Skip to main content
Sitkamer

Sitkamer

By Sitkamer

'n Podsending oor Afrikaanse letterkunde. Maak jouself tuis in die Sitkamer en luister saam na gesprekke met skrywers, akademici, joernaliste en uitgewers.
Available on
Google Podcasts Logo
Pocket Casts Logo
RadioPublic Logo
Spotify Logo
Currently playing episode

Episode 1: Maak jouself (on)gemaklik. In gesprek met Yves T'Sjoen en Alfred Schaffer

SitkamerFeb 25, 2021

00:00
01:08:53
Episode 8: Strandleesstof en literêre hoogtepunte
Dec 20, 202157:07
Episode 7: Slavenhuis-Stellenbosch: In gesprek met Herschelle Benjamin

Episode 7: Slavenhuis-Stellenbosch: In gesprek met Herschelle Benjamin

In hierdie episode gesels Mercy Kannemeyer en Remona Voges saam met Herschelle Benjamin. Herschelle se debuutdrama In Slavenhuis 39 is onlangs deur Protea Boekhuis uitgegee. Herschelle vertel ons meer oor sy drama, die temas,en die regisseur, Philip Rademeyer. Hulle gesels ook oor die Afrikaanse drama-en teaterwêreld en waarna hulle uitsien.

Nov 03, 202146:59
Episode 6: Die samestelling van 'n drietalige Kaapse woordeboek as erfenisprojek
Oct 01, 202135:37
Episode 5: Biblioteek-eskapades, letterkunde-onderrig en Afrikaanse leeskultuur
Aug 27, 202101:15:27
Episode 4: Die reikwydte van stories: van sepies en selfhelp tot Hertzogpryswenners

Episode 4: Die reikwydte van stories: van sepies en selfhelp tot Hertzogpryswenners

In die nuutste episode van Sitkamer gesels ons onder leiding van Mercy Kannemeyer oor hoe ver die begrip "letterkunde" strek, en ons gesprek loop wyd; van Hertzogpryswenners, tot selfhelpboeke en sepies. 

Daarna gesels Janien Linde met Frederick Botha en Marcel Spaumer oor sepies en skrywerskap. Frederick is tans dosent in Afrikaans by die Sol Plaatjie-universiteit in Kimberley. Hy was vroeër deel van die skrywerspan van die sepie Getroud met Rugby. Tussendeur is hy ook ’n aktiewe resensie- en krotverhaalskrywer. Marcel is ’n digter, maar ook strorieontwikkelaar en assistent-hoofskrywer vir Suidooster. Verder was hy ook betrokke by die sit-kom Lui meer op, Belinda. Ons kry ook die geleentheid om na nuwe skryfsels uit hierdie twee begaafde skrywers se penne te luister.

Angie Gallagher is Sitkamer se redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan sitkamerpod@gmail.com. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA).

May 28, 202101:25:60
Episode 3: Boeke en/as voorwerpe: Van biblioteke, voorblaaie en gesamentlike rou

Episode 3: Boeke en/as voorwerpe: Van biblioteke, voorblaaie en gesamentlike rou

In die nuutste episode van Sitkamer gesels Bibi Burger met Nathan Trantraal en Stephané Conradie oor bundelvoorblaaie. Nathan is die ontwerper van die voorblad van Ryan Pedro se bundel “Pienk ceramic hondjies” (2020), waarvan Stephané die foto geneem het. Dié voorblad is onlangs met ‘n Pendoring bekroon.

‘n Sitkamergesprek onder leiding van Mercy Kannemeyer gaan dié onderhoud vooraf. Ons gesels oor objekte, die brande in Kaapstad en gesamentlike rou. 

Angie Gallagher is Sitkamer se redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan sitkamerpod@gmail.com. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionele Vereniging vir Afrikaans (IVA).

Apr 29, 202101:13:20
Episode 2: Innie barber se stoel. In gesprek met Ashwin Arendse en Ryan Pedro.
Mar 28, 202101:02:02
Episode 1: Maak jouself (on)gemaklik. In gesprek met Yves T'Sjoen en Alfred Schaffer
Feb 25, 202101:08:53