Skip to main content
Wat de vloekwoord?!

Wat de vloekwoord?!

By Gerhard van Huyssteen

"Wat de vloekwoord" is 'n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts. Dié reeks is deel van 'n groot navorsingsprojek wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale.
Available on
Apple Podcasts Logo
Google Podcasts Logo
Overcast Logo
Pocket Casts Logo
RadioPublic Logo
Spotify Logo
Currently playing episode

Leon van Nierop

Wat de vloekwoord?!Oct 02, 2020

00:00
01:07:04
Hunter Kennedy

Hunter Kennedy

Hunter Kennedy in gesprek met Elmarie Claassens.


Hunter Kennedy is 'n bekende rocker en die skepper van die lirieke van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties – Suid-Afrikaanse musiekgroepe met kultusstatus.

Hunter gesels in hierdie aflewering oor 20 jaar in die musiekbedryf, die "Fok God"-insident, sy proses om liedjies te skryf, die donker tye in sy eie lewe en hoe hy homself nie te ernstig opneem nie.

Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Dec 04, 202045:53
Kobus van Rooyen

Kobus van Rooyen

Kobus van Rooyen in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Prof. Kobus van Rooyen is een van die prominentse figure in die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy was onder andere vanaf 1980 tot 1990 voorsitter van die Appèlraad oor Publikasies toe boeke soos Magersfontein o Magersfontein! en Kennis van die Aand ontban is. Hy was ook die voorsitter van die komitee wat die nuwe Wet op Films en Publikasies van 1996 geskryf het. Lees ook gerus sy boek A South African censor's tale.

Kobus gee in hierdie episode 'n boeiende maar bondige oorsig oorsig oor die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy vertel interessante staaltjies uit die binnekringe van die regering en die mense wat boeke verban en ontban het. Ook besin hy oor wat volgens hom 'n beste aanpak is met betrekking tot die beskerming van kinders.

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Nov 27, 202047:60
Marita van der Vyver

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver in gesprek met Elmarie Claassens. 

Marita van der Vyver is een van Afrikaans se bekendste skrywers met meer as 30 publikasies agter haar naam, insluitende volwasse, kinder- en jeugromans, kookboeke, essays, radiodramas, vertalings, en so meer. Talle van haar boeke is met van die belangrikste toekennings in Suid-Afrika bekroon, en heelwat van hulle is in ander tale vertaal. Ook is van haar boeke omgeskakel in films of verhoogstukke, terwyl sy self ook die aanbieder van die TV-reeks "Marita kook" was. 

Marita gesels in hierdie aflewering oor die voortgaande stryd rondom die onafhanklikheid van die vrou, taboes rondom vroulike wellus en seksualiteit, menstruasie, eufemismes en hoe 'Griet' steeds relevant bly. 

[Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.] 

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Nov 20, 202051:38
Sophia Kapp

Sophia Kapp

Sophia Kapp in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Sophia Kapp is 'n bekende skrywer van Afrikaanse romanses, liefdesromans en ander fiksiegenres. Verskeie van haar boeke is al bekroon, terwyl haar boeke ook dikwels bo-aan die topverkoperlyste in Suid-Afrika pryk. Een van haar bekendste en gewildste boeke is sekerlik Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva. Sophia is sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en werk sedert 2014 as taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

In hierdie aflewering gesels Sophia aan die een kant oor haar persoonlike lewe en die rol wat vloek en ander taboes daarin speel - veral ook in haar verhoudings met haar pa, ma en seun. Aan die ander kant besin sy oor die funksie van vloekwoorde in (veral Afrikaanse) fiksie en hoe die gebruik daarvan van genre tot genre verskil.

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Nov 13, 202059:42
Chris Vorster

Chris Vorster

Chris Vorster in gesprek met Elmarie Claassens.

Chris Vorster – bekend as onder andere Ryno Lategan van 7e Laan-faam – is sedert 1995 'n skrywer en regisseur vir en akteur op verhoog en televisie. Hy het al ongeveer 55 verhoogproduksies geskryf, asook die regie van baie daarvan gedoen. Hy is tans 'n dosent in film en televisie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Chris gesels in hierdie aflewering oor sy grootwordjare, hoe hy vloekwoorde in karakterbybels gebruik, asook oor hoe om die fyn balans te handhaaf tussen aanstoot gee en paai in skryfwerk en regie.

[Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Nov 06, 202049:56
Melt Sieberhagen

Melt Sieberhagen

Melt Sieberhagen in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

In die Afrikaanse komediewêreld is Melt Sieberhagen een van die prominentste figure, veral onder 'n nuwe geslag akteurs. Sy bekendheid strek egter wyer as net in komediesirkels: Hy is ook 'n gerekende en geliefde TV-, film- en verhoogakteur, regisseur, redigeerder, skrywer en stemkunstenaar. Van bekendste  produksies waarby hy betrokke was, sluit in Proesstraat en Fynskrif (TV), Poena is koning en District 9 (film), en Nagskofkliek (verhoog).

Melt gee 'n noukeurige analise van wat bedoel word met "gemotiveerd" as mense sê "vloek moet gemotiveerd wees". Hy identifiseer spesifieke parameters waaraan die gemotiveerdheid gemeet kan word. Hy praat ook – gebaseer op sy eie ervaring – oor die verskille tussen komedie, skerpsketsery, roskamming ("roast") en improvisasiekuns. Ter afsluiting gee hy insig in die wêreld van oorklanking.

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.] 

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Oct 30, 202056:17
Kim Cloete

Kim Cloete

Kim Cloete in gesprek met Elmarie Claassens. 

Kim Cloete is 'n bekende akteur wat haar loopbaan begin het as veldaanbieder vir 'n kinderprogram, en sy word geken vir haar deernisvolle vertolking van ingewikkelde karakters. Sy is nie net 'n aktivis-akteur nie, maar ook 'n suksesvolle sakevrou. 

Kim gesels in hierdie aflewering openlik oor die grootste taboe wat sy al ooit ervaar en moes oorkom het, en sy verduidelik hoe sy betekenis vind in haar loopbaan deur juis aktivisties op te tree en taboes direk aan te pak. Aandag word ook gegee aan stereotipering van karakters deur middel van teks, en intensie agter woorde en kommunikasie. Kim beskryf die p-woord soos nog min gehoor. 

[Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of http://www.watkykjy.co.za/ nie.

Oct 23, 202001:07:08
Dawid Minnaar

Dawid Minnaar

Dawid Minnaar in gesprek met Elmarie Claassens.

Dawid Minnaar is 'n bekroonde en geliefde akteur en is bekend vir rolle op die silwerskerm, verhoog, TV en radio.  Dawid is al vir 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf en is sonder twyfel 'n ikoon in Suid-Afrikaanse film- en teater.  

Dawid gesels gesels in hierdie aflewering oor vloek, moraliteit, emosionele intelligensie en goeie maniere. Hy brei uit oor die dinamiek van diplomasie en valsheid. Die gesprek fokus later op die funksie van vloek op die verhoog en hoe onnodige vloek 'n teks kan laat verwater.

[Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Oct 16, 202001:06:19
Neil Sandilands

Neil Sandilands

Neil Sandilands in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Neil Sandilands is sonder twyfel een van die bekendste Suid-Afrikaanse Hollywoodsterre, met rolle in onder andere 'n Tom Hanks-film, 'n Robert Downey Jr.-produksie en met hoofrolle in die reekse The 100 en The Flash. Plaaslik is hy ook bekend as onder andere Bart in 7e Laan en Zatopek van Heerden in Orion. Hy is ook al deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns as regisseur bekroon. In 2020 het hy die treffer Die ballade van Frik & Dot, oftewel, "Goue Graal" bekendgestel.

Neil praat in hierdie aflewering oor die lewe in Hollywood en veral die kanselleerkultuur in Amerika – 'n moderne vorm van sensuur. Hy besin ook oor (self)sensuur op sosiale media, soos bv. YouTube. In die video van Die ballade van Frik & Dot, oftewel "Goue Graal" is daar 'n paar vloekwoorde, en Neil vertel hoe hulle die radioweergawe van dié lied aangepak het.

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Oct 09, 202001:05:58
Leon van Nierop

Leon van Nierop

Leon van Nierop in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Leon van Nierop is sinoniem met die Afrikaanse filmbedryf – nie net as bekende en gerespekteerde filmkritikus nie, maar ook as akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Of is hy eintlik sinoniem met die radiowese? Of as skrywer? Leon se spore lê diep in groot dele van die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld.

