
Where to listen

Ekonomiese groei wag na die verkiesing
Nuuspod • By Izak du Plessis • Nov 11, 2021
Loading…
00:00
29:34
1x

Blitsbokke: So wen ons die Wêreldbeker
In Sport Stories op Nuuspod, kyk ons na die naweek se Sewes Wêreldbeker wat in Kaapstad gespeel gaan word en verduidelik hoe die Blitsbokke se pad na die finaal toe kan lyk
09:31
September 09, 2022

Wie kan vir Cyril opvolg?
Ons vra aan prof. André Duvenhage aan NWU of daar 'n opvolger vir pres. Cyril Ramaphosa is.
44:39
September 09, 2022

Maties: Transformasie is rassisme, sê STOP
In Nuusmakers gesels ek met Francois Malan en Christof van Niekerk oor transformasie by Maties. Hulle groep STOP sê die universiteit se raad is gelaai met 'n klomp linkse heavyweights wat Afrikaanssprekendes wat uit 'n konserwatiewe agtergrond kom, boelie, aldus Rapport.
21:57
September 08, 2022

BBP: Stats SA praat twak!
Nuuspod praat met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Finansiële Dienstegroep, oor die blink kant van die ekonomie.
10:38
September 08, 2022

Nederlandse Grand Prix: Het Red Bull verneuk?
Na die afgelope naweek se Nederlandse Grand Prix, het wilde bewerings dat Red Bull met Alpha Tauri gekonkel het om Max Verstappen te bevoordeel die rondte gedoen. Ons kyk hierna en gee ons mening of daar enige waarheid in steek. Ons kyk ook na die nuutste verwikkelinge en intriges agter die skerms, en ook na watter bestuurders by watter span gaan opeindig in Formule 1 se Silly Season. Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
27:26
September 07, 2022

'n Hart vir Billy
Billy Macleod was 'n vermaarde sportman, wat al aan tien Ystermanne en die Cape Epic deelgeneem het, en selfs 'n Comrades marathon agter die blad het. Vandag is hy in die stryd van sy lewe gewikkel nadat hy hartskade opgedoen het, en nou wag hy vir 'n nuwe hart.
Teresa Coetzee het met hom gesels
Moontlik gemaak deur Elite Welding and Safety Solutions, asook Pipe Supply.
Jy kan Elite se webwerf besoek by https://elitewss.co.za, of hulle kontak by 011 692 2827
Jy kan Pipe Supply se webwerf besoek by https://pipesupply.biz, of hulle kontak by 011 693 4840
21:16
September 06, 2022

Wat soek die EFF op die Kaapse Vlakte?
Nuuspod se nuwe saamgeselsprogram, Nuusmakers, het vanoggend afgeskop met 'n gesprek tussen Ian Cameron, Quinton Adams en Nazier Paulsen oor die Kaapse Vlakte nav die EFF se projek EFF on Patrol. Die gesprek het soms warm geraak, maar op die keper beskou, was dit 'n goeie een. Jy kan voortaan elke weeksoggend om 7:00, behalwe Woensdae as die Blink Kant op is, na soortgelyke gesprekke luister. Woensdag se program sal om 7:30 begin.
57:36
September 05, 2022

Vurige Bokke wen die wedstryd... en die geveg!
DIe Bokke het wraak geneem vir laas week se pak slae en met 'n vurige poging die Aussies van die veld af gespeel
Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
08:07
September 05, 2022

Kan die nuwe Bokspan die Aussies stuit?
Na die onverwagse loesing wat die Bokke laasweek teen die Wallabies gekry het, het Jacques Nienaber nie minder as 8 veranderings aangebring nie. Dit kan goed werk of baie ontwrigtend wees. Ons gesels met die rugbyjoernalis, Brenden Nel, om sy opinie oor die span te hoor,en ook hoe dinge nou eintlik in die Bok kamp werk. Jy kan Brenden se Youtube kanaal besoek by https://www.youtube.com/c/BrendenNel Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
29:42
September 01, 2022

Is 'n ANC/EFF koalisie ons voorland?
In hierdie uitgawe van Nuusfokus op Nuuspod bespreek ek verskillende ontleders en joernaliste se menings oor die die kanse dat die EFF en die ANC 'n nasionale koalisie kan sluit.
17:49
September 01, 2022

Magtige Max storm voort
Max Verstappen en Red Bull het die afgelope naweek se Formule 1 Grand Prix in België totaal oorheers, en Nuuspod vra die vraag of Max die toneel gaan oorheers soos Lewis Hamilton die afgelope paar jaar gedoen het. Ons kyk bietjie na alles wat die naweek gebeur het, en bespiegel oor die bestuurdersmark en wie by watter spanne gaan opeindig. Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
26:35
September 01, 2022

Opul fnuik 'n groot petrolprysverlaging
Ek praat met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Finansiële Dienste Groep, oor die stand van die SA Ekonomie.
16:43
August 31, 2022

Koalisies: Is dit die EFF/ANC vs res van SA?
Nuuspod gesels met die verkiesingsontleder Dawie Scholtz oor koalisiemoontlikhede in die 2024 nasionale verkiesing.
36:05
August 31, 2022

Natuurlik moet jy bang wees vir die nuwe betredingswet!
Nuuspod gesels met Willie Spies van Hurter Spies Prokureurs oor die nuwe konsepwet oor onwettige betreding op jou eiendom. Hoewel die wet daarop uit is om grondeienaars te beskerm, is daar te veel vaaghede wat die wet oopstel vir growwe misbruik in die verkeerde hande, en daarvoor moet ons baie bang wees, sê Willie.
20:28
August 30, 2022

We shouldn't have to live in fear
Dr. Leila Fourie, CEO of the JSE chats about her involvement with Change a Life and how it changed her own life.
13:34
August 30, 2022

En die Oscar gaan aan... Nick White!
Suid-Afrika het 'n rampspoedige naweek op die verskeie sportvelde beleef, en Nick White se Oscar vertoning het gemaak dat Faf de Klerk 'n geel kaart gekry het. Nuuspod kyk na die treurige vertonings van die Suid-Afrikaanse spanne.
Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
13:23
August 28, 2022

Ek weet wanneer jy jok!
Teresa Coetzee gesels met Lizette Volkwyn wat een van net twee menslike leuenverklikkers in Suid-Afrika is.
Besoek haar webtuiste by www.lizettevolkwyn.com
HIerdie episode is moontlik gemaak deur Hammond Pole Attorneys. Besoek hulle webtuiste by https://www.hammondpole.co.za/
15:30
August 27, 2022

Time to push back against "Kill the Boer"
Nuuspod talks to Solly Moeng after the Equality Court ruled "Kill the Boer" does not constitute hate speech.
16:13
August 27, 2022

Bokke doer onder en F1 is terug!
Sport Stories - Ons kyk na die naweek se rugby, krieket en Formule 1 Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
16:16
August 27, 2022

14 Tours - and still going strong!
Teresa chats to Hilton Guy from Talon Tough Tools about the Change a Life Cycle Tours. He has competed in all fourteen tours so far, and talks about this favourite moments and the impact Change a Life has had
20:10
August 27, 2022

Wat as die ANC Zondo ignoreer?
Ek praat met Johann Maarman van Die Burger oor Cyril Ramaphosa se mening dat die ANC nie alles in die Zondoverslag ter harte hoef te neem nie.
23:05
August 27, 2022

"Kill the Boer" is nie haatspraak, sê hof
Die gelykheidshof in Johannesburg het beslis dat die frase "Kill the Boer" nie as haatspraak gekenmerk kan word nie, aangesien daar nie genoeg getuienis daarvoor is nie. Nuuspod praat met Ernst Roets van Afriforum hieroor.
06:03
August 27, 2022

Ons is moeg vir die DA in Tshwane, sê ontevrede groep
Corrie Snyman van die NWM vertel aan Nuuspod hoe hulle sukkel om watersuiweringsaanlegte in Pretoria te laat herstel onder die koalisiemetro in Tshwane. Die groep het 'n ope brief aan die DA hieroor geskryf. Nuuspod sal kommentaar van die DA en koalisivennote bywerk.
12:04
August 27, 2022

Resessie, schmesessie!
In Die Blink Kant praat Nuuspod weekliks met Dr. Roelof Botha, finansiële raadgewer van die Optimum Financial Services Group oor die blink dinge van die ekonomie.
16:05
August 27, 2022

Klein veearts red tamaai luislang
Dr. Nada de Villiers vertel hoe sy 'n luislang van 40 kg moes behandel na die uit die hande van 'n smokkelaar gered is.
12:45
August 24, 2022

Cape Pioneer Trek: Die bergfietsren met 'n siel
Teresa het 'n lekker loslit gesprek met Henco Rademeyer en Bernard le Roux oor die Cape Pioneer Trek Bergfietsren.
Kyk na die ren se webwerf by https://capepioneer.co.za/
Besoek ook Qhubeka se webwerf by https://qhubeka.org
47:36
August 23, 2022

Changing lives and creating opportunities
Teresa chats to Ursula du Plooy and Jonathan Scott of the Change a Life Foundation about the incredible work the foundation is doing, as well as the upcoming annual Change a Life cycle Tour Click here for more details https://changealifecycle.com/
33:47
August 18, 2022

Is die DA regtig rassisties?
Elke keer as 'n swart leier uit die DA bedank, word die party subtiel, sowel blatant van rassisme beskuldig, of dan dat hulle minstens nie goeie rasseverhoudinge in die party se leierskap handhaaf nie. Dit is ook nou die geval met die bedanking van Makashule Gana en Patricia Kopane. Van Herman Mashaba en Mmusi Maimane se dramatiese vertrek uit die party 'n paar jaar gelede, tot Mbali Ntuli se aanslag op die posisie van leier as die party, sowel as die vertrek van Phumzile van Damme en Bongani Baloyi is ook deur verskeie ontleders, joernaliste en sommige betrokkenes self met die raskwas ingekleur. Maar as 'n mens na die samestelling van die party se leierskorps kyk en 'n klomp ander kwessies in ag neem, wil die som ten opsigte van die beskuldigings nie klop nie. Vanaand om 7:00 stel ek die vraag aan Cilliers Brink en Gert Van der Westhuizen.
54:51
August 18, 2022

