai met morele verval en geestelike duisternis. Ons is opdrag gegee om die sout en lig in hierdie wêreld te wees. Jy is in die wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. Sout was in antieke tye gebruik as bemesting in grond om plante beter te laat groei, en op ontlasting hope om kontaminasie en verspreiding van gevaarlike organismes te keer. Ons is dus God se AGENTSKAP in hierdie Wêreld om die verspreiding van immorele, anti-christus, verwoestende idees, woorde en dade te keer. Asook ’n gesonde leefwyse van geregtigheid te laat floreer. Leer hoe elke saligspreking in Mat 5:1-12 'n slag van goddelike genialiteit is om morele verval te keer en geregtigheid te laat seëvier. https://hrco.co.za/sermons/the-church... #NuweLewe #InChristus #Waarheid #Geregtigheid #Heilig #Anders #Standaarde
Discover Your Divine Destiny: Unveiling Your Role in Christ's Spiritual House
In the midst of the relentless pressures exerted by society, it's all too common to feel compressed and molded into shapes that don't truly reflect who we are. Just like trying to fit square pegs into round holes, we often find ourselves attempting to conform to norms and regulations that don't align with our values and beliefs. The prevailing sentiment is that a sense of disconnection, confusion, and disorientation prevails. Amid this search for genuine purpose and significance, we often traverse misguided paths, seeking fulfillment in all the wrong corners of life. Much like wanderers without a homeland, citizenship, community, or family, we all share the feeling of being adrift. It's as if we're seeking a place to belong, yearning for an anchor that secures our identity in a rapidly changing world. Here is the GOOD news!!! YOU HAVE A HOME!!!
Jesus Christus IN en ONDER julle!
Jare gelede voor ’n mannekamp op Gobabis, vertel ’n paartjie vir my hulle slegte belewenis toe hulle vir ’n paar maande ’n sendeling gesin in hulle huis geneem het. “soos ek hier sit weet ek nie eers of ek ooit gered is nie!” Vertel die vrou onder trane. Die man rook pyp… hy is van die begin af verdoem, want ware kinders van God rook nie! Niks wat hulle gedoen het was reg nie. Van die wyse hoe hulle, hul kinders opvoed, tot hoe hulle kos maak. Terwyl ek hulle storie hoor… soek ek in my gees antwoorde… en begin saggies bid: Here hoe maak ons wat hier gebeur het reg? Sekerlik het hierdie sendelinge hulle bes probeer doen, en geglo hulle help. “Sommige mense probeer hulle weergawe van Jesus in mense forseer, in plaas daarvan om dié Jesus wat alreeds daar is te laat na vore kom” Ek het nog nooit hierdie sinnetjie gelees of van gehoor nie! Hierdie perspektief het egter my lewe en bediening verander!! Kom hoor more meer oor hierdie onderwerp: “Christus in/onder julle die hoop op Heerlikheid” (Kol 1:27) Sermon NOTES: https://hrco.co.za/sermons/christ-wit...
Haal jy God se Standaard van REG lewe?
Sonder standaarde sou die alledaagse lewe wat ons ken eenvoudig nie werk nie. Standaarde is nodig om veiligheid, betroubaarheid en interoperabiliteit te verseker, van tegnologiese toestelle tot kantoor en huishoudelike items tot dienste wat die wêreldekonomie aanvuur. Sonder internasionaal aanvaarde standaarde sou daar geen vertroue in die globale voorsieningsketting van goedere en dienste wees nie. God het egter eerste aan die mens STANDAARDE gestel - die Bybel is ’n versameling van God se standaarde van REG lewe! Jesus waarsku telkens wat sal gebeur as ons nie GOD se STANDAARDE handhaaf en daarvolgens leef nie! Kom LEER in die hierdie Boodskap van JESUS SE GESKENK VAN GEREGTIGHEID wat ons instaat stel om volgens Sy wil reg te lewe. Die evangelie boodskap stel nie net die REGLEEF standaarde nie, maar bemagtig ons ook om daarvolgens te leef. Die Woord, en die Heilige Gees saam met die Liggaam van Christus word dan ook ’n objektiewe toets meganisme om te sien of ons wel volgens God se Standaard Reg leef. Mattheus 25:1-44 #standaarde #RegLeef #Heiligheid #Oordeel
Die liefde van Jesus bo alles
