Die ekonomie minuut
By Waldo Krugell
Die "Fed" aanwyser
Na ʼn week van rugby-verwante episodes is dit tyd om weer oor aanwysers te praat.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
The Fed indicator
After a week of rugby-related episodes, it's time to talk about indicators again.
This episode is supported by the NWU Business School.
Globalisering is belangrik vir die ekonomie en vir rugbyspanne
Die NWU ken hierdie week ʼn ere-doktorsgraad in afrigtingswetenskap toe aan die Springbok afrigter Rassie Erasmus. Ek gesels oor lesse wat ons by Rassie en die Springbokke kan leer. Vandag wil ek praat oor globalisering.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Globalisation matters for economies and rugby teams
This week, the NWU awards an honorary doctorate in coaching science to Springbok coach Rassie Erasmus. I want to talk about lessons we can learn from Rassie and the Springboks. Today the focus is on globalisation.
This episode is supported by the NWU Business School.
Meer diverse spanne vaar daardie klein bietjie beter
Die NWU ken hierdie week ʼn ere-doktorsgraad in afrigtingswetenskap toe aan die Springbok afrigter Rassie Erasmus. Die week gesels ek oor lesse wat ons by Rassie en die Springbokke kan leer. Vandag wil ek praat oor diversiteit.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Diverse teams do that little bit better
This week, the NWU awards an honorary doctorate in coaching science to Springbok coach Rassie Erasmus. This week I talk about lessons we can learn from Rassie and the Springboks. Today I want to focus on diversity.
This episode is supported by the NWU Business School.
Wat dryf innovasie?
Die NWU ken hierdie week ʼn ere-doktorsgraad in afrigtingswetenskap toe aan die Springbok afrigter Rassie Erasmus. Die week gesels ek oor lesse wat ons by Rassie en die Springbokke kan leer. Vandag wil ek praat oor innovasie.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
What drives innovation?
This week, the NWU awards an honorary doctorate in coaching science to Springbok coach Rassie Erasmus. I want to talk about lessons we can learn from Rassie and the Springboks. Today the focus is on innovation.
This episode is supported by the NWU Business School.
Wat Rassie en die Bokke vir Ekonomie gedoen het
Die NWU ken hierdie week ʼn ere-doktorsgraad in afrigtingswetenskap toe aan die Springbok afrigter Rassie Erasmus. Ek wil graag die week afskop deur te vertel wat het Rassie en die Springbokke vir ekonomie gedoen.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.
What Rassie and the Boks did for Economics
This week, the NWU awards an honorary doctorate in coaching science to Springbok coach Rassie Erasmus. I would like to kick off the week by telling what Rassie and the Springboks have done for economics.
This episode is supported by the Bureau of Economic Research in Stellenbosch and the NWU Business School.
Dit is alles rock n roll (ekonomie) vir my...
Na ʼn week van ernstige onderwerpe wil ek graag nog een groot vraag antwoord – wat bepaal die sukses van ʼn “rock band”?
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
It is all rock n roll (economics) to me...
After a week of serious topics, I would like to answer one more big question - what determines the success of a "rock band"?
This episode is supported by the NWU Business School.
Superkern-inflasie? SARB vat hulle maatstawwe na die volgende vlak
Die Reserwebank het die week die Monetêre beleidsoorsig gepubliseer en dit gee interessante inligting oor die inflasiemaatstawwe wat hulle in ag neem. Wanneer hulle beleid maak moet hulle weet of die inflasie wat hulle waarneem ʼn tydelike skok is, of die gevolg van volgehoue druk op pryse. In die vraagkant- aanbodkant debat moet hulle weet watter deel van die inflasie wat ons sien deur oormaat vraag veroorsaak word.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Supercore inflation? SARB takes its measures to the next level
The Reserve Bank published the Monetary Policy Review this week and it gives interesting information about the inflation measures they take into account. When they make policy they must know whether the inflation is a temporary shock, or whether there is sustained inflationary pressure. In the demand-side-supply-side debate, they need to know what part of the inflation we see is caused by excess demand.