Nuwe faksie staan op teen Cyril
Nuuspod praat met prof. André Duvenhage oor die jongste verwikkelinge in die ANC, waar 'n nuwe groepering binne die bestaande faksies posisie inneem teenoor pres. Cyril Ramaphosa.
20:33
August 17, 2022

Who/What can save us from the ANC?
Nuuspod talks to commentators and well known bloggers Conty Lebepe and Gauta Komane
43:08
August 17, 2022

Nee, vir nog brandstofheffings!
In Die Blink Kant gesels ons met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group oor die ekonomie
18:17
August 17, 2022

Landbank se georkestreerde aanslag teen boere
Nuuspod praat met Theo de Jager van Saai oor Landbank se boelietaktiek teen boere wat agterstallig is met hulle Landbankskuld.
19:52
August 17, 2022

Go2Berg: In die plek van Joberg2C
Die Go2Berg is n splinternuwe bergfietsmarathon deur dieselfde organiseerders as die Joberg2 wat volgende jaar Junie afskop
16:16
August 13, 2022

Arabella Leeuw: 'n Verhaal van Genesing
Die bekende sangeres, Nådine, vertel ons die aangrypende verhaal van Arabella Leeuw wat met haar tong buite haar lyf gebore is. Moontlik gemaak deur AESwitch. Besoek hulle webwerf by https://www.aeswitch.africa/
26:30
August 12, 2022

Die ondraaglike las van misdaad onder die ANC
Tot hoeke mate dra die ANC se onvermoë om te regeer by tot die misdaadsituasie in SA, vra ek vir Theo Venter.
Hierdie bydrae is moontlik gemaak deur Citybug Shuttle Services. Besoek gerus hulle webwerf by https://citybug.co.za/
41:59
August 11, 2022

Baklei VSA nou ook vir Rusland en China se Afrikabeen?
Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group, gesels weekliks met Nuuspod oor die blink kant van die ekonomie
14:60
August 10, 2022

Why Should Western Cape Secede from South Africa?
Why should the Western Cape secede from South Africa? Spectacular full live debate with audience participation about Cape Independence | Cape Town 23 June 2022.
PANEL MEMBERS
• Phil Craig | Cape Independence Advocacy Group
• Benedicta Van Minnen | Democratic Alliance
• Dr Corne Mulder | Freedomfront Plus
• Vytjie Mentor | ActionSA
• Ebrahim Rasool | ANC
01:21:38
August 05, 2022

Enough is enough!
Rob Hersov EXPOSES South African Private Sector. We spoke to Rob Hersov, the outspoken, charismatic, and infamous businessman and private investor.
---- Guest Links -----
https://www.investafrica.com/personel/rob-hersov-chairman-invest-africa
https://www.crunchbase.com/person/robert-hersov
58:03
August 05, 2022

Wag 'n ekonomiese ramp op ons?
Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group, gesels weekliks met Nuuspod oor die blink kant van die ekonomie
17:04
August 05, 2022

So heul polisie en Zama Zamas
Nuuspod praat met die veiligheidskenner Louis Nel wat in diepte kennis het van die werksaamhede van onwettige myners. Dit is 'n komplekse netwerk waarvan baie min mense regtig iets verstaan. Louis verduidelik hoe groot myngroepe en ander welvarende mense self betrokke is by die kwessie.
30:44
August 02, 2022

Die toekoms van koalisies
Nuuspod praat met Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Herman Mashaba, leier van ActionSA en Thomas Walters, adjunkvoorsitter van die DA Federale Raad.
01:02:07
August 01, 2022

Taliban vs Ankole: Wie eet wie die naweek?
Nuuspod praat met Dr. Pieter Mulder, Prof. André Duvenhage en Dr. Oscar van Heerden oor die ANC se beleidskonferensie die komende naweek.
47:29
July 28, 2022

Skoon krag of steenkool, wat is die antwoord?
Nuuspod se weeklikse gesprek met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group, wat hierdie program moontlik maak.
17:16
July 27, 2022

Is Cyril se einde nou naby?
Ek praat met Carien du Plessis en Gert van der Westhuizen oor Cyril Ramaphosa se toekoms nav die naweek se provinsiale leiersverkiesing in KZN.
37:35
July 25, 2022

DA Mayor: How I have to hide from the ANC for my own safety
Christopher Pappas, DA Mayor of uMngeni tells how he has to sleep on different places in order to stay safe from the ANC and other political rivals.
13:12
July 25, 2022

Hoort homoseksualiteit in kinderboeke?
Nuuspod gesels met prof. Hennie van Coller van die UFS nav sy gewraakte rubriek oor kinderboeke waarin hy, volgens sy kritici, homoseksualiteit gelykstel aan maatskaplike kwessies.
31:23
July 24, 2022

Eskom se SOS aan Solidariteit
Nuuspod praat met Dirk Hermann van Solidariteit nav Pravin Gordhan se brief dat die organisasie hulp moet verleen om Eskom te red.
21:06
July 21, 2022

Sal die ANC vreedsaam mag oorgee?
Die DA-burgemeester van Umngeni moet, volgens 'n berig op Biznews, elke aand op 'n ander plek slaap om sy veiligheid te verseker weens dreigemente vanuit die ANC. Chris Pappas het as burgemeester na die November munisipale verkiesing oorgeneem in die voormalige ANC-munisipaliteit. Dit lyk of die ANC heftig gekant is teen die verbeteringe wat Pappas en sy raad besig is om aan te bring. Dit voorspel niks goed vir komende tussenverkiesings en die nasionale verkiesing in 2024 nie, as die ANC, soos verwag word, mag gaan moet afstaan aan ander partye en koalisies. Ek vra na aanleiding hiervan aan prof. André Duvenhage wat ons van die ANC kan verwag as hulle moet mag oorgee.
43:09
July 21, 2022

Slaag lag-lag met Studiemeester
Nou dat die skole weer begin het, dink mens weer aan maniere om jou kind te help presteer. Nuuspod gesels met Leonie Marques van Studiemeester oor hoe om leerwerk maklik te maak vir jou kind, en lag-lag te slaag. Besoek Studiemeester se webwerf by https://studiemeester.co.za of kontak hulle op 011 826 4314. Epos adres: stacy@studiemeesterhulp.co.za
16:36
July 20, 2022

Hier kom die resessie, lank lewe die ekonomie!
Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group, gesels elke Woensdag met Nuuspod oor die blink kant van die ekonomie.
16:28
July 20, 2022

Kán Eskom nog gered word?
Nuuspod gesels met Wynand Boshoff van die Vryheidsfront Plus, Morné Malan van Solidariteit en die energiekenner Ted Blom oor die toekoms van Eskom
52:48
July 20, 2022

Fietse verander lewens
Teresa gesels met Anthony Fitzhenry, die stigter van Qhubekan 'n organisasie wat hom daarop toespits om fietse aan agtergeblewe gemeenskappe te verskaf.
Hierdie gesprek is in Engels.
18:53
July 18, 2022

Wat gemaak as die ANC weer wen?
Izak gesels met Connie Mulder, Leon Wessels en Helen Zille oor wat ons gaan maak as die ANC weer wen in 2024
58:31
July 17, 2022

Hoe moontlik is R20 per USD?
In Die Blink Kant gesels Nuuspod met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Finansiële Dienste Groep, oor die stand van die ekonomie. Die program word moontlik gemaak deur Optimum Finansiële Dienste Groep.
21:59
July 14, 2022

Tour de Tuli: Die Bergfiets Safari
Teresa gesels met Miles Crisp, die organiseerder van die Tour de Tuli , wat wyd beskou word as die die toppunt van bergfietsrenne
30:47
July 14, 2022

Geen skande aan TB nie
Operasangeres Brittany Smith praat openlik oor haar stryd met Tuberkulose en waarom sy deesdae 'n groot kampvegter teen die stigma van die siekte is.
20:43
July 12, 2022

Daar ís lewe na kanker
Teresa gesels met die Bonny Swanepoel, 'n bekende fietrsyer wat 'n suksesvolle stryd teen kanker gevoer het. Instagram: https://www.instagram.com/bonnyfitnesssa/ Facebook: https://www.facebook.com/bonny.swanepoel
24:51
July 11, 2022

Die wêreld brul onder hoër brandstofpryse
Nuuspod praat weekliks met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van Optimum Financial Services Group, oor die stand van die ekonomie
17:26
July 09, 2022

Ian Cameron: My reis van plaasaanvalle na die Kaapse Vlakte
Ian Cameron, die man wat Bheki Cele tot raserny gedryf het, het voorheen vir plaasaanvalle baklei. Deesdae patrolleer hy die rioolvuil en bendegeteisterde strate van die Kaapse Vlakte. Hy gee vir Nuuspod 'n kykie na sy reis van Afriforum na Action Society.
28:52
July 09, 2022

Stroomop: Beurtkrag - Verklaar 'n noodtoestand
In Stroomop lewer Nuuspod kommentaar op koerantvoorblaaie en ander aanlyn nuus. Vandag se episode word moontlik gemaak deur Afriforum
47:59
July 07, 2022

Groepsgesprek: Is daar nuus na RSG?
Nuuspod praat met Heindrich Wyngaard, Prof. Theo Venter en Prof. Dirk Kotzé oor RSG se inkorting van hulle nuusprogramme.
01:06:27
July 07, 2022

Stroomop: Satanistiese dominee word 'n Christen
In Stroomop lewer Nuuspod kommentaar op koerantvoorblaaie en ander aanlyn nuus. Vandag se episode word moontlik gemaak deur Fines4U
10:03
July 06, 2022