Hierdie week ontdek ek Jesus Image, die kerk van Michael Koulianos in Orlando VSA en word diep geraak deur hulle onpretensieuse alleen fokus net op die allesgenoegsaamheid van Jesus Christus! Terwyl ek luister na Holy, Holy, Holy are you Lord ( • Holy Are You Lord... ) word ek herinner aan my eerste liefde JESUS, hoe Hy ’n bleek gewone eenkant seuntjie van 13 aanraak en deelmaak van Sy buitengewone familie van Radikale Gelowiges en Heiliges! Mag ons weer en weer van vooraf VERLIEF raak op Jesus ons Here en Meester, Vriend en Vertroueling! JY IS WELKOM OM SAAM MET ONS JOU LIEFDE VIR JESUS TE KOM VIER! Sondae Dienste Clanwilliam 9:30 Blommekerk Citrusdal 17:00 Pomario Privaat Skool PREEKNOTAS: https://hrco.co.za/sermons/to-love-je...#JesusAlleen #JesusChristus #JesusSentreerd #JesusIsHere
Vind Jou Geluk in Eenwording met die Here
TEMA: Floreer in die blywende GELUK van ons eenwording IN Christus ons Here. Hoe lyk ware geluk werklik? Is dit iets vlugtigs wat kom en gaan flietend soos ons gemoedstoestand verander, of is dit iets meer blywends? Ons leef in 'n paradoksale wêreld waar die lande met die hoogste gelukindeks ook die hoogste selfmoordsyfers en gebruik van antidepressante het. Dit bring ons by ’n fundamentele vraag: Wat is die aard van ware GELUK? Word dit gevind in die opeenhoping van rykdom, sukses en wêreldse genot? Is geluk te vind in ’n nuwe huwelik, ’n sekere beroepstatus, of die perfekte figuur? Bring jou vriende, familie, en geliefdes om saam te deel in hierdie GELUK-vervulling-en-innerlike-vreugde wat Jesus ons bied deur in SY GEREGTIGHEID te lewe! Ons sien uit daarna om jou te verwelkom en om saam in die viering van ons eenwording met die Here te wees. Sien jou daar! 🙌✨ Preeknotas: https://hrco.co.za/sermons/the-pursui... #Kerkbyeenkoms #GelukInEenwordingMetGod #Geloofsreis #Blommekerk #PomarioPrivaatskool #Sondagaanbidding
Die Eenvoud van die Evangelie
Tydlose relevansie te midde van moderne verwarring. Voel jy verlore in vandag se komplekse godsdienstige en filosofiese landskap? Wil jy 'n pad na geloof vind wat eenvoudig en maklik is? Ons almal smag na 'n manier om sin te maak van die swaarkry in die lewe. Wat as daar 'n pad na ware betekenis en vervulling is wat eintlik redelik eenvoudig is? Die goeie nuus is, daar is ’n WEG! ONTVANG & GLO die eenvoudige evangelie; 'n reguit benadering tot Christenskap wat duidelikheid en hoop bring aan diegene wat 'n dieper betekenis in die LEWE soek. Geïnspireer deur Dr. Peter Kreeft se insigte uit sy boek "Tussen Allah en Jesus," sal ons delf na die skoonheid en betekenis van die primitiewe, eenvoudige, tydlose evangelie in die aangesig van post-moderne agnostisisme en ’n groeiende Godlose samelewing. Sermon Notes in English: hrco.co.za/sermons/the-simple-gospel/ #BackToBasics #Eenvoud #Nugterheid #Fokus #Sekerheid #Ankers #Fondamente #Tydloos #Waarheid
Van Woestyn na 'n Tuin
Ons nooi jou hartlik uit om te kom deel in Christus se Liggaam, familie, gesin en gemeenskap van gelowiges. Ons is in die GEES een met mekaar, maar daar gebeur iets baie spesiaal en uniek wanneer ons bymekaar kom, die Here saam loof, saam hoor en luister ingestel op die Heilige Gees, mekaar bemoedig en versterk en vol word van Sy Woord! #gemeente #familie #gesin #liggaam #saamwees #eenheid
🚫🤔 Die gevaar van ongegronde OORDELE en AANNAMES - VOOROORDELE
Op hierdie Vaderdag wil ons 'n bemoedigende gedagte met julle deel oor die belangrikheid om te verstaan waarom valse oordele skadelik kan wees. Selfs in ’n gesin, tussen ’n pa en sy kinders. Valse oordele is dikwels gebaseer op vooroordele, stereotipes, en selfs gerugte. Dit kan lei tot onregverdige behandeling van mense en veroorsaak dat ons nie die ware waarde en potensiaal in ander sien nie. Hierdie VOOROORDELE breek gemeenskappe af en verhinder ware verhoudings en verdraagsaamheid. Ons Vader in die hemel, wat ons as 'n liefdevolle Vader ken, het ons geleer om regverdig en liefdevol te wees teenoor ander. Op hierdie spesiale dag waar ons die Here dank vir ons Vaders, nooi ons julle uit om saam met ons te kom en te leer oor die skadelike