This episode is supported by the NWU Business School.
Is dit nonsens om inflasie te beveg? Ek dink nie so nie.
Inflasie en monetêre beleid het die week in die media opgeduik met Roelof Botha wat sê dat rentekoerse nie so hoog hoef te wees soos wat dit is nie en dat die Reserwebank se “nonsens” huishoudings R4000 per maand kos. Ek voel ek moet iets sê.
Hierdie episode word ondersteun deur Economic Research Southern Africa en die NWU Sakeskool.
Is fighting inflation nonsense? I don't think so
Inflation and monetary policy surfaced in the media this week with Roelof Botha saying that interest rates do not need to be as high as they are and that the Reserve Bank's "nonsense" costs households R4000 per month. I feel like I have to say something.
This episode is supported by Economic Research Southern Africa and the NWU Business School.
Versigtig vir die hulpbronvloek
Ek het Vrydag iets vertel oor die optimisme rondom die groeivooruitsigte van ʼn aantal Afrika ekonomieë. ʼn Deel daarvan het te doen met die feit dat lande soos Kenia, Ivoorkus en Benin nou weer toegang kry tot internasionale kapitaalmarkte. Die ander deel van die storie is minerale, maar ekonome weet dat goeie natuurlike hulpbronne ʼn seën en vloek kan wees.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Beware the resource curse
On Friday I said a few things about the optimism surrounding the growth prospects of a number of African economies. Part of that has to do with the fact that countries like Kenya, Ivory Coast and Benin are now getting access to international capital markets again. The other part of the story is minerals, but economists know that good natural resources can be a blessing and a curse.
This episode is supported by the NWU Business School.
Is dit die moeite werd om werk te soek?
Daar is al baie gesê oor Suid-Afrika se 30% plus werkloosheidskoers. ʼn Stuk navorsing wat nou in die nuus is vra, hoekom moet mense werk soek? Daar is nie genoeg finansiële aansporing om die te doen nie.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.
Is it worth looking for a job?
Much has been said about South Africa's 30% plus unemployment rate. A piece of research that is now in the news asks, why should people look for work? There is not enough financial incentive to do that.
This episode is supported by the Bureau of Economic Research in Stellenbosch and the NWU Business School.
Groeivooruitsigte vir sub-Sahara Afrika
Die IMF se vooruitskatting is dat die Suid-Afrikaanse ekonomie hierdie jaar met net 0,9% gaan groei en volgende jaar met 1,2%. In teenstelling daarmee verwag hulle dat sub-Sahara Afrika met 3,8% en 4% gaan groei.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Growth prospects for sub-Saharan Africa
The IMF's forecast is that the South African economy will grow by just 0.9% this year and by 1.2% next year. In contrast, they expect sub-Saharan Africa to grow by 3.8% and 4%.
This episode is supported by the NWU Business School.
Inflasie op 5,3% en groeivooruitsigte op 0,9%
Gister is inflasiedata en die IMF se groei vooruitskattings dui daarop dat die ekonomie nog nie by ʼn keerpunt is nie.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Inflation at 5.3% and growth prospects at 0.9%
Yesterday's inflation data and the IMF's growth forecasts indicate that the economy is not yet at a turning point.
This episode is supported by the NWU Business School.
Huishoudelike inflasie en die VPI
Die Business Day het gister gerapporteer dat die fondsbestuurgroep Ninety One sê dat huishoulike inflasie hoër is as wat die verbruikersprysindeks aandui. Dit is ʼn interessante stukkie navorsing, maar hulle is aan ʼn gevaarlike kant van die debat.
Hierdie episode word ondersteun deur Economic Research Southern Africa en die NWU Sakeskool.
Household inflation and CPI
Business Day reported yesterday that the fund management group Ninety One says that household inflation is higher than the consumer price index indicates. It is an interesting piece of research, but they are on a dangerous side of the debate.
This episode is supported by Economic Research Southern Africa and the NWU Business School.