Tim groet na halfeeu (wel, amper) in die media
Tim du Plessis, een van die bekendste name in joernalistiek, groet die mediawêreld finaal na byna 'n halfeeu in die bedryf. Izak du Plessis het met hom gesels oor sy tyd in die bedryf, hoe hy oor die ANC voel en wat Parkinsons aan hom en sy gesinslewe doen.
57:16
July 05, 2022

SA Toerisme sterk aan die herstel
Die Blink Kant met Dr. Roelof Botha - Episode 4 Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Finansiële Dienstegroep, gesels oor die blink kant van die ekonomie.
20:15
July 03, 2022

Staatskaping: Amnestie of tronkstraf?
Nuuspod vra aan prof. Dirk Kotze, Willie Spies en Dr. Pieter Groenewald of die mense wat met staatskaping verbind word, amnestie moet kry of tronk toe gaan.
49:24
July 02, 2022

Mens moet werk aan geluk
Teresa gesels met Natasha Sutherland oor haar Shirley Valentine vertoning, en hoor sommer hoe dit met haar gaan en oor haar uitkyk in die lewe.
23:24
June 29, 2022

So vrees Suid-Afrikaners die polisie
Nuuspod praat met Ian Cameron van Action Society oor Suid-Afrikaners se vrees vir die polisie.
19:40
June 29, 2022

Verander arbeidswetgewing dringend
Nuuspod gesels sakenuus met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Finansiele Dienstegroep.
19:25
June 29, 2022

Beurtkrag: Fase 8 is op ons!
Nuuspod praat met Chris Yelland oor die kragkrisis by Eskom as gevolg van stakings en ander probleme wat die kragvoorsiener ervaar.
22:23
June 28, 2022

Landbank: Boere vertel hulle stories
Twee boere, Carel van der Merwe en Louis Jonker vertel hul stories hoe Landbank se prokureurs wat beslag gelê het op hul grond en eiendom. Japie van Deventer van die prokureursfirma NJVR, wat ook 'n groep boere bystaan oor 'n soortgelyke saak, gesels saam.
48:43
June 27, 2022

Zondo: Katarsis of kat in die sak?
Prof. Pieter Duvenage en Dr. Pieter Mulder bespreek die Zondokommissie se staatskapingsverslag.
49:32
June 27, 2022

Plaasaanval: Die versmorende gemis aan my mense
Heidie Taljaard se ouers, Danie en Breggie Brand, en haar suster, Elzabie, is in Julie 2020 wreed op hul hoewe naby Hartswater vermoor. Twee jaar na die verwoestende gebeurtenis word die oortreders in September verhoor. Heidie vertel in 'n openhartige gesprek wat die afgelope twee jaar aan hul familie gedoen het.
23:58
June 23, 2022

Hoe skelm is Cyril rerig?
Nuuspod praat met prof. André Duvenhage en Dawie Roodt en Annelie Lotriet van die Democratic Alliance in die lig van die storm rondom pres. Cyril Ramaphosa se kop.
56:14
June 22, 2022

Dis g'n afgewaterde Curriebeker nie
Nuuspod praat met die afrigter van die Pumas wat Saterdag teen die Griekwas in die Curriebeker finaal op Kimberley speel.
17:02
June 21, 2022

Dit gaan goed met Trixie se spene...
Teresa het 'n heerlike gesprek met die beminde akteur Tobie Cronje. Hy vertel meer oor die bedryf en waarmee hy hom deesdae besig hou.
30:08
June 21, 2022

Die Blink Kant met Dr. Roelof Botha - Episode 3
Nuuspod gesels met Roelof oor die blink kant van die ekonomie. Optimum Financial Services Group maak hierdie gesprek moontlik
16:49
June 16, 2022

Cyril-klagstaat is 'n feëverhaal
Nuuspod praat met adv. Stefanie Fick van Outa oor Arthur Fraser se klagstaat teen pres. Cyril Ramaphosa
18:55
June 15, 2022

Nog aanklagte kom dalk teen Jaco Swart.
Nuuspod praat met Barry Bateman, woordvoerder van Afriforum se private vervolgingseenheid, na die ligte vonnis wat Jaco Swart gekry het vir die aanranding van sy vrou, Nicoleen Swart.
12:28
June 14, 2022

Mimi Coertse word 90!
Teresa het die 90e verjaarsdagvieringe van Mimi Coertse by die Voortrekker Monument bygewoon
06:32
June 13, 2022

My hel saam met Jaco Swart
Nicoleen Swart praat met Nuuspod oor haar huwelik met Jaco Swart wat Suid-Afrikaners onlangs die josie in het na hy 'n baie ligte vonnis vir aanranding op Nicoleen gekry het.
31:15
June 13, 2022

Cyril se kierangs moet braai!
Izak gesels met Carl Niehaus oor Cyril se gesteelde miljoene
56:12
June 11, 2022

Die Blink Kant Episode 2
Die ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group, Dr. Roelof Botha, praat met Nuuspod oor die blink kant van die ekonomie https://www.optimumgroup.co.za/
13:36
June 08, 2022

Gesteelde Miljoene: Cyril se hande lyk nie skoon nie.
Nuuspod praat met Dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.
09:43
June 08, 2022

Stolen Millions: Answer these questions Mr. President
Nuuspod praat met die leier van die DA oor aanklagte deur Arthur Fraser teen Pres. Cyril Ramaphosa
18:57
June 08, 2022

Gesteelde miljoene: Kan dit vir Cyril sink?
Nuuspod praat met prof Andre Duvenhage aan Noordwes Universiteit oor Arthur Fraser se klagtes teen pres. Cyril Ramaphosa.
36:29
June 06, 2022

Suid-Afrika het beter gelyk onder apartheid
Nuuspod praat met Herman Mashaba oor Action SA se vordering as party.
27:46
June 06, 2022

Die Blink Kant met Roelof Botha
Roelof Botha, ekonomiese raadgewer vir die Optimum Financial Services Group, gee 'n positiewe blik op die ekonomie.
13:49
June 01, 2022

Nuusfokus: Vermoorde Chevonne kan nie begrawe word nie
Die vermoorde Chevonne Rusch van Germiston kan nie begrawe word nie omdat haar geboorte nooit geregistreer is nie.
10:52
June 01, 2022

Nuusfokus: Dis g'n histeries om vir Afrikaans te baklei nie.
Nuuspod lewer kommentaar op die debat oor die Afrikaanse Taalmonument se behoud van sy Afrikaanse identiteit.
12:19
May 31, 2022

Ballet vir almal - die nuwe ballet!
Die Mzanzi ballet vertoning, The Abba Show, A Cinderella Story by die Pieter Toerien Teater by Montecasino gaan wye gehore trek en die vertoning is nie verniet binne dae reeds uitverkoop nie. Teresa Coetzee gesels met Dirk Badenhorst oor die rigting waarin ballet deesdae inslaan.
20:07
May 28, 2022

Dis okay om nie okay te wees nie - my stryd teen depressie
Die sangeres Charlize Berg vertel in 'n openhartige gesprek van haar stryd met depressie, en dat sy 'n doelbewuste besluit geneem het om nie meer skaam daaroor te wees nie
28:03
May 27, 2022

Albert, die troetelby
In 'n lekker Voelgoed Vrydag onderhoud, gesels Izak met Sonja Els wat op Facebook bekend geword het omdat sy 'n by versorg.
12:01
May 20, 2022

Wat wag op ons as die ANC verloor?
Nuuspod praat met prof Andre Duvenhage oor wat ons kan verwag sou die ANC die volgende verkiesing minder as 50% steun kry
43:20
May 10, 2022

Dawie Roodt: Vasgekeer in Rusland
Die ekonoom Dawie Roodt en sy gesin is vasgekeer in Rusland weens burokratiese rompslomp. Die Russe vereis dat hul twee kinders slegs die land kan verlaat indien hulle Russiese paspoorte het. Ek het die geleentheid gebruik om oor sy indrukke van die Rusland/Ukraïne oorlog te gesels. Dit was 'n heerlike, insiggewende gesprek wat die anderkant van die oorlog gebalanseerd belig.
27:56
May 08, 2022

My skuif na Afriforum
Izak gesels met die bekende joernalis, Barry Bateman oor skuif na Afriforum se private vervolgingseenheid, waar hy nou saam adv. Gerrie Nel gaan werk
12:13
May 02, 2022

Só red jy 'n staat wat misluk
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging het die afgelope naweek in Rapport geskryf dat Suid-Afrikaners kan saamwerk ter wille van die land, al stem hulle nie noodwending oor alles saam nie. Izak het met hom gesels hieroor en ook oor sy stellings oor 'n rewolusie van die rykes
23:59
April 25, 2022

So verkwis ministers geld op kos en drank
Ministers en ander staatsamptenare het in drie jaar meer as R1.4 miljard bestee aan spyseniering, verblyf en vermaak. Izak het met Dr. Leon Schreiber, DA-LP en woordvoerder oor staatsdiens en administrasie hieroor gesels
16:57
April 25, 2022

Gee vir ons weer 'n wit regering!
Peter Marais, die bekende Kaapse politikus, het onlangs 'n knuppel in die hoenderhok gegooi toe hy op Facebook gesê het Suid-Afrika moet weer 'n wit regering kry, al is dit net vir 'n jaar. Izak het met gesels om meer lig hierop te werp.
31:00
April 22, 2022

Pretoria FM slaan 'n slag vir Afrikaans
Ons hoor by Willie Spies, uitvoerende voorsitter van Pretoria FM van hulle onlangse hofoorwinning oor die mediareus Primedia en wat dit beteken vir Afrikaans
18:42
April 21, 2022

Eskom: Hier kom groot duisternis
Ons vra vir Ted Blom hoe naby Eskom aan 'n algehele ineenstorting is.
13:10
April 21, 2022

KZN Vloede: Wat nou met die Joberg2C?
Teresa gesels met Craig Wapnick, een van die organiseerders van die Joberg-2-C bergfietsren, oor die impak van die verwoestende vloede op die ren wat binnekort plaasvind
13:38
April 21, 2022

