Skip to main content
Die lewe en ander onbenullighede

Die lewe en ander onbenullighede

By Chante Kelder

Dis lekker om te lewe en hoewel ons belangrike goed het om elke dag op te fokus moet daar ook plek wees vir die onbenullighede. Die lewe is ook vol interessante mense met ewe interessante stories en hierdie is die versamelpunt vir daardie stories. Episodes word minimaal geredigeer om die egtheid van die onderhoude te behou. Kom kuier saam!
Available on
Apple Podcasts Logo
Castbox Logo
Google Podcasts Logo
Pocket Casts Logo
RadioPublic Logo
Spotify Logo
Currently playing episode

Leef lig, confessions en kayak-avonture met Jaco Strydom

Die lewe en ander onbenullighedeFeb 20, 2021

00:00
34:53
Robotte, wetenskapfiksie en skryfwenke met Annerle Barnard

Robotte, wetenskapfiksie en skryfwenke met Annerle Barnard

Ek het so rukkie terug die geleentheid gehad om met Annerle Barnard te gesels oor haar boek, Spel.
Tussendeur het ons ook sommer gesels oor skryfwenke, hoe sy haar karakters lewe gee en wat ons volgende uit haar pen kan verwag. Spel is vol aksie en naelbytoomblikke maar daar is ook oomblikke wat jou hart gaan raak en jou gaan laat dink. Wat as mens teen blikbrein te staan kom in 'n gevaarlike spel? Wat as jy nie anders kan as om vreemdelinge te vertrou nie? Wat as jou wêreld skielik verander? Wat as...
Kom kuier saam!
Mar 05, 202242:54
Spioenmeesters, kodename en koverte operasies met Henning van Aswegen
Dec 15, 202139:00
Stoepkuiers en sonneblomme vir elke dag met Susan Coetzer

Stoepkuiers en sonneblomme vir elke dag met Susan Coetzer

Die wêreld het meer sonneblomme eerder as knieserige rosies of klaende hangkopwilgers nodig. Daarom is Susan Coetzer se nuutste inspirasie-boek, ’n Sonneblom vir elke dag, juis nou só nodig. Op ’n baie bewolkte en reënerige Saterdag in November het Chanté vir Susan gaan kuier om te gesels oor die nuwe boek, hoe om met jou innerlike sonneblom te connect en sommer net al die lekker dinge van sonneblom-mense wees. Skink ’n koppie tee en kom kuier saam.

’n Sonneblom vir elke dag is by alle vooraanstaande boekwinkels beskikbaar en is die perfekte Kersgeskenk vir die sonneblomme in jou lewe.

*Hierdie episode is op Susan se stoep opgeneem, daar is dus agtergrond geluide soos voëltjies wat sing, bure wat gras sny en die klank van donderweer wat opsteek.

Dec 01, 202146:13
Cowboys mag maar huil, Binnelanders en die lewe se draaie met Reynhardt Hugo
Aug 22, 202126:01
Leef lig, confessions en kayak-avonture met Jaco Strydom

Leef lig, confessions en kayak-avonture met Jaco Strydom

Jaco Strydom, dromer, priester en rubriekskrywer kuier op Die lewe en ander onbenullighede om te gesels oor sy nuutste boek, die Echo-gemeenskap en goedkoop reis met ’n kayak as jou voertuig. Jy kan ook ’n getekende kopie wen, besonderhede in die episode!

*Intro: Uitreksel uit Jaco se boek, met toestemming opgeneem

Koop Jaco se boek hier: https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796322555

Vind meer uit oor Echo Youth hier: https://www.echoyouth.co.za/

Koop wyn by Smooth Vines hier: https://smoothvines.myshopify.com/

Feb 20, 202134:53
2020: Top 10 moets vir jou Desembervakansie

2020: Top 10 moets vir jou Desembervakansie

2020 is op sy rug en almal kyk vol hoop na 2021 wat om die draai is. As jy nog nie jou Kersinkopies afgehandel het nie hoef jy nie verder te soek nie. Hier is my top tien boeke vir 2020 wat jy beslis in jou geliefdes se kerskouse kan pak.
Dec 21, 202008:07
Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika
Nov 30, 202025:37