Skip to main content
Wat de vloekwoord?!

Wat de vloekwoord?!

By Gerhard van Huyssteen
"Wat de vloekwoord" is 'n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts. Dié reeks is deel van 'n groot navorsingsprojek wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale.
Listen on
Where to listen
Apple Podcasts Logo

Apple Podcasts

Breaker Logo

Breaker

Google Podcasts Logo

Google Podcasts

Overcast Logo

Overcast

Pocket Casts Logo

Pocket Casts

RadioPublic Logo

RadioPublic

Spotify Logo

Spotify

Beer Adriaanse
Beer Adriaanse in gesprek met Elmarie Claassens. Beer Adriaanse het onder andere bekendheid verwerf as akteur in Wonderlus, Kanarie, Fynskrif en Boer soek 'n ou. Hy is 'n veelsydige akteur, regisseur, skrywer en musikant. Beer gesels in hierdie episode oor omgekeerde rebellie, asook oor die fyn lyn in skryf tussen pittigheid, snaaksheid en vulgariteit. Die gesprek verken verder ook temas oor desensitering, kwesbaarheid en volle (manlike) naaktheid op die silwerskerm. [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.] NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
1:23:08
September 25, 2020
Claire Johnston
Claire Johnston in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Claire Johnston – die bekende hoofsanger van Mango Groove – is Suid-Afrikaanser as Suid-Afrika, al is sy eintlik 'n boorling van Engeland. Tydens haar studies aan die Universiteit van die Witwatersrand word sy die hoofsanger van Mango Groove, 'n posisie wat sy nog tot vandag (meer as 35 jaar later) beklee. As solis het sy ook twee eie albums opgeneem en sing dikwels nie Nasionale Lied voor groot internasionale sportgeleenthede. Claire gesels in hierdie aflewering oor haar grootwordjare in 'n huis waar daar nie gevloek is nie (al was haar eerste vloekwoord op driejarige ouderdom!). Aandag word ook gegee aan leenvloekwoorde oor en weer in Afrikaans en Engels. Die gesprek fokus dan uiteindelik vir 'n groot deel oor Mango Groove as rol in die oorgangsjare na 'n nuwe bestel in Suid-Afrika en hoe hulle op ander maniere as met eksplisiete politieke lirieke deel was van die verandering wat plaasgevind het. [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]  NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
43:50
September 18, 2020
Amanda Strydom
Amanda Strydom in gesprek met Elmarie Claassens. Amanda Strydom is een van Afrikaans se bekendste sangers, addisioneel tot haar bekendheid as kabaretster, skywer, radio-omroeper, akteur en TV-ster. Sy begin haar loopbaan as akteur, maar vestig haar ook as liriekskrywer en sanger in 1979 met die reusetreffer "Ek loop die pad". Sy verower gehore met haar vlymskerp vertelstyl en enorme stem op nasionale en internasionale verhoë. Amanda gesels in hierdie episode oor haar grootwordjare en haar eerste vloekwoord. Die gesprek maak draaie by vloek op die verhoog, die kuns van storievertelling en wat repek vir ‘n gehoor vir haar beteken. Sy gesels openlik oor uitdagings en taboes wat sy oorkom het gedurende haar loopbaan – van die Amandla-insident in 1986, tot al die taboes rondom haar psigiatriese diagnose. [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]  NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
49:28
September 11, 2020
Anton Goosen
Anton Goosen in gesprek met Gerhard van Huyssteen.  Anton Goosen – die veel bekroonde Liedjieboer – is een van die grootste ikone van die Afrikaanse musiekbedryf. Sy eerste solusseweplaat het reeds in 1967 verskyn, terwyl sy jongste album meer as vyftig jaar later in 2019 verskyn het. Sy outobiografie, getiteld Liedjieboer en geskryf deur Hanlie Retief, het in 2020 verskyn.  In hierdie aflewering gesels Anton veral oor sy persoonlike ervarings met betrekking tot sensuur in die Afrikaanse musiekbedryf. Reeds van vroeg af in sy musiekloopbaan is hy van verhoë verban, of mag sy liedjies nie op nasionale radio gespeel geword het nie. Met die Musiek en Liriek-beweging het hy en medekunstenaars soos David Kramer, Coenie de Villiers en Lucas Maree reeds lank voor die rewolusie van Voëlvry kritiek op die Suid-Afrikaanse samelewing gelewer, met die gevolg dat baie van hulle albums of liedjies verban is, of met beperkings of waarskuwings vrygestel is. By die befaamde Houtstok-konsert op 31 Mei 1990 het Anton Goosen en die Kommissie van Ondersoek luidkeels op die verhoog 'n liedjie met omstrede woorde gesing. Luister hoe Anton hieroor gesels en besin of dit in 2020 nog steeds relevansie het.  [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]  NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
50:24
September 5, 2020
Wat de vloekwoord?!-bekendstelling (Elmarie)
"Wat de vloekwoord" is 'n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts. Dié reeks is deel van 'n groot navorsingsprojek wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale.  [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]  NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
01:45
September 5, 2020
Wat de vloekwoord?!-bekendstelling (Gerhard)
"Wat de vloekwoord" is 'n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts. Dié reeks is deel van 'n groot navorsingsprojek wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale.  [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]  NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
02:34
September 5, 2020