Brel en Piaf: Ons nuwe musikale revue
Teresa Coetzee gesels met Andre Schwartz en Amanda Strydom oor hulle nuwe musikale revue van Jacques Brel en Edith Piaf se musiek by die Montecasino teater
19:09
April 19, 2022

Die RET-faksie is reg vir terugbaklei
Die RET faksie in die ANC het nog nie gaan lê nie, hulle is reg vir terugbaklei. Die verkiesing van Zandile Gumede as voorsitter van die Ethekwinistreek van die ANC is 'n bewys hiervan sê die politieke ontleder Dr. Oscar van Heerden
21:57
April 13, 2022

So werk waterverassing
Al hoe meer Suid-Afrikaners kies waterverassing as metode om afskeid te neem van hul geliefdes se oorskot na afsterwe. Die metode het vroeer vanjaar nuus gemaak na aartbiskop Desmond Tutu se afsterwe. Adriaan Bester van Avbob verduidelik hoe dit werk.
23:50
April 12, 2022

Is boendoegeregtigheid ons voorland?
Vigilantisme is deesdae weer in die nuus met die nuutste vlaag xenofobie wat aan die opbou is. Dit het veral aandag getrek met die dood van Elvis Nyati in Diepsloot verlede week. Ek het aan Johan Burger en Ian Cameron gevra om vir ons meer insig oor die saak te gee.
37:03
April 12, 2022

Ukraïne: Met God en my familie oorwin ek enigiets
Westerse sanksies as straf vir Rusland se inval in Oekraïne het vandeesweek nuwe dryfkrag gekry nadat Oekraïense soldate die dorp Boetsja van die Russe teruggeneem en die lyke van honderde burgerlikes gevind het. Baie van hulle is op ’n kort afstand doodgeskiet. Stroomop het met Rosti Tkachenko gepraat wat in Bila Tserkva net buite Kyiv bly.
48:04
April 08, 2022

Is dit die einde van die Dollar?
In een van sy artikels gister vra Mail and Guardian of die einde van die Dollar as leidende geldeenheid dalk aangebreek het. Dit na aanleiding van Rusland se inval in Ukraine. Selfs met die vredessamesprekings onlangs in Turkye en die 15punt vredesplan soos deur Financial Times berig, lyk dit of die Dollar spoed verloor. Om beslag te lê op Rusland se fondse hou in dat vertroue in Amerika as die wereld se bankier en in die Dollar as die globale reserwe geldeenheid, geskaad word. Al hoe meer vrae ontstaan hieroor. Ek het vir Dawie Roodt nadergetrek om die vraag te beantwoord en op die koop toe ‘n lekker gesprek oor geld gekry.
14:48
April 07, 2022

ANC-faksies bring dalk groter geweld
Faksies vernietig die ANC. Dit verduidelik die party se swak prestasie in verlede jaar se munisipale verkiesing, het dr. Gwen Ramokgopa, koördineerder in die kantoor van die sekretaris-generaal van die ANC, Woensdag in die Mamelodi-Wes-begraafplaas in Tshwane gesê.
“Ons het hierdie stad Tshwane aan minderheidspartye verloor. Hulle het nie (in die munisipale verkiesing) gewen nie; ons het dit aan hulle oorhandig omdat ons so baie onder mekaar baklei. Ek het hieroor met Andre Duvenhage, politieke ontleder aan Noordwes Universiteit, gesels
19:15
April 07, 2022

Putfonteinwegmoorde: Ma's praat oor hul pyn
Byna drie jaar nadat Johanco Fleischman en Jess Kuhn koelbloedig by Putfonteinweg in Benoni doodgeskiet is, is hul moordenaars lewenslank tronk toe gestuur. Malosi Gift Shima en Ishmael Hlabati is gister in die Benoni landdroshof elkeen tot twee keer lewenslank gevonnis vir die moorde nadat hulle verlede week van moord met voorbedagte rade skuldig bevind is. Landdros Ian Cox het tydens vonnisoplegging gesê die genadelose wyse waarop Johanco en Jess vermoor is, is onvergeeflik. Marika Fleischman, ma van Johanco en Johanna Kuhn, ma van Jess het ingestem om met Stroomop te praat. Ek het aan Marika gevra wat haar eerste gewaarwording was na die vonnisoplegging en Johanna Kuhn sê die laaste byna drie jaar was hel vir haar en haar gesin.
16:08
April 05, 2022

Wie gaan vir Putin vervolg?
Die kans is skraal dat pres. Wladimir Poetin of enige Rus aangekla sal word van oorlogsmisdade in Oekraïne, sê kenners.
Die wêreld is die laaste paar dae geskok deur afgryslike tonele van honderde vermoorde burgerlikes in die strate van Boetsja aan die noordelike buitewyke van die hoofstad, Kiëf.
Soldate is ook met massagrafte begroet toe hulle toegang tot die gebied gekry het nadat Russiese soldate hulle aan Boetsja onttrek het.
Die mense wat doodgeskiet is, is burgerlikes wat vermoedelik uit die gebied wou vlug. Dit lyk asof van hulle tereggestel is.
Sowat 4 miljoen Oekraïners het sedert Rusland se inval uit hul vaderland gevlug. Ek het met Jaco Kleynhans, Solidariteit se hoof internasionale skakeling hieroor gepraat.
27:08
April 05, 2022

Is kritiek op die NVG geregverdig?
Raeesa Pather van Daily Maverick skryf dat die Nasionale Vervolgingsgesag onder leiding van adv Shamila Batohi op hul louere rus terwyl misdadigers skotvry loop. Volgens Pather het bedenklike besluitneming, swak leierskap en politieke inmenging die openbare vertroue in die NVG geskaad. Ek het aan Llewelyn Curlewis van die Universiteit van Pretoria gevra of die kritiek geregverdig is.
14:21
April 05, 2022

"Ek haat dit om te verloor"
In hierdie lekker gesprek gesels John Smit en Teresa Coetzee oor die Cape Epic, die Barney Army, leierskap, familie en besigheid.
26:11
March 30, 2022

ANC se aanslag teen Afrikaanse skole
In Nuusfokus praat ek met Alana Bailey van Afriforum oor die Onderwyswetsontwerp en die moontlike impak daarvan op Afrikaanse skole
15:13
March 25, 2022

SA, raak weerbaar, hier kom nog geweld!
In Nuusfokus praat ek met Ian Cameron van Action Society oor tekens dat grootskaalse geweld, gedryf deur politieke faktore, aan die broei is
20:05
March 25, 2022

Die kanniedood leeuwyfie van die Absa Cape Epic
Teresa gesels met Hannele Steyn wat hierdie jaar haar 18e Absa Cape Epic aanpak
26:20
March 16, 2022

"Ek het my passie my werk gemaak"
Teresa gesels met Francois Esterhuizen, 'n bekende fietsryer en eienaar van Manic Cycles in Worcester.
28:33
March 10, 2022

Die Liedjieboer boer vooruit
Teresa gesels met die immergroen liedjieboer, Anton Goosen. Hy woon deesdae op Gansbaai en gesels oor wat deesdae in sy lewe aangaan
42:51
March 05, 2022

Rugby, Familie en Bakkies
Teresa gesels met voormalige Blou Bul en Springbokkaptein Victor Matfield oor sy rugbyloopbaan en waarmee hy hom nou besig hou.
20:37
March 02, 2022

Ons gesels met Rob Jackson oor die Route 66 bergfietsren
Rob Jackson vertel meer oor die Route 66 en Great Kei Trekfietsrenne, asook ander fietsry planne vir 2022
22:42
March 01, 2022

ActionSA: 'n Nuwe vuur brand in my
ActionSA het verlede week aangekondig dat Athol Trollip, voorheen van die DA, hom by die party aangesluit het.
Trollip, ’n voormalige voorsitter van die DA se federale raad en burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, is op 'n nuuskonferensie in Gqeberha as die party se nuutste lid voorgestel.
Herman Mashaba, partyleier, en Michael Beaumont, nasionale voorsitter van die party, het Trollip verwelkom.
Trollip het die DA verlaat toe hy in Oktober 2019 uit “alle aktiewe politiek” getree het nadat hy sy bedanking kort ná dié van Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, by die party ingedien het.
28:08
February 21, 2022

Die ateïs met Jesus in haar hart
Izak gesels met Tersia du Plessis oor godsdiens, sekulariteit en ander geloofsvraagstukke.
35:49
February 21, 2022

Slaggate: Moet die staat betaal vir sterftes?
Izak hoor by Shando Theron, 'n prokureur van Johannesburg of die staat verantwoordelik gehou kan vir die sterftes as gevolg van die haglike toestand van Suid--Afrika se paaie
18:30
February 15, 2022

Kan Cyril sy staatsrede oorleef?
Izak gesels met professor André Duvenhage van Noordwes Universiteit oor president Cyril Ramaphosa se opspraakwekkende staatsrede, en wat die gevolge daarvan kan weea
33:48
February 14, 2022

Whoopi, Bouchi en ander "rassiste"
Izak gesels met professor Kobus Kok oor wokeness, kanselleerkulteer en meer
33:07
February 09, 2022

Tossie Lochner op Nuuspod: 'n Oorwinning vir Perestroika
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
03:20
February 04, 2022

Inentings: Dis nie net van afdank nie
Izak gesels met Daleen Frey, 'n arbeidsregprokureur van Nelspruit oor die onlangse saak by die KVBA waar die afdanking van 'n werknemer wat nie wou inent teen Covid-19 nie, gehandhaaf is.
16:15
January 28, 2022

Tossie Lochner op Nuuspod: Mans kies hul honde bo hul vrouens
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:56
January 28, 2022

Vat jou geld landuit: Nou!
Izak gesels met die bekende ekonoom, Mike Schussler. Sy gevoel is dat beste advies is om jou geld uit die land te vat, en om dit so gou moontlik te doen.
26:39
January 25, 2022

