Skip to main content
AfriPod

AfriPod

By AfriForum Media
AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na media@afriforum.co.za.
Where to listen
Apple Podcasts Logo

Apple Podcasts

Castbox Logo

Castbox

Google Podcasts Logo

Google Podcasts

Overcast Logo

Overcast

Pocket Casts Logo

Pocket Casts

RadioPublic Logo

RadioPublic

Spotify Logo

Spotify

ARGIEF: Boekgesprek: Dirk Hermann - Ons sal self
*Hierdie episode het op 27 November 2020 verskyn Dr. Dirk Hermann kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor sy jongste boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika. Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika bevat meer as 20 brutaal eerlike ope briewe waarin dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, standpunt inneem teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappye én individue teenoor Afrikaners. Dit bied ’n blik op die uitdagings wat dié gemeenskap die afgelope paar jaar in die gesig staar. Koop hier: Ons sal self
24:52
May 18, 2022
ARGIEF: Sal jy ’n belastingboikot ondersteun?
*Hierdie episode het op 19 Mei 2021 verskyn Jacques Broodryk het in Mei 2021 met prof. Koos Malan en Johan Kruger gesels oor die wanbesteding van belastingbetalergeld en of die publiek se frustrasies met die regering oor hierdie wanbesteding kan lei tot ’n belastingopstand. Op 30 Augustus 2021 het AfriForum ’n belastingmanifes gepubliseer waarin die organisasie ’n dispuut met die regering verklaar het oor die vermorsing van belastingbetaler geld en het die organisasie ook gewaarsku dat ’n belastingopstand onafwendbaar is indien die voortdurende plundering van die staatskas en die stoomroller van destruktiewe beleidsidees nie summier gestaak word nie.
21:26
May 11, 2022
Episode 26: Die rimpeleffek van NGV
AfriForum het onlangs ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gedoen waarin verskeie redes aangevoer is waarom die voorgestelde Wetsontwerp vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gedoem is om te misluk. Carina Bester gesels met Reiner Duvenage oor sy voorlegging en wat die implimentering van NGV vir Suid-Afrika sal beteken.  Aanbieder: Carina Bester Vervaardiger: Chanté Kelder
16:02
February 21, 2022
Boekgesprek: Spioenmeesters - Henning van Aswegen
Wie was die Russiese spioen wat so bietjie Afrikaans kon praat? Wie was die twee Boerespioene wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in Oos-Afrika teenoor mekaar te staan gekom het? Chanté alias Die Stille Gevaar, gesels met Henning van Aswegen alias Agent Waaghalsige Wapen oor sy nuutste boek Spioenmeesters. Spioenmeesters onthul die feite oor 18 verskillende intelligensie-gevallestudies wat Suid-Afrika direk en indirek beïnvloed het. Dit ondersoek ook legendariese intelligensie-agente soos Hendrik van den Bergh, Dieter Gerhardt, Arthur McGiven, Craig Williamson en Gerard Ludi se betrokkenheid by dié gebeure. Koop Spioenmeesters hier: https://www.kraaluitgewers.co.za/e-winkel/spioenmeesters/ Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Chanté Kelder
36:21
December 13, 2021
Episode 25: Die verspreiding van foto’s en video’s op sosiale media
Weet jy wanneer mag jy foto’s van vermeende misdadigers of ’n misdaad versprei? Weet jy wat die gevolge is wanneer jy foto’s of video’s van misdadigers of ’n misdaad versprei? In hierdie episode gesels ons met Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, oor die verspreiding van foto’s en video’s op sosiale media. Aanbieder: Carina Bester Vervaardiger: Carina Bester
20:45
November 15, 2021
Episode 24: Geskiedenisverslag ontbloot ANC se verdraaiing van die geskiedenis
AfriForum het vandeesweek 'n geskiedenisverslag in reaksie op die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag bekendgestel. Hierdie geskiedenisverslag is deur dr. Jackie Grobler en onder leiding van die Opinor-ideesentrum saamgestel. Chanté Kelder het met Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum, gesels oor die geskiedenisverslag. Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Chanté Kelder
18:25
October 07, 2021
Episode 23: Die boublokke van 'n sosialistiese staat
Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte, gesels oor dié burgerregteorganisasie se nuwe doku-reeks, "Eight Levels of Control," waarin Broodryk dieper delf in die idees en boublokke agter sosialisme in Suid-Afrika.  Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger: Andrea van Wyk
08:57
August 12, 2021
Episode 22: AfriForum stig medaljefonds vir Suid-Afrika se Olimpiërs
Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, gesels in AfriPod se ateljee oor dié burgerregteorganisasie se medaljefonds wat onlangs gestig is om atlete wat presteer het by vanjaar se Olimpiese Spele te vergoed.  Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Andrea van Wyk