gevolge van valse oordele en hoe ons ons verhoudings kan verbeter deur 'n regverdige, liefdevolle en oop hart te hê. Ons gemeentefamilie is 'n gemeenskap van mense wat strewe na 'n dieper begrip van mekaar en liefde vir die Here. Ons sien daarna uit om julle te verwelkom op ons spesiale Vaderdagdiens. Bring gerus familie en vriende saam om saam met ons te wees. Laat ons saam leer en groei in die liefde van ons Hemelse Vader. Mag God se rykste seëninge jou deel wees. Preeknotas: https://hrco.co.za/sermons/the-danger... Hartlike groete, Harvester Gemeente Cederberg #JouGemeente #JouFamilie #Behoort #AlmalWelkom #hartlik #gemaklik #inklusief #Liefdevol #omgee
Die Krag van Gesonde AGENTSKAP
📣 Invitation to Discover the Power of Creational Agency! 🌟 Dear friends, Are you searching for the right tools to fulfill your purpose in life? Just as using the perfect tool for a job brings efficiency and success, understanding the power of agency can revolutionize your journey. Join us as we delve into the concept of creational agency and its transformative impact on our lives and the church. In this sermon "Know the Power of Creational Agency," we explore the incredible diversity God designed in His creation. From predators to insects, birds to reptiles, each species serves a unique purpose. Similarly, as we grow in Christ, our individual callings, identities, and talents become clearer. Together, we form a beautiful tapestry, known as God's Genius, where every believer contributes their unique agency. Don't miss this opportunity to gain fresh insights and be inspired to live out your unique purpose within the body of Christ. Join us on this journey of discovering the power of creational agency! Spread the word and invite your friends and family to join us as Jesus builds a healthy, radiant church that testifies to the manifold wisdom of God. See you there! Sermon Notes: https://hrco.co.za/.../know-the-power... #agency #purpose #unique #diversity #together #family #tribe #nation #church #collective #unity #health #ecosystems #harmony
Fluister - Hoe om God se stem te onderskei.
Fluister - How om God se stem te onderskei. In sy boek "Whisper" ondersoek Mark Batterson die diepgaande belangrikheid daarvan om te leer om die stem van God te hoor. Hy begin deur die Tomatis-effek te beskryf waar Dr Tomatis uitgevind het dat opera sangers hulle vermoë verloor om te sing as gevolg van doofheid. - Jy kan net praat dit wat jy hoor! Ons leef in tye van oorweldigende GERAAS vasgevang in ’n krisis van morele verval - Die enigste manier uit die doolhof van te veel stemme, invloede, opinies en false geloofsoortuigings is die “SAGTE STIL STEM”van die Heilige Gees in Christus! Verfyn jou luister vaardighede en hoor die mees belangrikste Stem in jou lewe! Notas: https://hrco.co.za/sermons/hearing-th...#Stilte #Fluister #Aandag #Fokus #Diepte #Besluite #Rigting
🔥 DIe uitstorting vd Heilige Gees 🔥
“Die Uitstorting vd Heilige Gees” Hoe die Here van ’n bang Petrus wat Jesus verloën ’n kragtige getuie gemaak het. (Hand 2) Die Handelinge 2 - UITSTORTING vd Heilige Gees gebeurtenis word die eerste kontak punt met die KRAGSTASIE van die KERK. Wanneer gewone diverse mense van byna elke klas en kleur inprop by hierdie BONATUURLIKE kragbron verander hulle na KRAGDADIGE VREESLOSE ONGEVEINSE getuies van JESUS IN MY die HOOP op HEERLIKHEID! Kom word HERLAAI en BEKRAGTIG in die GEES!! https://hrco.co.za/preke/die-uitstort... #Pinkster #Pinkstererfenis #Kragdadigheid #Bonatuurlik #Buitengewoon #Vreesloos #Getuie #InnerlikSterk #Kragbron
5 Maniere om Boodsheid te Oorwin