Ja, Cyril jok vir Zondo
Professor André Duvenhage, 'n politieke ontleder aan Noortwes Universiteit, gesels met Izak oor die onmoontlike posisie waarin Cyril Ramaphose homself bevind en die effek daarvan op die Zondo kommissie
32:40
January 24, 2022

Tossie Lochner: 'n Das wat netjies pas
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:40
January 21, 2022

SAPD: Jou een-stop wapenwinkel vir bendes
Izak gesels met Ian Cameron van Action Society en Firearms.co.za oor die situasie met vuurwapens in die SAPD
22:18
January 20, 2022

Basta met verpligte inentings!
Izak gesels met Connie Mulder van Solidariteit oor hulle 4 hofsake teen verpligte inentings
22:14
January 19, 2022

Die Broeders was g'n kaders nie!
Izak praat met Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond oor die stuk wat Gwen Ngwenya geskryf het oor die Broederbond wat na bewering ook maar kaders was.
23:34
January 18, 2022

O my AARTO: Wat nou?
Nuuspod gesels met Advokaat Stefanie Fick, die uitvoerende hoof: Verantwoordbaarheid by OUTA oor die skrapping van Aarto asook die hofsaak oor die e-tol stelsel op Gauteng se hoofweë
28:06
January 18, 2022

Wees baie versigtig vir skuldberaders!
Talle mense wat in skuldberading is kom na 'n tyd met 'n skok agter dat hulle skuld nooit minder word nie. In sommige gevalle is dit selfs meer as die dag toe hulle vir skuldberading gegaan het. Renee Marais, 'n kredietwetkenner, verduidelik hoekom dit so is,en waarom 'n mens baie versigtig vir skuldberaders moet wees.
23:33
January 16, 2022

Tossie Lochner op Nuuspod: Die gras is groener aan die ander kant
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:03
January 14, 2022

Oekraïne: Wat is Putin se storie?
Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, gesels met Izak oor wat nou eintlik agter Vladimir Putin van Rusland se skuiwe op die grens van Oekraïne sit.
30:42
January 14, 2022

Rocco rock nog steeds!
Teresa en die bekende pianis, Rocco de Villiers gesels oor steroïdes, ou tannies en hoe hy deesdae rock
32:47
January 12, 2022

SO manipuleer die ANC die regbank
Nuuspod gesels met Leon Schreiber, DA parlementslid oor die nuus dat die ANC regters ontplooi
16:57
January 12, 2022

Tossie Lochner op Nuuspod: Die ander kant van sneeu
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:37
January 12, 2022

Zondo verslag het simboliese waarde
Nuuspod praat met professor Pieter Duvenage, 'n politieke ontleder van Akademia, oor die eerste deel van die Zondokommissie se verslag oor staatskaping wat aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig is.
35:37
January 12, 2022

Sonder God is ons niks
Teresa gesels met Hykie en Gerridene Berg oor hulle huwelik, uitdagings en planne vir 2022
Sosiale Media details:
https://www.instagram.com/hykieberg/
https://www.facebook.com/hykieberg
https://www.instagram.com/gerrideneberg/
https://m.facebook.com/gerrideneberglifestylecoach/
58:15
January 12, 2022

Profiel van 'n profielskrywer
Murray la Vita is 'n gevierde en veelbekroonde rubriek- en profielskrywer en skrywer van boeke. Die internet is vol van honderde onderhoude wat hy al gedoen het, maar daar is baie min van homself bekend. Nuuspod het besluit om 'n profiel van die profielskrywer te doen. Een van die inspirerendste onderhoude wat ek al gedoen het. Luister asseblief hierna.
52:11
January 12, 2022

Die ANC se asem is op
Nuuspod vra aan Dr. Piet Croucamp, politieke ontleder aan Noordwes Universiteit wat 'n mens van die ANC en die DA in 2022 kan verwag. Die ANC het minder as 50% steun in die verkiesing gekry en die DA se steun het met bykans 4 persentasiepunte gedaal in die munisipale verkiesings van 2021.
23:37
January 12, 2022

Parlement: Die skade is onmeetbaar
Nuuspod gesels met Dr Pieter Mulder oor die brand in die Parlementsgebou in Kaapstad. Hy is van mening dat die skade onmeetbaar groot is.
31:21
January 12, 2022

NOU gaan die ANC vuil baklei
Prof. Andre Duvenhage gesels met Nuuspod oor die ANC se pad vorentoe na die munisipale verkiesings
36:15
January 12, 2022

Tossie Lochner op Nuuspod: Perdito
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:38
December 25, 2021

Die toekoms van Rapport
Izak praat met Inge Kühne, nuwe redakteur van Rapport oor die toekoms van die koerant.
24:30
December 21, 2021

So word ANC oor twee jaar onttroon
Nuuspod gesels met Dr Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus. Hy was een van die argitekte van die koalisieregerings wat in die grootste metros in plek gesit is, en hy vertel van die drama agter die skerms.
27:12
December 20, 2021

Tossie Lochner op Nuuspod: Tand opera
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:19
December 17, 2021

Eenmaal 'n wenner, altyd 'n wenner!
Teresa het Robbie Hunter, die bekende fietsryer en wenner van 'n Tour de France skof, in Switzerland opgespoor en met hom gesels oor sy lewe na fietsry
34:35
December 15, 2021

Sandra: Ek is nie bang vir doodgaan nie
Teresa gesels met die legendariese Sandra Prinsloo in die nuutste aflewering van Formidabele Vroue Reeks, moontlik gemaak deur Hammond Pole Prokureurs.
32:04
December 14, 2021

Tossie Lochner op Nuuspod: Bring jou eie warm water...
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:08
December 11, 2021

Tossie Lochner op Nuuspod: 'n Ongeluk wat wag om te gebeur
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:56
November 26, 2021

Mpho Phalatse: The EFF's gift to Jozi
Izak du Plessis of Nuuspod talks to to Mpho Phalatse, new mayor of the Johannesburg Metro, after the EFF and ActionSA decided to vote against the ANC in favour of the DA mayor.
21:52
November 26, 2021

In gesprek met Randall Williams
Randall Williams van die DA is pas verkies as burgemeester vir Tshwane. Nuuspod het met hom gepraat.
21:52
November 26, 2021

Eskom: Geen toekoms sonder steenkool nie
Ten spyte van lofwaardige pogings onder die leierskap van André de Ruyter, wil dit lyk of Eskom regtig 'n dooie perd is met geen kans op herlewing nie. Die talle probleme wat die kragvoorsiener ervaar laat 'n mens wonder of daar nog 'n plek is vir Eskom. Maar wat doen 'n mens sonder die nutsmaatskappy. Anders as SAL bly dit 'n noodsaaklikheid. Izak het vir Dawie Roodt gevra of hy 'n toekoms vir Eskom sien?
22:47
November 20, 2021

Los die stem uit!
Die Stem as deel van die volkslied is weer in die spervuur na Julius Malema van die EFF geëis het dat dit verwyder moet word en met iets anders in Afrikaans vervang word. Om die kroon te span op mense se verontwaardiging hieroor, het die politieke kommentator, Max du Pree, vir Malema gelyk gegee tydens die program Praat Saam op RSG. Talle bruin luisteraars het hierop gereageer en daarop aanspraak gemaak dat hulle identifisering met die Afrikaanse deel van die volkslied nie geminag moet word nie. Izak du Plessis praat met die voorsitter van die DAK Netwerk, Danie van Wyk, hieroor.
36:09
November 20, 2021

Tossie Lochner op Nuuspod: Kwaai komplimente
Die legendaries Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het. Net hier op Nuuspod
02:34
November 19, 2021

Sonja: Bloedjonk en smoorverlief op 70!
Teresa praat met die immergroen Sonja Herholdt wat vertel sy is smoorverlief en voel nog bloedjonk op pad na 70 toe
55:51
November 15, 2021

Ekonomiese groei wag na die verkiesing
Izak gesels met die bekende ekonoom, Roelof Botha. Hy is baie positief oor vooruitsigte vir die ekonomie onder nuwe koalisieregerings na die verkiesing.
29:34
November 11, 2021

Help! My kind is anders
Teresa praat met Christien Neser, 'n jeugskrywer en spraakterapeut oor haar nuwe boek, "Help! My kind is anders".
17:51
November 04, 2021

Tossie Lochner op Nuuspod: Hou tog ringvinger, hou!
Die legendariese Tossie Lochner vertel weekliks een van haar vele stories waaroor sy vir baie jare vanuit Italië berig het, net hier op Nuuspod.
02:03
October 28, 2021

Patricia Lewis gesels oor Botox, die dood, liefde en geluk
Teresa het 'n vreeslike lekker onderhoud met Patricia Lewis waarin sy vertel van haar nuwe liedijie en wat alles in haar lewe aan die gang is. Moet nie hierdie een mis nie!
38:17
October 28, 2021

Rina Coetzee: Entrepreneur van die Jaar 2021 Finalis
Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. RIna Coetzee van Senqu River Pistachios vertel meer oor hulle pistachios wat al vir 23 jaar langs die Oranjerivier verbou word.
13:27
October 27, 2021

Christelle Louws: Entrepreneur van die Jaar 2021 Finalis
Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Christelle Louws is die eienaar van Loka Boutique wat handgemaakte klere voorsien, en werk verskaf aan meer as 40 mense.
09:40
October 26, 2021

Michelle Britz: Entrepreneur van die Jaar 2021 Finalis
Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Michelle Britz is die eienaar van Michelle se Kombuis wat klaarbereide etes vir besige gesinne voorsien.
10:56
October 26, 2021

Kry so jou kind aan die lees!
Teresa gesels met Christien Neser, die bekende skrywer van verskeie jeugfiksieboeke. Ons gesels oor haar benadering tot boeke skryf, haar beroep as spraakterapeut en sy gee raad hoe om jou kind aan die lees te kry.
24:20
October 26, 2021