Leon gesels in hierdie aflewering oor die geskiedenis van vloek in die Afrikaanse filmwese – van die eerste film waarvan hy weet waarin met opset gevloek is, tot van die jongste films. Hy praat ook uitvoerig oor die ouderdomsbeperking van 16TG op die film 'Ballade vir 'n Enkeling' en hoe dié ouderdomsbeperking kykerstalle beïnvloed het. Deurentyd word ook aandag gegee aan die rol en funksie van vloek in verskillende genres.

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.] 

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Oct 02, 202001:07:04
Beer Adriaanse

Beer Adriaanse

Beer Adriaanse in gesprek met Elmarie Claassens.

Beer Adriaanse het onder andere bekendheid verwerf as akteur in Wonderlus, Kanarie, Fynskrif en Boer soek 'n ou. Hy is 'n veelsydige akteur, regisseur, skrywer en musikant.

Beer gesels in hierdie episode oor omgekeerde rebellie, asook oor die fyn lyn in skryf tussen pittigheid, snaaksheid en vulgariteit. Die gesprek verken verder ook temas oor desensitering, kwesbaarheid en volle (manlike) naaktheid op die silwerskerm.

[Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Sep 25, 202001:23:08
Claire Johnston

Claire Johnston

Claire Johnston in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Claire Johnston – die bekende hoofsanger van Mango Groove – is Suid-Afrikaanser as Suid-Afrika, al is sy eintlik 'n boorling van Engeland. Tydens haar studies aan die Universiteit van die Witwatersrand word sy die hoofsanger van Mango Groove, 'n posisie wat sy nog tot vandag (meer as 35 jaar later) beklee. As solis het sy ook twee eie albums opgeneem en sing dikwels nie Nasionale Lied voor groot internasionale sportgeleenthede.

Claire gesels in hierdie aflewering oor haar grootwordjare in 'n huis waar daar nie gevloek is nie (al was haar eerste vloekwoord op driejarige ouderdom!). Aandag word ook gegee aan leenvloekwoorde oor en weer in Afrikaans en Engels. Die gesprek fokus dan uiteindelik vir 'n groot deel oor Mango Groove as rol in die oorgangsjare na 'n nuwe bestel in Suid-Afrika en hoe hulle op ander maniere as met eksplisiete politieke lirieke deel was van die verandering wat plaasgevind het.

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.] 

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Sep 18, 202043:51
Amanda Strydom
Sep 11, 202049:28
Anton Goosen

Anton Goosen

Anton Goosen in gesprek met Gerhard van Huyssteen. 

Anton Goosen – die veel bekroonde Liedjieboer – is een van die grootste ikone van die Afrikaanse musiekbedryf. Sy eerste solusseweplaat het reeds in 1967 verskyn, terwyl sy jongste album meer as vyftig jaar later in 2019 verskyn het. Sy outobiografie, getiteld Liedjieboer en geskryf deur Hanlie Retief, het in 2020 verskyn. 

In hierdie aflewering gesels Anton veral oor sy persoonlike ervarings met betrekking tot sensuur in die Afrikaanse musiekbedryf. Reeds van vroeg af in sy musiekloopbaan is hy van verhoë verban, of mag sy liedjies nie op nasionale radio gespeel geword het nie. Met die Musiek en Liriek-beweging het hy en medekunstenaars soos David Kramer, Coenie de Villiers en Lucas Maree reeds lank voor die rewolusie van Voëlvry kritiek op die Suid-Afrikaanse samelewing gelewer, met die gevolg dat baie van hulle albums of liedjies verban is, of met beperkings of waarskuwings vrygestel is. By die befaamde Houtstok-konsert op 31 Mei 1990 het Anton Goosen en die Kommissie van Ondersoek luidkeels op die verhoog 'n liedjie met omstrede woorde gesing. Luister hoe Anton hieroor gesels en besin of dit in 2020 nog steeds relevansie het. 

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.] 

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Sep 05, 202050:24
Wat de vloekwoord?!-bekendstelling (Elmarie)
Sep 05, 202001:45
Wat de vloekwoord?!-bekendstelling (Gerhard)
Sep 05, 202002:34