05:12
August 11, 2021
Episode 21: Artikel 25, grondonteiening, grondeise en hoop
Marnus Kamer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum kuier in die AfriPod ateljee om uit te brei oor die prosesse rondom onteiening sonder vergoeding, grondeise en jou regte as grondeienaar.  Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger / regisseur: Chanté Kelder
15:54
June 11, 2021
Episode 20: Immuunversterking en COVID-19
Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum, praat oor die belangrikheid daarvan om 'n sterk immuunstelsel te hê tydens die COVID-19-pandemie.  Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger / regisseur: Andrea van Wyk
12:23
June 02, 2021
Episode 19: Sal jy 'n belastingboikot ondersteun?
’n Woede is onder gewone mense aan die opbou oor hulle steeds belasting moet betaal, terwyl hul hardverdiende geld deur die ANC-regering gesteel en deur amptenare aangewend word om hulself te verryk.
21:26
May 19, 2021
Episode 18: Geldwassery, terrorisme en die Butterfly
AfriForum se privaatvervolgingseenheid is onlangs aangestel om die sogenaamde “Butterfly” in Botswana te vervolg. Dis ’n saak wat ernstige misdrywe soos geldwassery en die finansiering van terrorisme insluit. Andrea van Wyk praat met Natasha Venter, adviseur vir dié eenheid, om te praat oor wat presies dié saak behels. Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger: Chanté Kelder
06:55
April 23, 2021
Episode 17: AfriForum Teater - Die nuwe tuiste vir die Afrikaanse kunste
Die AfriForum Teater is die nuwe tuiste vir die Afrikaanste kunste. Dié teater, met plek vir meer as 380 teatergangers, is in die hartjie van Menlopark in Pretoria geleë. Kallie Kriel sê self die teater is vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap.  Carien Bloem, teater bestuurder, kuier by Chanté Kelder in die AfriPod-ateljee om te gesels oor hierdie opwindende nuwe projek.
10:15
April 15, 2021
Episode 16: Vuurwapenamnestie - Wat jy moet weet.
Vuurwapenamnestie is 'n kwessie wat talle Suid-Afrikaners met hul hande in hul hare laat. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, oor wat presies die vuurwapenamnestie behels en hoe dit jou raak.
21:00
April 09, 2021
Episode 15: AfriForum wil Ramaphosa kruisondervra en drama met wysigingskommentaar
Chanté Kelder gesels met Ernst Roets oor AfriForum se versoek aan die Zondo-kommissie dat pres. Cyril Ramaphosa voor dié kommissie moet verskyn en ook oor die voorlegging wat Ernst vandeesweek oor die wysiging van artikel 25 gedoen het.
13:04
March 25, 2021
Episode 14: Waterdienste en hofoorwinnings
Carina Bester gesels met Lambert de Klerk oor gemeenskappe se reg tot water en tot watter mate gewone mense die munisipaliteite hiervoor verantwoordbaar kan hou. AfriForum het ’n groot oorwinning vir inwoners van Naboomspruit behaal nadat dié organisasie die Limpopo Hooggeregshof in Pietersburg (Polokwane) dringend genader het om die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit te dwing om water volhoubaar aan Naboomspruit (Mookgophong).
09:02
March 19, 2021
Episode 13: Tinteltong Toekennings 2021
Plaaslike entrepreneurs moes die afgelope jaar meer as ooit wys wat in hulle steek om kop bo water te hou te midde van die COVID-19-pandemie. Só moes AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings - wat jaarliks entrepreneurs vereer wat Afrikaans as dienstaal gebruik en uitbou - óók aangepas word. Sanderien van der Walt gesels met Chanté Kelder oor die uitdagings wat oorkom moes word en ook wie die wenners van vanjaar se Tinteltong Toekennings is.
08:59
February 24, 2021
Episode 12: Beveilig ’n Plaas-veldtog
Dit is in die belang van elke boer om ’n veiligheidsplan in plek te hê in die geval van ’n plaasaanval. AfriForum het onlangs sy Beveilig ’n Plaas-veldtog bekendgestel om boere hiermee te help. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer oor hierdie veldtog.
12:03
February 18, 2021
Episode 11: AfriForum stel jongste plaasmoordverslag bekend
Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Februarie sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 ’n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika in dié jaar afgeneem het. Andrea Muller van die AfriForum Navorsingsinstituut gesels in die ateljee meer oor dié verslag.
07:47
February 17, 2021
Episode 10: Ivermektien vir die behandeling van COVID-19
Die gebruik van ivermektien om COVID-19 te behandel het behoorlik die land aan die gons.  AfriForum het onlangs ’n skikking met SAHPRA bereik dat dokters wel ivermektien vir menslike gebruik mag voorskryf. Barend Uys kuier in die ateljee om meer hieroor te gesels.
09:36
February 04, 2021
Episode 9: Verhoogde belasting vir entstof-program