Johannita Eksteen: Entrepreneur van die Jaar 2021 Finalis
Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Johannita Eksteen het Funky Ouma in 2012 saam met haar ma begin, en verskaf vandag 'n wye reeks verskillende speserye en soute.
12:56
October 25, 2021

Alita du Plessis: Entrepreneur van die Jaar 2021 Finalis
Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Alita du Plessis het Purple Carrot begin om te voorsien in die vraag na juweliersware wat nie allergiese reaksies veroorsaak nie, en voorsien vandag 'n reeks hoë gehalte juweliersware van vlekvrye staal spesifiek hiervoor.Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Alita du Plessis het Purple Carrot begin om te voorsien in die vraag na juweliersware wat nie allergiese reaksies veroorsaak nie, en voorsien vandag 'n reeks hoë gehalte juweliersware van vlekvrye staal spesifiek hiervoor.
12:10
October 25, 2021

Kan SA politici konflik hanteer?
Nuuspod gesels met die konflikspesialis Andre Vlok. Hy het 'n artikel oor konflikhantering deur Suid-Afrikaanse politici geskryf en Izak hoor by hom hoe raak konflik tussen politici die algemene gemoed.
22:09
October 25, 2021

Die staaltjies en stories van Mauritz Meyer
Teresa gesels met die inspirerende sakeman en fllantroop Mauritz Meyer
52:42
October 25, 2021

Elzabeth vd Bijl: Entrepreneur van die Jaar 2021 Finalis
Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Elzabeth van der Bijl is die trotse stigter en eienaar van Fynbos SA, 'n aanlyn klerewinkel wat nou ook hulle eerste boetiek oopgemaak het.
08:44
October 24, 2021

Anneke Joubert: Entrepreneur van die Jaar 202 Finalis
Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Eerste aan die beurt is Anneke Joubert van Bouter Happies, wat spesialiseer in gesonde, tuisgemaakte kos vir babas en kleuters.
09:50
October 24, 2021

Wat jy moet weet oor lewensdekking
Izak vra vir Corné Welman wat jy alles moet weet oor lewensdekking
13:44
October 23, 2021

Ek is GATVOL vir rassisme
Ek lug my mening oor die herrie oor rassisme en die ontsteltenis oor Gareth Cliff se opmerking dat rassisme anekdoties en onbelangrik is.
09:47
October 23, 2021

Vier K's en 'n middel A
Nuuspod gesels met Cilliers Brink, die DA se skaduminister vir Samewerkende Regering en Tradiosionele Sake oor die DA se uitdagings in die aanloop na die Munisipale Verkiesings op 1 November
21:28
October 22, 2021

Deursettingsvermoë is die sleutel
Teresa gesels met Dr. Leila Fourie, die uitvoerende hoof van die Johannesburgse Aandelebeurs. Sy het 'n hoë pos by 'n Australiese bank prysgegee en teruggekeer Suid-Afrika toe om haar pos in te neem. Ons hoor wat haar motiveer, haar opinies oor leierskap en wat sy alles in haar vrye tyd doen.
24:59
October 21, 2021

Al hoe meer mense wil landuit
Nuuspod gesels met Martie Kruger, 'n immigrasiespesialis in Kanada oor emigrasienavrae wat die hoogte ingeskiet het na die onlangse onluste.
25:16
October 19, 2021

Wie skrik vir Wortel Wolf?
Die finansiële adviseur cum joernalis, Leon-Ben Lamprecht het sy debuut as skrywer met 'n kinderboek gemaak, Wie skrik vir Wortel Wolf? Nuuspod gesels met hom oor die boek en vra ook vir hom hoe iemand met sy agtergrond by 'n kinderboek uitkom.
20:39
October 16, 2021

Covid Paspoorte: Grondwetlik of nie
Wêreldwyd stel regerings, werkgewers en ander instansies maatreëls in om te sorg dat mense teen Covid19 ingeent word. Dit het tot talle twispunte gelei en selfs opstande tot gevolg gehad. In Suid-Afrika het die regering nog nie so ver gegaan nie, maar groot instansies stel wel die vereiste aan werknemers en ander besoekers. Nuuspod het aan Willie Spies, prokureur by Hurter Spies gevra hoe grondwetlik dit sal wees.
24:42
October 16, 2021

Ons is moeg vir die onbevoegde ANC
Swart kandidate in verkiesings is nie iets wat die gemiddelde Suid-Afrikaner met die Vryheidsfront Plus sal assosieer nie, maar die party het dit stil-stil reggekry om regoor die land bruin en swart kandidate te werf met die oogmerk om minderheidsregte aan te spreek. Nuuspod het met Manicks Mpunwana van Bela Bela gepraat oor sy besluit om as kandidaat vir die Vryheidsfront Plus te staan.
10:25
October 16, 2021

Dalk 'n vierde Cape Town Cycle Tour wen vir Nolan Hoffman?
Teresa gesels met Nolan Hofmann oor sy plan om sy vierde Cape Town Cycle Tour titel te wen
23:51
October 04, 2021

So wil ons die ANC laat val
Izak gesels met John Steenhuisen oor die DA se vooruitsigte in die munisipale verkiesings later vanjaar
17:25
September 30, 2021

Hier gaan die ANC dalk bloedneus kry
Dawie Scholtz, 'n onafhanklike verkiesingsanalis, vertel ons wat hy verwag in die komende munisipale verkiesing verkiesing
28:51
September 29, 2021

Ons is reg om konings te maak
Nuuspod praat met Pieter Groenewald in die aanloop tot die munisipale verkiesings op 1 November.
24:59
September 27, 2021

Ons moet nou sonder die staat boer, sê landbouleier.
Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken sê gewone Suid-Afrikaners moet die staat afskud en op hule eie die staat se mislukkings regmaak. Ons sal as verskillende gemeenskappe hande moet vat. “Ons sal moet begin om die staat en die ANC, wat die publiek gyselaar hou met hul
eie ideologiese besluite, af te skud.” Hy het verder gesê dat politici oor die wêreld heen in fortuinsoekers verander het wat net in eie belang optree. Wilken sê ons sal moet besef ons stryd is nie tussen wit en swart nie, maar tussen ons en die staat.
19:05
September 24, 2021

Ons het 29 uur aanmekaar gestap ten bate van liefdadigheid!
Leilani van Yellow for Survivors het 'n epiese 29 uur staptog saam met Jaxxi Olivier ten bate van liefdadigheid aangepak. Teresa het met haar gesels om te hoor wat hulle besiel het
16:59
September 23, 2021

Mauritius se grense maak weer oop en die 100km fietstoer vind hierdie jaar weer plaas
Teresa gesels met Christian Dejardins oor die Mauritius 100km fietstoer wat hierdie jaar wees plaasvind nadat Mauritius besluit het om sy grense weer oop te stel op 1 Oktober
10:22
September 23, 2021

Ivermektien het nog niemand doodgemaak nie, sê wetenskaplike.
Izak gesels met prof. Colleen Aldous, 'n gesondheidsorgwetenskaplike aan die Universiteit van Kwazulu Natal. Benewens die onderhoud, het sy ook 'n baie interessante artikel geskryf waarin sy Dr Marthinus Viljoen se argumente teen die gebruik van Ivermektien bespreek. Die artikel kan op ons webtuiste gelees word
25:46
September 23, 2021

Mike Bolhuis praat (rerig) prontuit
Teresa begin haar reeks oor bekende, beroemde en berugte mense met 'n insiggewende gesprek met die bekende Mike Bolhuis.
WAARSKUWING: STERK TAALGEBRUIK
01:07:20
September 23, 2021

Wys ons hoe siek is Zuma regtig!
Willie Spies van Hurter Spies Prokureurs verduidelik hoekom hulle hof toe gaan oor Jacob Zuma se parool.
25:11
September 23, 2021

Ons regstelsel is g'n lendelam nie, sê oudregter Kriegler
Die integriteit van die regstelsel word die afgelope tyd bevraagteken na die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die verkiesingsdatum, asook die gebeure rondom oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf. Helen Zille van die DA sê die regbank is lankal gekaap, en Tim du Plessis skryf in Rapport dat die stelsel lendelam is. Maar oudregter Kriegler sê hoewel daar tekortkominge is, is die SA regstelsel nog gesond.
25:45
September 23, 2021

Ek het my werk verloor: Wat nou van my pensioen?
Ons begin 'n nuwe reeks op Nuuspod se gereelde Geldsake rubriek, waarin ons fokus op aftrede. Hierdie week gesels Izak en Corné Welman oor wat jy moet doen met jou pensioen as jy jou werk verloor het. LET WEL: Hierdie rubriek is slegs ter inligting en kan onder geen omstandighede gesien word as regs- of finansiële advies nie. Nader 'n regspraktisyn of finansiële adviseur as jy raad of advies nodig het.
14:21
September 17, 2021

Van Pontdrift tot Kaapstad - op 'n fiets!
Teresa Coetzee het saam met die Thompson Smillie Foundation die meer as 2000km van Pontdrift tot Kaapstad per fiets aangedurf.
24:32
September 12, 2021

Is Suid-Afrika 'n mislukte staat?
In hierdie terugblik na ons groepsgesprek verlede jaar, vra ons die vraag of Suid-Afrika 'n mislukte staat is. Hierdie vraag is nou meer pertinent as ooit, en hierdie insiggewende gesprek is nog steeds uiters relevant.
38:33
September 11, 2021

Moet asseblief nie Ivermektien vir Covid-19 voorskryf nie, pleit dokter
Dr. Marthinus Viljoen het in 'n meningsstuk sy sterk opposisie teen die gebruik van Ivermektien vir Covid-19 uitgespreek. Nuuspod het met hom gesels om meer duidelikheid hieroor te kry.
27:29
September 09, 2021

Mag ons skepties wees oor Zuma parool?
Izak gesels met dr. Llewelyn Curlewis oor oud-president Jacob Zuma se mediese parool
14:22
September 07, 2021