Die wêreld raak al hoe meer boos! So baie mense is vasgevang in die strik van die Duiwel om Sy wil te doen. 2 Tim 2:26 …Hulle besef dit nie eers nie… Hoe kan ons vry bly van die duiwel se valstrikke en oorwin teenoor boosheid, ongeregtigheid, verkeerd en verwoesting? 🛡️ Taktiek 1: Oorwin die Kwaad deur Goed te doen Ontdek hoe dade van vriendelikheid en vergifnis die siklus van kwaad breek en God se liefde laat oorwin. 💪 Taktiek 2: Ons Stryd is Geestelik, Nie Liggaamlik Ontdek die waarheid dat ons uiteindelike stryd verder lê as menslike konflikte, en leer hoe om toegang tot God se krag te verkry om te oorwin. 🌈 Taktiek 3: Openbaar God se Wysheid Verken die rol van die Kerk om God se wysheid, eenheid en liefde uit te leef as 'n kragtige teenwoordigheid teenoor die kwaad. ⛔ Taktiek 4: Weerstaan Valsheid en Staan Sterk Leer hoe om leuens, valse ideologieë en versoekings te identifiseer en te bestry, wat teenstrydig is met God se waarheid. 🔥 Taktiek 5: "Gaan weg, Satan!" Ontdek die gesag en krag wat ons in Christus het om die slinkse planne van die vyand te weerstaan en te oorwin. Preek Notas: https://hrco.co.za/uncategorized/5-st... #OorwinDieKwaad #OorwinSaam #geestelikeWeerbaarheid #Oorwinning #vryheid
Siege the Gates
In 'n tyd waarin dit makliker is om deur vrees, twyfel, en apatie oorweldig te word, daag Jesus se tydlose woorde in Matteus 16:18 ons uit om op te staan en die hekke van die HEL aan te val en ons familie en vriende wat deur die mag van satan vasgevang is te gaan bevry! “Op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.." Matteus 16:18. Hierdie Skrif bevestig dat wanneer ons ons geloof kombineer met radikale dade van verlossing daar geen beperking is tot wat ons kan bereik nie. #boldness #radikaleGeloof #Aksie #Verlossing #Bevryding #Onverskrokke #Vreesloos #Deurbrake #Oorwinning Ons onthou ook die ONVERSKROKKE Heldinne van die Geloof op MOEDERSDAG - Ester, Debora, Rut, Prescilla, Joan of Arc, Moeder Teresa, Corrie Ten Boom!
MAAK DIE REGTE BESLUITE
MAAK DIE REGTE BESLUITE!
The Full Spectrum of LOVE
Sermon Series #1 Abiding in the Throne-Room Love is the ONLY way to sustain LIFE and live a meaningful life. Life without LOVE is HELL. By remaining in HIS LOVE we experience continual Heaven on Earth. https://hrco.co.za/sermons/the-full-s...#LoveIs #TrueLove #Love #JesusChrist #GodIsLove #LoveTest #AbideInHim
Die Gekruisigde Lewe
Jesus het 'n lewe van selfverloëning geleef lank voor Sy kruisiging. Hy het Sy aardse feilbare ouers gehoorsaam tot Hy 30 jaar oud was. Hy het verkies om as 'n ambagsman Sy bestaan te maak eerder as om 'n priester, fariseër, skrifgeleerde of deel van die godsdienstige elite - Die Sanhedrin te word. Hy het gekies om in die klein berugte dorpie Nasaret te bly, eerder as in die weelderige Sephoris of Tiberius. Hy het min wonderwerke gedoen gedurende hierdie vroeë jare en het geen ambisie gehad om bekend te word voordat die tyd reg was nie. LEER hierdie Paasnaweek die geheim van die OPSTANDINGLEWE in JESUS CHRISTUS… #surrender #selfabondonment #selfloos #selfforgetful #contentment #meekness #selfdenial #takeupyourcross #bearYourCross
Koninkryk Gereedskap
Die Here laat ons nooit WEES te midde van krisis en swaarkry nie. Hy bekragtig ons met Geestelike Gereedskap wat elke moeilike situasie kan ontsluit. Die sleutels van die koninkryk is nie vir ’n vertoon kas nie. Dis ’n hemelse goddelike benadering tot die lewe. Die wat hierdie sleutels gebruik kry die onmoontlike reg! (2 Kor 6:1-10) Sermon NOTES: https://hrco.co.za/sermons/kindgom-to...#Deurbrake #Oorwinning #OopDeure #JesusChristus #Koningkryk
Die voordele om ten spyte van LYDING aan te hou om die Here te DIEN
Iemand vra die vraag: "Hoekom kry die kinders van die Here so swaar?" Waarheid is paradoksaal en 'n antinomie: God is Liefde, maar God is Regverdig. Jesus was volkome mens soos ons, maar Hy was ook God. Die oorvloedsteologie staan in kontras met lydingsteologie, en blyk op geen manier versoenbaar te wees nie. Die een groepering verheerlik voorspoed as die hoogste vorm van spiritualiteit, die ander armoede. In hierdie boodskap word daar deur 10 NT skrifgedeeltes gewerk om te sien hoe BEIDE lyding en voorspoed agente in God se hand is om ons Sy mooiste juwele te maak tot Sy eer! As jy nie regdink oor die lewe nie, kan jy nie reg glo nie en derhalwe nie reg handel nie! Laat die Woord jou denke vernuwe om deur lyding gehoorsaamheid te leer - GELOOF wat dié wêreld te oorwin! NOTAS: https://hrco.co.za/preke/ten-spyte-va...