Inflasie maak die armes seer
Statistieke Suid-Afrika maak more Maartmaand se verbruikersprys inflasiesyfer bekend en dit word fyn dopgehou deur ekonome. Die hoop is dat Februarie maand se 5,6% die hoogste punt vir die jaar sou wees en dat die inflasiekoers nou weer stadigaan sal afneem. Die makro-syfer steek egter ʼn belangrike storie weg. Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group se Household Affordability Index wys dat veral huishoudings wat die minimumloon kry baie swaar getref word deur inflasie.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Inflation hurts the poor
Statistics South Africa will announce March's consumer price inflation figure tomorrow and it will be closely watched by economists. The hope is that February's 5.6% would be the highest point for the year and that the inflation rate will now slowly decrease again. However, the macro figure hides an important story. The Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group's Household Affordability Index shows that especially households that receive the minimum wage are hit very hard by inflation.
This episode is supported by the NWU Business School.
Wat die aanwysers wys
Om jou vinger op die pols van die ekonomie te hou beteken dat mens teenstellende aanwysers moet probeer interpreteer. Hier is ʼn kort opsomming van onlangse datapunte.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.
What the indicators show
Keeping your finger on the pulse of the economy often means trying to interpret conflicting indicators. Here is a brief summary of recent data points.
This episode is supported by the Bureau of Economic Research in Stellenbosch and the NWU Business School.
Hoof uitvoerende beamptes (CEO's) het verander
Om ʼn maatskappy se hoof uitvoerende beampte te wees is nie maklike werk nie. Die geld is goed, maar die eise is baie. Deesdae moet hulle ook kyk na ESG doelwitte, of te wel, Environmental, Social en Governance doewitte. Hulle moet fokus op “soft skills” en interpersoonlike vaardighede. Die vraag is het die tipe CEO verander oor tyd? Nuwe navorsing uit die VSA gee ʼn paar leidrade.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
CEOs have changed
Being a company's chief executive officer is not an easy job. The money is good, but the demands are many. Nowadays, they also have to look at ESG goals, or rather, Environmental, Social and Governance goals. They must focus on "soft skills" and interpersonal skills. The question is, has the type of CEO changed over time? New research from the USA gives some clues.
This episode is supported by the NWU Business School.
DIe einde van die e-tol stelsel
Vandag is die laaste dag van die e-tol stelsel in Gauteng. Dit is gelyk ʼn oorwinning en ʼn terugslag. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
The end of the e-toll system
Today is the last day of the e-toll system in Gauteng. It is equally a victory and a setback.
This episode is supported by the NWU Business School.
Die loonrekening word al hoe groter
Die Begrotingsrede is al vergete, en ons is almal baie meer bekommerd oor rentekoerse, maar Suid-Afrika se fiskale uitdagings is nog daar. Ons weet dat die regering se groot en groeiende loonrekening ʼn bedreiging inhou vir die volhoubaarheid van die staatsfinansies en vanaf 1 April het staatsamptenare se salarisse met 4,7% gestyg. Dit klink beskeie, maar dit is nog vet in die vuur.
Hierdie episode word ondersteun deur Economic Research Southern Africa en die NWU Sakeskool.
The wage bill gets bigger
The Budget Speech has been forgotten, and we are all much more concerned about interest rates, but South Africa's fiscal challenges are still there. We know that the government's large and growing wage bill poses a threat to the sustainability of the public finances and from 1 April civil servants' salaries rose by 4.7%. It sounds modest, but it adds fat to the fire.
This episode is supported by Economic Research Southern Africa and the NWU Business School.