Zuma stuur liefde en groete
Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob Zuma Foundation, gesels met Izak oor voormalige president Zuma se omstrede mediese parool
35:49
September 07, 2021

Ek wil Kaapstad bevry van beurtkrag
Izak gesels met Geordin Hill-Lewis, die DA se nuwe burgermeesterskandidaat. Hy sê hy is 'n trotse Suid-Afrikaner wat nie alleen Kaapstad nie, maar die hele Suid-Afrika wil suksesvol maak. Sy ambisie is om misdaad te bestry, armoede te beveg en Kaapstad te bevry van die tirannie van Eskom se beurtkrag debakel.
37:47
September 06, 2021

Dominee verkrag dominee
Izak gesels met ds. June Dolley Major, 'n dominee in die Anglikaanse kerk wat verkrag is deur 'n mede-leraar.
Ons plaas hierdie aangrypende onderhoud weer na aanleiding van die hofuitspraak hierdie week waarin sy toegelaat word om die naam van haar verkragter bekend te maak.
37:22
September 05, 2021

ANC is in groot moeilikheid maar Cyril staan sterker as ooit
Die ANC het in ‘n dramatiese ommeswaai besluit om sy lot in die hande van die Konstitusionele Hof te plaas, in plaas van om ‘n aansoek voor die kieshof te bring dat die verkiesingskommissie sy registrasieproses van kandidate vir die komende verkiesing moet heropen. Ons hoor by Dr. Piet Croucamp wat hy dink die redes hiervoor kan wees.
42:53
September 01, 2021

Radioman nou ook sakeman
Jody Hendricks, die bekende radioman wat gereeld op RSG gehoor word, het nou sy hand gewaag aan 'n familiebesigheid. Studio Market is 'n unieke supermark in Milpark, Johannesburg wat hy saam met sy broer en suster begin het. Ons vind bietjie meer uit van hierdie idee en wat die beweegredes was om die besigheid te begin
14:33
August 31, 2021

Ons mag vir onsself opstaan!
Noem die naam van Devon Hofmeyr, en jy kry uiteenlopende reaksie. Sommige getroue ondersteuners van Nuuspod sê die jong aktivis is nie nuus nie. Maar net op Facebook is daar meer as 30 000 mense wat hieroor sal verskil. Getrou aan Nuuspod se aard, waar almal 'n storie het, het ek besluit om self uit te vind wie en wat Devon Hofmeyr is, en watter invloed sy pa op sy oortuigings het.
29:38
August 31, 2021

Zola Budd is terug!
Ná jare in Amerika het die hardloop-legende Zola Budd en haar man besluit om terug te kom Suid-Afrika toe en ja, sy hardloop nogsteeds.
26:22
August 31, 2021

Wêreldbekende sjef kies Suid-Afrika bo enige land
Jane-Therese Mulry is 'n bekroonde sjef wat reeds in spogrestaurante regoor die wêreld gewerk het, maar deesdae bevind sy haarself in die Wieg van die Mensdom in Bidon Bistro se kombuis. Sy vertel hoe haar lewenspad geloop het en haar hier uitgebring het.
17:34
August 31, 2021

Man sê hy is verlam na Pfizer inenting
‘n Man van Mbombela in Mpumalanga is al ‘n maand lank verlam vermoedelik weens sy eerste Pfizer-inenting.
32:46
August 23, 2021

Skryf jou eie lewensboek
As jy nog altyd daarvan gedroom het om jou lewensverhaal in 'n boek vas te vang, moet jy na die onderhoud kyk. Hier is die ideale geleentheid vir elke gewone mens om 'n boek oor sy/haar lewe te skryf. Ons gesels met Lean Badenhorst
17:17
August 23, 2021

Die antwoorde op jou inentingsvrae
Prof Hannelie Meyer, hoof van die Suid Afrikaanse Sentrum vir Inenting en Immunisering, verskaf antwoorde op die kwellende vrae rondom inentings wat in die pers en op sosiale media gevra word.
49:45
August 23, 2021

Dis nie die einde van Noseweek nie
Al die uitgawes van die bekende Noseweek is aan die Universiteit Stellenbosch geskenk. Die tydskrif is vroeër hard getref deur 'n verdoemende hofbeslissing. Nuuspod praat oor die skenking met Martin Welz, die redakteur, oor die skenking, asook oor joernalistiek in die algemeen. Dis egter nie die einde van Noseweek nie. Die tydskrif sal voortaan aanlyn uitgegee word.
53:29
August 23, 2021

Die verwoesting wat affairs kan saai
In die tweede aflewering van ons nuwe reeks oor Formidabele Vroue, gesels Teresa met Hermien von Graevenitz oor die verwoesting wat affairs kan saai. Moontlik gemaak deur Hammond Pole Prokureurs
53:31
August 20, 2021

Lizz Meiring: Inperking sal my nie onderkry nie
In die eerste aflewering van ons nuwe reeks oor Formidabele Vroue, vertel Lizz Meiring vir Teresa Coetzee oor die uitdagings wat kunstenaars in die gesig staar as gevolg van die inperkings. Sy vertel verder wat sy alles doen om kop bo water te hou, en hoe die kunstenaarsgemeenskap mekaar ondersteun in hierdie uitdagende tye.
36:06
August 18, 2021

En vergewe ons ons mistastings en bewaar ons van die virus...
Die virus het ons onmenslikheid kom blootlê, soos ‘n sinkgat wat oornag verskyn op die pad na Bapsfontein. Van daardie eerste oomblik af na die afkondiging van die inperkingsmaatreëls in Maart 2020, het daar ‘n ekstra byt bygekom in die manier hoe ons met mekaar omgaan en verskil. Izak lug sy mening oor die verdeeldheid in ons samelewing
15:16
August 18, 2021

Wat jy moet weet oor trusts
In die nuutste uitgawe van Nuuspod se gereelde Geldsake rubriek, gesels Izak met Corné Welman oor trusts. Sy verduidelik watter soort trusts jy kry, wie trusts kan gebruik en wanneer jy 'n trust nodig sal hê. Sy vertel ook hoe trusts bestuur word en hoe begunstigdes kan kry wat hulle toekom en teen misbruik beskerm kan word.
LET WEL: Hierdie rubriek is slegs ter inligting en kan onder geen omstandighede gesien word as regs- of finansiële advies nie. Nader 'n regspraktisyn of finansiële adviseur as jy raad of advies nodig het.
23:15
August 13, 2021

Skud op as jy aan die Spar Women's Virtual Challenge wil deelneem.
Izak gesels met die bekende sanger, fotograaf en grimeerkunstenaar Willem Botha. Hy vertel ons meer oor die Spar Women's Virtual Challenge waarby hy al die afgelope agt jaar betrokke is.
05:51
August 13, 2021

Suid-Afrika sal moet skik met Zuma ter wille van gemoedsrus
Izak gesels met Dr. Llewelyn Curlewis oor die nuutste, opspraakwekkende verwikkelinge in die Zuma hofsaak. Hy reken Zuma se gevorderde ouderdom en bewese vertragingstaktieke, maak dat dit belangrik is om 'n pleitooreenkoms en skikking aan te gaan, anders is daar 'n goeie kans dat geregtigheid nie gaan plaasvind nie.
22:35
August 12, 2021

Kabinetskuiwe: Cyril speel takties briljant
Sommige gefrustreerde Suid-Afrikaners beskuldig president Cyril Ramaphosa van lamsakkigheid na gisteraand se kabinetskuiwe. Volgens hulle is Ramaphosa se aanstellings 'n bewys daarvan dat hy die ANC bo die land se belange dra. Talle mense het verwag dat iemand soos Bheki Cele en Nkosazana Dlamini-Zuma onder meer die trekpas sou kry vir hul hantering van die inperkingsmaatreëls wat sedert Maart verlede jaar ingestel is weens die Covid19-pandemie. Die president het in pleks daarvan twee nuwe aanstellings gemaak na die bedanking van Tito Mboweni en die afsterwe van Jackson Mthembu, asook 'n paar strategiese veranderinge. Maar Kotzé sê gisteraand se skuiwe is net nog 'n bewys dat Ramaphosa 'n baie slim taktiese spel speel om sy houvas as president te verstewig.
39:34
August 08, 2021

Izak gesels met Charné Bosman oor die Spar Virtual Challenge
Izak hoor by Charne Bosman, 'n handelsmerk ambassadeur vir Spar, oor wat die Spar Virtual Challenge alles behels
08:36
August 08, 2021

Van polisieman na prokureur omdat hy nie bevordering kry nie.
Izak gesels met Joos Engelbrecht oor sy inspirerende lewensverhaal. Na meer as 20 jaar se vergeefse hoop op bevordering in die SA Polisiediens, het Joos op amper 50 besluit om 'n prokureur te word. Vandag is hy 'n toegelate prokureur
17:07
August 08, 2021

Waar in die wêreld is David Mabuza?
Izak praat met die parlementêre verslaggewer Jan-Jan Joubert oor waar David Mabuza deesdae is na hy Rusland toe is vir medies behandeling
12:60
August 08, 2021

Onluste: Hoe assesseer 'n mens 'n tsoenami van eise?
Nuuspod praat met Norman Hornby, uitvoerende hoof van Cornwall. Hulle het die taak om duisende Sasria-eise na die onlangse onluste te assesseer. Dit volg kort op die hakke van die duisende eise wat ingedien word as gevolg van die inperkingsmaatreëls wat ingestel is weens die Covid19-pandemie. Dit het 'n geweldige impak op die versekeringsbedryf. Norman beduie hoe.
18:41
August 08, 2021

Wat jy moet weet oor testamente
In die nuutste uitgawe van Nuuspod se gereelde Geldsake rubriek met Corné Welman, gesels ons oor testamente. Daar is 'n paar kernbeginsels waarvan jy moet weet, en Corné gee 'n paar wenke wat belangrike implikasies inhou vir jou testament. Sy praat oor die belangrikheid en kostes verbonde aan 'n eksekuteur, wie kan erf, wat iemand by jou mag erf en wat om te doen met minderjarige kinders. Sy sê ook of die briefie wat jy in jou laai los 'n testament kan wees.
13:11
August 08, 2021