Daar is nog heelwat onsekerheid oor die finansieringsplan vir die entstof-program. Andrea van Wyk gesels met Jacques Broodryk oor die plan wat op die stadium lyk na die waarskynlikste opsie - verhoogde belasting.
07:38
January 28, 2021
Episode 8: Magsmisbruik: Formulemelk-pa
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klagtes teen Naas le Roux in te stel. Le Roux is op 7 Januarie in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël omdat hy weens ’n noodgeval formulemelk vir sy pasgebore baba moes gaan koop.
17:02
January 19, 2021
Promo: Forum Sekuriteit
Forum Sekuriteit staan reg om jou te help met enige opleiding en veiligheidsdienste binne die raamwerk van die sekuriteitsbedryf. Andrea gesels met Nic Arnold, uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit.
08:39
December 15, 2020
Episode 7: Onskuldigbevinding van Coligny-2
AfriForum verwelkom die feit dat Phillip Schutte en Pieter Doorewaard onskuldig bevind is op alle aanklagte teen hulle in die Appèlhof in Bloemfontein. Sedert die aankondinging was daar gemengde gevoelens op sosiale media en Andrea van Wyk gesels met Kallie Kriel oor die saak, die reaksie en wat gaan volgende gebeur.
11:14
November 30, 2020
Boekgesprek: Dirk Hermann - Ons sal self
Dr. Dirk Hermann kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor sy jongste boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika. Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika bevat meer as 20 brutaal eerlike ope briewe waarin dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, standpunt inneem teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappye én individue teenoor Afrikaners. Dit bied ’n blik op die uitdagings wat dié gemeenskap die afgelope paar jaar in die gesig staar. Koop hier: Ons sal self
24:52
November 27, 2020
Episode 6: Strafregtelike klagtes teen Julius Malema
AfriForum en die vakbond Solidariteit het vandeesweek strafregtelike klagte van laster, sameswering vir die aanhitsing tot geweld en aanranding deur middel van dreigemente by die Lyttelton-polisiekantoor ingedien teen Julius Malema, leier van die EFF.
09:42
November 26, 2020
Episode 5: Die standbeeldedebat
Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor die standbeeldedebat wat steeds woed en hoe ons die geskiedenis en die bewaring daarvan behoort te benader.
10:28
November 24, 2020
Episode 4: Prioritisering van plaasmoorde
Plaasmoorde is 'n voortslepende probleem in Suid-Afrika. Teen 16 November 2020 was daar reeds bykans 50 slagoffers van plaasmoorde en steeds word daar niks van die regering se kant af gedoen om hierdie misdaad te prioritiseer nie. Ernst Roets en Marnus Kamfer kuier vandag in die ateljee om te gesels oor watter strukture AfriForum in plek het om plaasmoorde die hok te slaan.
20:10
November 17, 2020
Episode 3: Politieke inmenging by KSA
AfriForum het ’n verslag oor politieke inmenging in Suid-Afrikaanse krieket aan die Internasionale Krieketraad (IKR) voorgelê. Dié verslag is ook tydens ’n mediakonferensie bekend gemaak en toon politieke inmenging in krieket sedert 1998 aan. Die verslag bied ook statistiese bevindinge oor die impak van dié inmenging. Carina Bester het met Ronald Peters, bestuurder van sport by AfriForum gesels oor hierdie verslag en wat hulle daardeur wil bereik. Vir meer inligting: https://afriforum.co.za/afriforum-stuur-verslag-oor-politieke-inmenging-aan-internasionale-krieketraad/ 
06:16
November 13, 2020
Promo: Dapper Media
Dapper Media is passievol oor Afrikaanse musiek en die kunste. Salet Smith, operasionele bestuurder van Dapper Media het kom gesels oor projekte waarmee hulle besig is en waarna kan kykers uitsien in die toekoms. Besoek Dapper Media hier en registreer GRATIS: https://www.dappermedia.co.za/
13:24
November 05, 2020
Episode 2: Magsmisbruik
In ’n ideale wêreld sal jy jouself tot die owerhede kan wend om jou te beskerm en veilig te laat voel, ongelukkig in ’n land wat toenemend deur korrupsie oorheers word is dit nie die geval nie.  Owerhede misbruik hul mag om hulle eie agendas te bevorder en die resultaat is dat gewone burgers elke dag in vrees leef vir diegene wat veronderstel is om hulle bron van sekuriteit te wees.  Onthou vra is vry en voorstelle is altyd welkom: media@afriforum.co.za
08:53
October 15, 2020
Episode 1: Grondgrype
In hierdie episode van AfriPod gesels Carina Bester met Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder by AfriForum, oor grondgrype en wat individue kan doen om te verhoed dat hulle die slagoffers van hierdie probleem word. Onthou, vra is vry en voorstelle word altyd verwelkom: media@afriforum.co.za
16:02
October 08, 2020
AfriPod-voorafluister
Hier is ’n kort opsomming oor AfriPod en wat jy as luisteraar kan verwag wanneer jy inskakel. Onthou vrae is vry en voorstelle word aangemoedig so stuur gerus vir ons ’n e-pos na media@afriforum.co.za
00:40
October 08, 2020