Hoekom is ons samelewing so AGGRESSIEF?
https://hrco.co.za/preke/hoekom-is-die-mensdom-so-aggressief/
Profetiese Rigtingwysers in tye van Onsekerheid
In hierdie onsekere ekonomiese tye is ons almal bekommerd oor die toekoms. Ons is letterlik seker van niks nie. In die laaste dekade is al die fondamente van ons moderne samelewing geskud: Klimaatverandering en gevolglik meer uiterse droogtes en vloede; die 2008 Bankkrisis met reuse finansiële instellings wat oornag in duie stort; die 18 maande inperkings van Covid 19 en geliefdes wat skielik van ons weggeruk is sonder dat ons hulle fisies kon groet, oorlog in die Oekraine met skynbaar geen einde in sig nie, op ons tuisfront is ons uitgelewer aan beurtkrag en soms gepaardgaande water tekorte, asook landswye swak dienslewering. Staatskaping en politieke onstabiliteit laat elke belastingbetaler wat moet swoeg en sweet vir oorlewing se bloed kook!! Die werklikheid is ook, dat daar geen kitsoplossing vir hierdie probleme nie. Is ons hulpeloos uitgelewer aan hierdie omstandighede of het ons as gelowiges insig of enige ander perspektief op die wyse hoe die mensdom tans ontwikkel? Ons begin Maandag aan met 'n nuwe AANLYN BYBELSKOOL waar ons die 12 kleiner profete gaan bestudeer, en antwoorde en rigtingwysers soek om God se Hart en Wil te verstaan in tye van ontwrigting en onsekerheid. VANDAG SE BOODSKAP IS 'N LUSMAKER en INLEIDING tot hierdie KURSUS. https://hrco.co.za/bybelskoolkursusse... #Profesie #Toekoms #onsekerheid #ontwrigting #Eindtye #Perspektief #Rigting
Wandel in die Gees - toegang tot die Genialiteit van God
In die OT was die fokus op wetsonderhouding, in die NT is die fokus op “wandel in die Gees”. “ Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” Gal 5:16 Telkemale lees mens hoe die apostels en eerste gelowiges in/deur die Gees natuurlik bonatuurlike dinge vermag het. Leer in hierdie boodskap om ook meer deur die Heilige Gees beheer te word.
Nie alle goed is GOED vir jou nie!
DIe groot misleiding van GOED genoeg. Jesus skok ‘n goeie, welvarende, wetsgehoorsame jongman wat voor Hom op sy knieë val en vra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Daarop sê Jesus vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. (Mark 10:18) #misleiding #goed #beter #beste #gehoorsaamheid #waarheid
When in War, Create
Depressed and Anxious, do something creative with your hands.
Spesiale Aanlyn Belewenis
Ons vier die geboorte van Jesus Christus ons Heer, en Verlosser! Wat is die Ware gebeure rondom Jesus se Geboorte? Wanneer ons Jesus in menslike konteks reg sien en verstaan, word die bonatuurlike wêreld meer toeganklik. Hoe meer ons onsself inleef in die normale menslikheid van die gebeure rondom Jesus se geboorte, hoe meer werklik word Sy bestaan, en word ons geestelike oë geopen tot die realiteit van hoe bonatuurlik menslik Hy vandag nog in ons lewens werk.