Zim se nuwe Zimbabwe Goud (ZiG) geldeenheid
Zimbabwe se nuwe geldeenheid wat deur goud gerugsteun word is oral in die nuus. Hulle inflasiekoers staan op 55% en die RTGS Zim dollar het al driekwart van sy waarde verloor hierdie jaar. Mens hoop van harte dat die sogenaamde ZiG of te wel Zimbabwe Goud, ekonomiese stabiliteit kan bring. Ongelukkig is daar baie redes om skepties te wees.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Zim's new Zimbabwe Gold (ZiG) currency
Zimbabwe's new gold-backed currency is all over the news. Their inflation rate stands at 55% and the RTGS Zim dollar has already lost three quarters of its value this year. One sincerely hopes that the so-called ZiG or rather Zimbabwe Gold, can bring economic stability. Unfortunately, there are many reasons to be sceptical.
This episode is supported by the NWU Business School.
Die prys van sjokolade
Sjokoladeliefhebbers moet vinnig voorraad aanvul, want die prys van sjokolade gaan vanjaar nog verder styg. Die hoofbestanddeel van sjokolade is kakao en dit lyk of wêreldproduksie vanjaar byna 11% laer gaan wees. Die prys het al verdubbel sedert die begin van die jaar. Dit is ʼn klassieke storie van vraag en aanbod.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.
The price of chocolate
Chocolate lovers need to stock up fast, because the price of chocolate is set to rise even further this year. The main ingredient of chocolate is cocoa and it looks like world production will be almost 11% lower this year. The price has already doubled since the beginning of the year. It is a classic story of supply and demand.
This episode is supported by the Bureau of Economic Research in Stellenbosch and the NWU Business School.
Indiensname syfers wys dat die ekonomie stagneer
Die Ekonomie Minuut kan nie hierdie week die nuus so mooi volg nie want ek is met vakansie, maar ek het ʼn paar episodes vooraf opgeneem. ʼn Aanwyser wat verlede week verby geglip het was die vierde kwartaal van verlede jaar se kwartaallikse opname van indiensname.
QES numbers show the economy stagnating
The Economics Minute cannot follow the news this week since I am on holiday, but I have recorded a few episodes in advance.An indicator that slipped by last week was the fourth quarter of last year's quarterly survey of employment.
Wat bepaal SA se produktiwiteitspotensiaal?
Die Ekonomie Minuut kan nie hierdie week die nuus so mooi volg nie want ek is met vakansie, maar ek het ʼn paar episodes vooraf opgeneem. Ekonome by PWC het verlede week ʼn nuwe Produktiwiteit Potensiaal Indeks bekend gestel. Dit sluit die gewone maatstawwe soos menslike kapitaal, fisiese kapitaal en innovasie in, maar voeg sosiale kapitaal, natuurlike kapitaal en instellings by.
What drives SA's productivity potential?
The Economics Minute cannot follow the news this week since I am on holiday, but I have recorded a few episodes in advance. Economists at PWC launched a new Productivity Potential Index last week. It includes the usual measures such as human capital, physical capital and innovation, but adds social capital, natural capital and institutions.
Beleidsonsekerheid in 'n verkiesingsjaar
Ek is met vakansie, maar die NWU Sakeskool se Beleidsonsekerheidindeks word vandag bekend gemaak en onsekerheid het effens toegeneem in die eerste kwartaal. Dit het baie te make met die verkiesing.
Policy uncertainty in an election year
I am on holiday, but the NWU Business School's Policy Uncertainty Index is published today and uncertainty increased slightly in the first quarter. It has a lot to do with the election.
Landbou data vraagstukke
Agi data issues
Wat die repokoersbesluit beteken
Die Monetêre Beleidskomitee het gister aangekondig dat die repokoers onveranderd bly. Hulle het ʼn aantal redes aangevoer hoekom daar steeds opwaartse druk op pryse is, vanaf die wisselvallige wisselkoers tot die impak van El Nino op voedselpryse. Hulle is nog nie oortuig dat die inflasiekoers aan die afneem is nie.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
What the repo rate decision means
The Monetary Policy Committee announced yesterday that the repo rate remains unchanged. They cited a number of reasons why there is still upward pressure on prices, from the volatile exchange rate to the impact of El Nino on food prices. They are not yet convinced that the inflation rate is trending downward.
This episode is supported by the NWU Business School.