Die storie van Sakkie en die diamanthandelaar
In 2018, toe ek nog by Monitor en Spektrum op RSG was, het 'n vriendin by my kom kla oor geld wat sy by ene Louis Liebenberg belê het. Dit was die begin van 'n lang, interessante en vermoeiende "verhouding" met een van die land se gladste bekke denkbaar. Vandeesweek het die hooggeregshof al sy rekeninge, met R100 miljoen daarin, gevries te midde van klagtes oor swendelary en die bedryf van 'n Ponzi-skema. In die video vertel ek meer oor hoe my pad met Louis Liebenberg gekruis het.
26:06
August 08, 2021

Elvis Blue praat oor koffie, fietsry en sy nuwe album
In die nuutste aflewering van die Talon Tools reeks gesprekke met inspirerende mense, gesels Teresa met die bekende sanger Elvis Blue oor sy langverwagte nuwe album, "Meer as genoeg", wat op 30 Julie vrygestel word. Na sy eie stryd met COVID-19 en die musiekindustrie wat hard getref is, het hy 'n nuwe uitkyk op die lewe gekry. Hierdie album gaan juis daaroor - die klein dingetjies wat meer werd is as al die goud in die wêreld.
15:56
August 08, 2021

Kaptein Brandt: Die onderneming wat losgebreek het uit die kettings van inperking.
Izak praat met Sakkie van Rooyen van Kaptein Brandt faam. Hy vertel hoe hulle besigheid gegroei het tot die inperking verlede jaar omdat hy besluit het dit gaan hom nie onderkry nie. Die gesprek behoort 'n inspirasie te wees vir elkeen wat wonder of 'n mens 'n nuwe lewe uit bykans onmoontlike omstandighede kan skep.
20:22
August 08, 2021

Nuuspod praat met Leonie Marques, stigter en eienaar van Studiemeester
In ons reeks oor Entrepreneurs, praat Izak met Leonie Marques. Sy het Studiemeester begin nadat sy haar kind opsommings help maak het. Vandag is dit 'n florerende besigheid en 'n leier op die gebied
15:43
August 08, 2021

Word ons 'n tweede Zimbabwe?
Nuuspod vra aan Lizette Lancaster van die ISS wat agter die geweld van die afgelope tyd sit. Ons bespreek die gebrek aan intelligensie, plofbare situasies soos armoed, gebrek aan dienslewering, die staat se onvermoë om alles te hanteer. En ek vra vir haar wat die kanse is dat SA 'n tweede Zimbabwe kan word in die lig van al die plofbare faktore wat aanwesig is.
17:17
August 08, 2021

Teresa praat met Bruce Fordyce in die nuutste aflewering van die Talon Tools Reeks
Bruce Fordyce is 'n absolute legende, en is tot vandag toe nog 'n aktiewe hardloper. Hy gesels met Teresa oor hoogtepunte van sy lewe, en waarmee hy vandag nog besig is.
26:59
August 08, 2021

Dit wat Zuma en die ANC aan ons gedoen het is verskriklik. Ons verdien beter.
Die joernalis Marianne Thamm vertel aan Nuuspod hoe sy die onluste van die afgelope tyd ontleed. Sy meen die grootste oorsaak is die inploffing van die ANC.
21:60
August 08, 2021

Geweld: Dit sou nie in PW Botha se tyd gebeur het nie, sê prof. André Duvenhage
Nuuspod praat met prof. André Duvenhage oor die afgelope week se geweld wat in KwaZulu-Natal begin het na die inhegtenisneming van oudpresident Jacob Zuma. Hy is een van vele stemme wat die afgelope tyd se gebeure probeer ontleed. Nuuspod sal ook met ander kenners praat.
31:50
August 08, 2021

Ek moes dood gewees het
Leilani Kuter is 'n aktivis teen geslagsgeweld. 27 jaar na sy brutaal verkrag is, het sy besluit om dit finaal agter haar te sit deur vir 27 dae lank elke dag 27km ver ter stap. Sy het intussen ook Yellow for Survivors begin, 'n nie-winsgewende organisasie wat sy saam met Spar bedryf en wat fokus op geslagsgeweld.
25:52
August 08, 2021

As my party verloor, dan bid ons.
Nuuspod praat met Carika Carelse van Brandvlei oor die Munisipale Verkiesings en ons vra of dit enige verskil aan haar lewe maak. 'n Onderhoud uit 'n ander oogpunt oor hoe verkiesings mense op grondvlak raak.
26:36
August 08, 2021

Help! My finansies is beroerd!
In die eerste aflewering van die nuwe Nuuspod Geldsake segment, gesels Izak en Corné Welman oor die impak van die COVID-19 pandemie op mense se finansies. Besighede het toegemaak, duisende mense het hulle werk verloor en daar is nie rerig enige vooruitsigte dat dinge gou gaan verbeter nie. In hierdie ongewone tye moet moeilike finansiële keuses gemaak word, wat langtermyn gevolge kan hê. Corné gesels oor wat jou opsies is en hoe om te werk te gaan om dit te implementeer.
24:08
August 08, 2021

Teresa praat met Nick Bester, veelvuldige wenner van die Comrades marathon
Verlede jaar is die sportster Nick Bester brutaal aangeval tydens ‘n oefensessie en hy het baie amper met sy lewe daarvoor geboet. Hy gesels oor die aanval, hardloop, fiksheid en die Comrades.
19:18
August 08, 2021

Alles wat jy moet weet oor Ivermektien, inentings en die Delta variant.
Dr. Adi-Mari Schoeman praat oor Ivermektien, inentings en die Delta variant. Ons het die woord van die medisyne uitgehaal om YT ons onderhoude hieroor verwyder.
29:25
August 08, 2021

Izak praat met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteitsbeweging
Nuuspod praat met die hoof van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, oor hoe hy die huidige stand van Suid-Afrikaanse politiek beskou. Ons praat oor selfsorg, federasies, vervalle infrastruktuur, gevalle staat en wat hy verwag in die munisipale verkiesings in Oktober gaan gebeur.
34:27
August 08, 2021

So werk die boere van Williston saam.
De Witt Hodgson van Williston vertel aan Alta Strauss hoe die boere van die distrik eienaarskap geneem het oor die verspreiding van hul produk. Die samewerkingsinisiatief help boere wat weens die droogte sukkel, om staande te bly en dra by tot die ekonomie van die dorp, vertel De Witt.
12:09
August 08, 2021

So kan Zuma se tronksel dalk lyk
Nuuspod praat met Llewelyn Curlewis oor Jacob Zuma se tronkstraf
23:40
August 08, 2021

Peter Thomson vertel van 2 000 km lange fietsren vir liefdadigheid
Teresa Coetzee praat met Peter Thomson van Smillie Thomson Foundation
24:32
August 08, 2021

Herman Mashaba: Ons is gatvol!
Nuuspod talks to the president of ActionSA about the upcoming municipal elections.
21:05
August 08, 2021

Die storie van SA se eerste transgender huwelik
Met die transgender-debatte wat tans by sommige tersiêre instellings heers en die uitdagings rakende die potensiële aanspreekvorme, soos bespreek op een van die week radioprogramme, en die breër LGBTQ debat, het my gedagtes sommer teruggegaan na so 50 jaar gelede. Vandag, nogal presies 50 jaar gelede.
25:12
August 08, 2021

Martin Dreyer glo 'n positiewe gesindheid kan enigiets oorkom
Teresa Coetzee praat met Martin Dreyer. Hy deel sy sukses, sommige mislukkings en ander stories met jonger atlete en enigiemand anders wat inspirasie nodig het.
27:00
August 08, 2021

No political party is worthy of my money - Izak talks to Magda Wierzycka
Nuuspod talks to the chairperson of Sygnia, Magda Wierzycka about corporate corruption, and her criticism of Elon Musk's Bitcoin exercise.
40:29
August 08, 2021

My kind word geboelie -- wat nou?
Alta Strauss praat met Leandie Bräsler oor Afriforum se teenboelieveldtog
22:58
August 08, 2021

Covid-19: Vrees oorweldig mense, maar Helpende Hand kan help
Alta Strauss praat met Hannes Noeth van Solidariteit Helpende Hand oor hulle werk tydens die Covid19 pandemie.
21:17
August 08, 2021

Koalisies is SA se enigste politieke uitweg
In ons weeklikse gesprekreeks met die oog op die munisipale verkiesings in Oktober vanjaar, gesels Nuuspod met Dr. Pieter Mulder, politieke ontleder oor koalisies.
36:53
August 08, 2021

Leon Wessels: Hieroor kan Suid-Afrikaners positief wees.
Nuuspod vra aan Leon Wessels of daar nog iets is waaroor Suid-Afrikaners positief kan wees.
20:53
August 08, 2021

Andre de Ruyter: "I'm still standing."
Nuuspod praat met Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, oor van die uitdagings wat die kragvoorsiener het om die ligte in Suid-Afrika aan te hou. Hy voorsien 'n nuwe bedeling waarin Eskom steeds 'n rol sal speel en kragvoorsiening nie meer op tradisionele maniere sal geskied nie.
26:46
August 08, 2021

Tony Leon: DA gaan bloedneus kry, maar met verdeelde ANC sal dit nie 'n uitklophou wees nie.
Hierdie onderhoud is die eerste in 'n reeks van gesprekke wat Nuuspod gaan doen in die aanloop na die verkiesing toe in Oktober. Elke week sal 'n ander bekende in politieke kringe gevra word hoe hulle die stand van sake beskou. Die onderhoude word elke Dinsdag om 18:00 gepubliseer.
42:31
August 08, 2021

Wyn: My kruk uit die hel.
Alta Strauss praat met Elmanda Fourie oor haar stryd teen alkoholafhanklikheid.
22:42
August 08, 2021